Lugmag-vliegongeluk: Name bekend

Argieffoto

Argieffoto

Die name van die drie lugmaglede wat dood is toe die Cessna C208 Caravan waarin hulle gevlieg het naby Lydenburg, Mpumalanga neergestort het, is bekend gemaak.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, sê die oorledenes is maj. T.J. Malia (37), en kapteins M.A. Wembie (28) en F.P. Hugo (27). Sers. C.B. Mabusela (36) en kpl. G.D. Ramasilo (47) is beseer. Hulle was almal van 41 Eskader.

“Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die hoof van die weermag, genl. Solly Shoke, en die hoof van die lugmag, lt.genl. Zimpande Msimang, het hulle medelye met die families en geliefdes van die oorledenes betuig.”

Die vliegtuig het Dinsdag in berge naby Lydenburg neergestort. Die vliegtuig het van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria opgestyg. Mabanga het vroeër gesê die vliegtuig was deel van ‘n opleidingskamp in die Lydenburg-area.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karin Neethling ·

Baie sterkte aan die geliefdes en innige simpatie my broet Lt Pierre Wahl is 9 Januarie 1979 ook oorlede in n Buccaneer ongeluk naby Waterkloof en ek weet dit jare terug maar die seer bly.

glen weller-blaber ·

Ja jy is heeltemal reg Kevin Duncan en Pierre Wahl in n Buccaneer naby Roedtan / Marble – Hall nagvlug ,kan nie onthou of wyle Pierre van Paarl was waar ek vandaan kom nie ?

Marielize ·

Ons dink aan al die families en vriende van die oorledenes. Spesiaal dink ek aan JP, Francois Hugo se pa (n familie lid). Ons kan jul net aan ons Hemelse Vader opdra Hy is ons groot geneser.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.