Lugmagbasis brand ‘waarskynlik weens nalatigheid’

Die brand by die lugmagbasis het Sondag omstreeks 19:00 uitgebreek. (Foto: Twitter)

Die DA meen die brand by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria kan waarskynlik aan nalatigheid toegeskryf word, hoewel ondersoeke nog die presiese oorsaak en omvang van die skade moet bepaal.

Maroela Media het vroeër berig dat die brand omstreeks 19:00 by die massa-brandstofopgaardepot van die basis uitgebreek het, nadat ʼn 24 000 -tenk glo aan die brand geslaan het.

Dit is binne ʼn uur in bedwang gebring nadat brandbestrydingspanne van die Waterkloof-lugmagbasis en dié van die Swartkops-lugmagbasis in Valhalla daarheen ontplooi is.

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, sê hy probeer self nog agter die kap van die byl kom, maar dat dit in dié stadium nie soos ʼn kwaadwillige aanval lyk nie.

Dit kan wel die oorsaak van swak instandhouding en nalatigheid wees.

“Ek weet daar is baie onderhoudswerk wat agterweë gelaat word, veral aan die agterkant van die terrein waar die brandstoftenks nou staan.”

Marais sê daar word ook nie genoegsame voorsiening vir onderhoud, instandhouding en opknapping in die lugmag se begroting gemaak nie.

“Dit kom eindelik neer op prioriteite van hoe beskikbare geld aangewend word.

“Wat sleg is, is dat Waterkloof-lugmagbasis die primêre lugmagbasis in die land is. Dit is veronderstel om die lugmag se pronkstuk te wees. ʼn Mens sou dink instandhouding en veiligheid sou ʼn groter prioriteit wees.”

Marais sê veiligheid en sekerheid is egter ʼn groot bekommernis by alle weermag- en lugmagbasisse in die land.

Hy sê informele en onwettige behuising wat om basisse opspring, is ook ʼn enorme risiko.

“Mense wat in hierdie onwettige strukture of huise woon, maak onder meer vure en kan maklik oor heinings en drade spring om brandstof te steel. Die vliegbrandstof wat deur die lugmag gebruik word, is boonop hoogs vlambaar.”

Modise moet oop kaarte speel

Die Vryheidsfront Plus het Maandag aangedring dat Thandi Modise, minister van verdediging, oop kaarte met lede van die publiek oor die oorsaak van die brand moet speel.

“Sou die brand spontaan ontstaan het, beteken dit dat sekere veiligheidsmaatreëls nie nagekom is nie. Hierdie maatreëls is daar om te voorkom dat ʼn brand spontaan kan ontstaan, veral by ʼn depot met hoogs vlambare vliegtuigbrandstof.”

Die party meen indien die brand nie spontaan ontstaan het nie, dui dit op sabotasie – selfs al sou die regering dit ontken.

“Die vraag is dan wat gaan in Suid-Afrika aan nadat ʼn brand ook die parlement amper in puin gelê het. In hierdie geval was die veiligheidsmaatreëls duidelik ook nie behoorlik ingestel nie. In albei gevalle geld die vraag oor die sekerheid ten opsigte van toegangsbeheer en instandhouding. Die nalating hiervan is aanduidend van sabotasie,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus.

Hy meen ʼn spontane brand by die Waterkloof-lugmagbasis moet in ieder geval net so indringend soos sabotasie ondersoek word, aangesien ʼn brand nie sou ontstaan indien die nodige veiligheidsmaatreëls ingestel was nie.

“Die VF Plus sal in die parlement vrae oor die aangeleentheid vra om duidelikheid te kry oor die ontstaan van die brand.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Shakespeare ·

Waarskynlik ?? LOL. Dis histeries belaglik. Opsetlike terrorisme…… JA !!!

SlinkseKoljander ·

Dink julle hulle gaan erken dat iemand op die basis gekom het sonder toesteming en dit aan die brand gesit het? Anc lieg moes oor alles deesdae.

Witwax ·

So gaan alles met tyd tot gronde. Begrotings is net vir salaries.

Saartjievandiebosveld ·

Branstof kan nie vanself aan die brand raak nie… WIE DIE VUURHOUDJIE GETREK!!!!

efjy ·

‘N 24000liter tenk het aan die brand geraak. Was daar verseker enige brandstof in. Die brandweer het die brand redelik vinnig gestop.

