Lugmag kan nie instandhouding van Gripens bekostig

Een van die land se Gripen-vegvliegtuie. (Argieffoto: gripen.com)

Suid-Afrika se vloot Gripen-vegvliegtuie gaar steeds stof op omdat Saab, die oorspronklike vervaardiger van die vliegtuie, se instandhoudingskontrak tans onbekostigbaar vir die lugmag is.

Krygkor het in ʼn voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging en militêre veterane die jongste stand van sake oor instandhouding van die lugmag se vloot gegee.

En terwyl Krygkor onderhandel vir ʼn vermindering van die koste verbonde aan die kontrak, staan die Gripens op die grond.

Maroela Media het vroeër berig nie ʼn enkele een van die 26 Gripen-vegvliegtuie, wat die staat tydens die omstrede wapentransaksie aangekoop het, vlieg meer nie.

Altesaam 13 van die vliegtuie is ondiensbaar, twee van die vliegtuie kan nie meer ekonomies bekostigbaar herstel word nie en 11 van die vliegtuie word op lang termyn gestoor.

Krygkor was die afgelope ruk gewikkel in onderhandelings met verskeie diensverskaffers en weens ʼn verandering in die lugmag se vereistes – om aan die begroting te voldoen – word die proses van voor af begin om te verseker toekomstige kontrakte lei wel tot operasionele vliegtuie, het DefenceWeb berig.

Die lugmag se begroting is lank reeds ʼn bron van kommer, veral omdat die vliegtuie verouder en midtermyn-opgraderingswerk benodig. Hiervoor is daar egter nie geld beskikbaar nie.

Die King Air-vloot se kontrak vir produkstelselsteun verval aan die einde van volgende maand en Krygkor is in die proses om ʼn kontrakteur hiervoor aan te stel. Die Lynx-vloot se huidige kontrak vir produksteun verval volgende jaar.

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, sê Suid-Afrika kan nie wil spog met byvoorbeeld vierdegenerasie-vegvliegtuie soos die Gripen – en dan nie die geld beskikbaar stel om dit in stand te hou nie.

“As dit die prioriteit van die weermag is om die Gripens te behou, moet hy die geld daarvoor bewillig.”

Die Gripens is egter net sommige van die wapentuie wat in die omstrede multimiljardrand-wapentransaksie aangekoop is, wat nou nie meer behoorlik werk nie of in ʼn swak toestand is. Dieselfde geld vir die land se fregatte, die Hawks en die duikbote.

Tans is net een van die land se vier fregatte en geen van sy duikbote diensbaar nie. Van die vloot Hawk-vliegtuie, wat vir vegvliegopleiding gebruik word, is net drie diensbaar. Drie van die vliegtuie kan nie ekonomies bekostigbaar herstel word nie en 12 word op lang termyn gestoor.

Marais sê Suid-Afrika maak homself weerloos en kwesbaar vir gevare, aangesien die land nie sy gevegsgereedheid en sy vermoë om dit deurlopend te verseker, onderhou nie. Lees meer hieroor Dinsdag op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Marius ·

Dis nou ‘n klinklare bewys van ‘n bankrot regering. Hoop die vlieëniers weet hoe ons land te verdedig met vlieërs ????

Agtogwatnog ·

Julle kan die geld gaan herwin by Zuma en kaders, miskien kan die dienste bekostig word

Strandloper ·

Liewe Heksie dit sal nooit ooit gebeur nie. Al raak jy pers in die gesig.

Johannes_64 ·

Waar is Atlas Aircraft Corporation, hoe bou hulle nie vir ons ‘n beter tuig as die Gripen nie? Een wat sommer hier ter plaatse gebou en onderhou word? Mens nou dink aan die tegnologiese vooruitgang wat al gemaak is met hulpmiddels en rekenaar wetenskap sedert die Cheetah in 1986 gevlieg het, behoort iemand daar dalk nou al rillers te kan teken en bou, of hoe?

Jacobus ·

Hierdie regering kannie eers n skooltoilet bou nie wat nog van n vliegtuig.

AW ·

Weet nie wat op te sê nie, ek sluk werklik swaar , Wie sou dink dat SA , in so n situasie sou wees 25 gelede !!!

Cobus ·

‘n Hele paar mense het dit gesien kom, maar was mos toe afgejak as agterblewend en rassiste, Nou dat dit ‘n werklikheid word soos dit altyd sou is die teenkant baie baie stil … of dalk nie eers meer in die reenboog waarvan hulle so gedroom het nie.

ABDP ·

Iets wat hulle minder geld sal kos is om die klomp soldate op ‘n dieet te sit met ‘n goeie oefen program. Hul kan watse vliegtuie hê, as hulle nie fiks en gesond is nie, help dit niks.

HJvdb ·

Ek plaas dit daar buite….. in Ukraine word alle beskikbare mense nou bewapen om the help om hul land te verdedig.

Meeste van die mense het nie eers enige wapenopleiding nie… maar hier in SA wil die regering ons ontwapen ….. hoe kan mense so gat-oor-kop redineer as ons eie weermag en polisie so pateties is?

