Lugmag-heli vervoer beseerde skoolleerders

Foto: SANW.

ʼn Oryx-helikopter van die lugmag is ontplooi om kritiek beseerde leerders van ʼn ongelukstoneel in die noorde van KwaZulu-Natal na hospitale te vervoer.

Volgens ʼn verklaring van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is ʼn 14-jarige seun dood in die ongeluk wat Dinsdagoggend op ʼn afgeleë pad naby Mandeni plaasgevind het.

Maj. Mpho Mathebule, woordvoerder vir die SANW, het gesê die ongeluk het plaasgevind toe ʼn bakkie met 15 leerders agter op gerol het.

“Ses leerders is kritiek beseer. Op grond van die erns van die beserings en die moeilik bereikbare terrein is hulle met ʼn Oryx-helikopter vervoer,” het Mathebule gesê.

Foto: SANW.

Volgens hom is die helikopter tans in Mkhuze gestasioneer as deel van ʼn militêre oefening.

Twee kinders is na die Eshowe-hospitaal geneem, een na die Albert Luthuli-hospitaal en twee ander na die Ngwelezane-hospitaal.

Mathebula het gesê die kinders wat matige beserings tydens die voorval opgedoen het, is per ambulans na nabygeleë hospitale geneem vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lorieka ·

So Wat is fout daarmee dit mos n nood of wag hul net tot zuma iets oorkom

Koos1 ·

Is dit nie in die selfde provinsie waar die LUR vir gesondheid die ambulanshelikopter gebruik het om vergaderinge by te woon nie?
Ek het geen problem daarmee dat die Lugmag gehelp het nie, maar is hulle toegerus daarvoor?

Protes ·

Ek praat onder korreksie maar mag jy nog mense op n oop lorry vervoer en ek hoop daardie helikopter gaan direk van die hospitaal na die grens waar sa motors oor die grens gesmokkel word na die buurlande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.