‘Lughawe-rowers’ geskiet in polisiejaagtog

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat glo mense van die OR Tambo-lughawe agtervolg en dan beroof het, is Donderdagaand tydens ʼn skietgeveg met die polisie gewond.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se nasionale ondersoekeenheid het ʼn wenk wat hulle ontvang het opgevolg en die verdagtes op Barbaraweg in Isando in ʼn BMW gewaar. Polisiebeamptes het die bestuurder versoek om stil te hou, waarna die insittendes op die polisie losgebrand het.

“ʼn Jaagtog het gevolg en die verdagtes het teen die verkeer in die strate opgery terwyl hulle heeltyd op die polisie geskiet het,” het Naidoo gesê.

Een van die verdagtes het in ʼn stadium uit die bewegende voertuig gespring en gevlug. Kort daarna het die verdagtes se voertuig tot stilstand gekom en die bestuurder het ook uitgespring en gevlug.

“Nog twee verdagtes is in die motor gevind. Albei het skietwonde opgedoen en een van hulle is op die toneel dood verklaar. Die ander een is in ʼn kritieke toestand hospitaal toe geneem,” het Naidoo gesê.

Volgens Naidoo is drie vuurwapens op die toneel gevind. Die polisie het ook op die BMW, wat glo vroeër gekaap is, beslag gelê. “Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die uitvoer van enige ander misdade gebruik is,” het Naidoo gesê.

Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris W ·

Moet saam stem – dis ‘n groot jammerte daar is net een oorledene!Kyk nou die drama wat die eienaar van die gekaapte voertuig nou het!Sy voertuig is op beslag gele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.