Cy ·

Dit is net n bewys dat ons as 3e wêreld land nie sulke luukshede nodig het nie .Alles word vernietig dat net die basiese oorbly en dan word armoede voorgehou as n rede .As dit so aanhou is die SAPD en die Magte asook die Staatsdiens oorbodig want geen diens kan of word gelewer nie .

Martin ·

Na aanleiding van die 1994 verkiesing toe die ANC die nuwe nasionale regering geword het en ‘n 100% funksionele land 28 jaar gelede op ‘n “silver platter” ontvang het het die ANC sedertdien niks behou nie en meeste staatsinstansies (en SANW) is of 1. bankrot of 2. onfunksioneel as gevolg van wanbestuur en korrupsie deur die ANC kaders. Wel gedaan kaders julle onvermoë stel teleur…! So, om op te som – nou het ons nie meer ‘n scareforce nie.

Se maar net ·

Dis is mos nou wat die regering van die dag wou he, ‘n weermag wat nutteloos is, my hart is seer want as oud soldaat was ek so trots om een te gewees het maar nou glad nie meer nie.

VaalDonkie ·

Ek weet in elk geval nie waarom ons vergvliegtuie aanhou nie. Wie wil ons aanvat? En ons intelligensie diens spioeneer so hard op die DA dat hulle eers sal besef ons word aangeval wanneer al 26 vliegtuie klaar in hul peetjie geskiet is terwyl hulle nog onder die stofkombersies is.

Karlahari ·

Dit gaan oor meer as veg vliegtuie.
Ons helikopter vloot is 30% operasioneel. Reddings operasies en troep neerlating in gedrang.
Vrag vliegtuie is meeste ook op die grond. Dit belemmer ontplooing van valskerm soldate en voorraad aanvulling / reddings operasies.
ISIS bedreiging is “real” en alreeds binne ons landsgrense.

Chris ·

Ek is nie ‘n geskiedkundige nie. Elke land wat deur ‘n terroriste organisasie oorgeneem is, hetsy met geweld of in vrede het dieselfde pad geloop. Die regime vrees sy minderheid en dit is die rede waarom sekeres ontwapen word. As ek reg kan onthou was ons weermag se gevegsmagte (infanteriste) ongeveer vierhonderduisend man sterk. (Help my reg as ek verkeerd is.) Deel dit in die helfte, manne wat oorlede is, emigreer het of lank in die tande is, is daar raap en skraap tweehonderd duisend manne wat nog kan. Dit boesem vrees by iemand in. Ek vrees die dag as Lesotho se vloot en Swaziland se lugmag opruk teen ons. Met ongeveer vyftig persone kan jy dit lekker ongemaklik maak vir die regime en selfs die land oorneem. Polities is dit egter selfmoord.

annie ·

Het ons ooit regtig die fancy Gripens nodig gehad? Ons is mos de darling of de world. Nou kruip ons alweer vir charity en pledges. Ons het ook nie ‘n Denel nodig nie. Zuma en die Guptas het hoeka die eens flinke maatskappy afgerem tot een groot skande.

VaalDonkie ·

Hei, Denel maak die dryfmiddel waarmee ek my haelgeweer en jagpatrone herlaai jong!

Stofdonkie ·

Die stand van sake van die SALM. Maar die regering wil Putin sit en terg? O gits, ek hoop Putin het BAIE geduld met die sirkus

marius ·

Baie bly . Nou hoef niemand meer met val helms tuin te maak nie ……

Veronica ·

So raak ons land weerloos! Geen verdediging indien enige land sou besluit om ons te karnuffel! Van een vd wereld se sterkste weermag en vloot gestroop tot nutteloos agv die ANC se “wonderlike” regering! In 25 jaar is daar net af gebreek en geplunder. Van Denel, Poskantore, SAL, noem maar op! Alles gaan tot niet onder hulle bestuur!!Waag dit en bewys my verkeerd!

Jacobus ·

Jy is 100% reg. Die ANC het ons in 26 jaar 40 jaar teruggesit.

Madz ·

G’n wonder Putin dink niks van ou Ramapozzie se vermaning nie….. dis soos om te hik teen donderweer!

Lian ·

Ek sien nogal heelwat luukse motors met Weermag registrasienommers rondry. Is dit waarop die geld gespandeer is ?

Werner ·

Dis eintlik goeie nuus. Ek wil nie hê die korrupte regering moet n goeie weermag hê nie, nou-nou wil hulle dit teen landsburgers gebruik.

Julius ·

En daar dink ons twee dieselfde! Tot voordeel van die minderheid!

JohanR ·

Gebruik hulle vir lae koste behuising vir our people……

PieterJ ·

Regering: ons verstaan nie probleem nie, loop net nader aan vyand en gooi hom met n spies of klip.

quartus ·

As le Sotho besluit om SA aan te val, sal ons maar net moet omrol en oorgee want sal ons nie self kan verdedig nie

Derick ·

Ek kan jou waarborg die mense in beheer se motors word well gereeld gediens want dit het n direkte impak op hulle gemak.

fransdutoit3 ·

Enige twyfel nog dat ons in ‘n piesangrepubliek bly..??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.