Lughawensmaatskappy beboet oor prysvasstelling

Argieffoto

Argieffoto

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het ingestem om ’n boete te betaal vir die prysvasstelling van parkeerareas by die OR Tambo- internasionale lughawe in Johannesburg.

“In terme van die skikking erken Acsa dat sy optrede op prysvasstelling neerkom. Acsa het ingestem en onderneem om ’n administratiewe boete van R1 979 881 te betaal,” het die mededingingskommissie in ’n verklaring gesê.

“Die kommissie se ondersoek het aan die lig gebring dat Acsa en Bombela, wat mededingers is in die mark vir die verskaffing van parkeerareas, ingestem het om tariewe vas te stel vir parkeerareas wat aan motorhuurmaatskappye verskaf word.”

Acsa kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.