Wielspore ·

Gedurende my diensplig jare het ek met twee geleenthede as passasier daar vliegtuig geklim Namibia toe, daardie tyd kon jy die perseel deur ‘n ring trek.

Excalibur ·

Mogge Troffe ploeter die Staat rond want daar is geld vir enige ander saak van selfbelang. Ja, tot politieke verjaarsdae, straatnaam- en pleknaam veranderings MAAR vir nuwe uitbreidings met nuwe name en straatname asook kwaliteit voortgesette onderhoud op alle bates en infrastruktuur is daar net mooi GEEN GEBEURLIKHEIDS & VOORTGESETTE ONDERHOUDS PLANNE nie want die strategiese denkers & beplanners was en is nog steeds te bleek en daarom lewe ons net vir die dag SONDER ‘N VOORUITSKOUING VAN MORE. Die arme SANW kry GEEN AANWENDBARE TOEKENNING vir VERNUWING en/of ONDERHOUD NIE want daar is mos GLO GEEN ONMIDDELIKE BEDREIGING uit enige SAOG lande nie! “HKGK”!! ‘n Land bou sy weermag in tyd van vrede vir die onverwagte en om as afskrikmiddel te dien soos Angola tans!! Bo blink onder stink gaan gepaard met die Staatskaping. Ek wens die Penkoppe dwing ‘n Waarheids Ondersoekende kommissie vir Slagggereedheid & Slaankrag af…

Skuilnaam ·

“…Ek weet daar is baie onderhoudswerk wat agterweë gelaat word, veral aan die agterkant van die terrein waar die brandstoftenks nou staan…”

Tipies DA – nou is sy bek groot, maar as hy GEWEET het van die gevaar, hoekom het hy nie REEDS iets gedoen nie?

Christine ·

Moenie die DA skuld gee en verskonings maak vir die vrot regerende party nie! Dink jy die ANC luister na die DA en voer enige van hul opdragte uit? Die hoop is dat die ANC hulself mettertyd gaan ophang en deur die ballot boks hul terrorisme-stryd gaan verloor.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Ek wil my verstout om te sê daar skuil iets duisters agter al hierdie “skielike” brande wat oral in SA uitbreek!

Christine ·

Jy verstout jou nie…. Dis die heilige waarheid. Die ANC het gewaarsku hul gaan met sabotasie begin as die verkiesing nie uitgestel word nie. Hul keer nou vinniger terug na die eintlike organisasie wat hul die afgelope 100 jaar was…. Terrorisme.

Johan ·

Ekt al baie ontploffings beskerming ondersoeke op sulke aanlegte gedoen en baie is maar redelik arrogant daaroor. Verbaas dat daar nie meer brand in SA nie.

Marius ·

Die regering volhou jaarliks met reuse besnoeiing op die weermag se begroting. Die geld word toegedeel aan onderwys, gesondheidsdienste ens.

Die gevolg is dat daar nie geld is vir instandhouding, aankoop van nuwe uitrusting en operasies nie en daar word ook nie gepoog om personeel te verminder nie. Dit plaas die weermag in ‘n wurggreep.

Jr ·

Eeh don’t worry the ancestors will do maintenance. We don’t have to worry about it. USELESS, USELESS, COMPLETELY USELESS

Yvonne ·

Opsetlike optredes nes die parlements gebou…behalwe trigger happy is die mense mal oor vuur?????

Christine ·

Sabotasie, als na die verkiesing wat aan die gebeur is. Opdragte van die Zuma/Magoshule/Dlamini-Zuma- faksie in die ANC.

Charl ·

Mnr Marais, die tyd toe ons pronkstukke en stabiliteit en ekonomiese groei in hierdie mooi land van ons gehad het, het gestop die dag toe die anc aan bewind gekom het, ek se weer, daar waar hy trap groei niks weer nie.

madels ·

Ag tog, nou al so moeg om te hoor oor brande! Dis mos duidelik dat alles deur sabotasie gebeur. Die nuwe verskoning is nou “swak instandhouding”.. absoluut teak! Dink hul nou regtig mense in SA is dom!????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.