Lugmaghelikopter stort neer: Meer inligting bekend

Die lugmaghelikopter het op die N1 naby die Hugenotetonnel in die Wes-Kaap neergestort (Foto: Twitter via Traffic SA)

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, het Sondag aan Maroela Media gesê geen bemanningslede het ernstige beserings opgedoen toe ʼn lugmaghelikopter Sondagmiddag op die N1 naby die Hugenotetonnel in die Wes-Kaap neergestort het nie.

Dié Oryx-lugmaghelikopter van 22 Eskader het Sondag omstreeks 14:00 neergestort. Die N1 voor en ná die Hugenotetonnel was teen skemer Sondagaand steeds versper en verkeer op die pad is herlei.

Dlamini sê die bemanning in die helikopter het bestaan uit die vlieënier, ʼn medevlieënier, ʼn vlugingenieur en vier vlugtegnici- en werktuigkundiges.

Die bemanning is glo gestuur om bystand te lewer aan ʼn opleidingspan in die omgewing van Touwsriver naby Worcester. Die helikopter het glo neergestort tydens hul terugkeer na die Ysterplaat-lugmagbasis, vermoedelik nadat die helikopter teen kragkabels vasgevlieg het.

Dlamini sê die vlieënier het van rugpyn gekla, en is na die militêre hospitaal in Kaapstad geneem.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het minstens een van die bemanningslede ernstige beserings opgedoen. Meiring sê die een beseerde is met lewensondersteunende middels behandel voordat hy na ʼn hospitaal vervoer is.

Dlamini sê ʼn ondersoek na die voorval is van stapel gestuur.

Die lugmaghelikopter het op die N1 naby die Hugenotetonnel in die Wes-Kaap neergestort (Foto: Twitter via Traffic SA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Loon ·

Woordvoerder van weermag sê daar is geen ernstige beserings nie……?
ER 24 sê een lid is met lewensondersteunende middels behandel?
Vra maar net.

Muffin ·

Ek wonder of was dit nie maar net n Sondag uitstappie nie. In die berig se Dlamini geen bemanningslede is ernstig beseer nie en dan die volgende oomblik se Russel Meiring van ER 24 dat een persoon ernstig beseer is en met lewensondersteunende middels behandel moes word. So iemand lieg. Wie betaal vir die skade van baie miljoene rande. Met al daai geleerde bemanningslede kan ek nie insien hoe hulle n kragkabel tref nie

Koos ·

Ek bly reg teen die see in Kzn. Vlieg self ook en raak bang om te sien hoe gevaarlik laag hierdie helikopters teen hoe spoed oor ons strande en huise kom.

Johan ·

Ek woon op Worcester..Dit het baie laag oor die woongebiede gevlieg.Net dankbaar dit het nie geval tussen huise..Dit was regtig baie laag..

Johan ·

Woon in Worcester..Bitter laag gevlieg oor Woongebiede..Baie bly dit het nie tussen huise geval noe

Adam ·

Ons moet eintlik trots wees dat ons Lugmag nog iets het wat kan vlieg, laag of te nie. Tragies!!! Gelukkig darem nie enige lewensverlies nie.

Johan ·

Baie laag gevlieg oor Worcester Woongebiede..Net dankbaar dit het nie tussen huise geval nie

Alete Muller ·

Toe ons vandag op die N7 gery het, het ‘n lugmag helikopter so laag gevlieg dat dit gelyk het of dit die kragdrade gaan raak. Ek het nog ‘n opmerking gemaak en gesê die vlieënier soek sy dood. As dit dieselfde helikopter is wat in kragdrade vasgevlieg het, het hy vir moeilikheid gesoek om so laag te vlieg en was dit volgens my geen ongeluk nie. Net bly almal leef.

Niel ·

Alete, ek weet nou nie presies waar op N7 jy die helikopter gesien het nie, mr daar was wel die naweek ñ lugskou by die Langebaan basis.

Bossie ·

Het die helikopter nie dalk meganiese probleme ervaar en toe landingsplek gesoek nie. Dit maak logies net meer sin. Hoekom sou die vlieënier so laag vlieg? Ek wil amper sekerheid sê hy sou dit NOOIT moedswillig doen nie….

Alete Muller ·

Niel , dit was lank ná die lugskou. Ek kan nie dink dat verantwoordelike vlieëniers dit met opset sou doen nie, daar mag ander redes wees. Vir my was dit net gevaarlik laag so naby die kragdrade.

anton ·

Die lugmag se vliegtuie asook helikopters word lankal nie meer onderhou soos dit veronderstel is om gedoen te word nie!!! Hulle het jare gelede al die bekwame mense laat gaan.
Ek het reeds ook in 2005 besluit ek sal nooit weer SAL vlieg nie, want hulle onderhou ook nie die vliegtuie soos dit behoort gedoen te word nie, en bekwame mense is daar ook nie meer nie.

Andre ·

Muffin, tik oor iets waarvan jy weet moet nie bespiegel nie. Daar is mense wat naweke werk.
Andre

For love of aviation ·

Ken die vlieënier. Klomp oningeligte mense met ongevraagde kommentaar. Dankbaar almal nie ernstig beseer. Sterkte aan die families wat geraak word.

Josua Keys ·

For love of aviation, stem 100% saam jou, ek dink die mense moet bietjie op youtube gaan kyk hoe vinnig gebeur n vlieg ongeluk en ja ek self is baie mal oor “aviation” en vlieg self radio beheerde vliegtuie en maak nie saak hoe goed jy is nie dit van minder as n split sekonde en jy is in die moeilikheid, en ja ek is bly niemand is erg beseer nie en wens ek sterkte aan almal toe. Die mense wat so kommentaar lewer sonder besonderhede moet maar versigtig wees wat julle sê ek was in die weermag en ons het nog lae gevlieg as huis dakke en dit teen +- 200km/h, die vlieniers word opgelei om dit te doen so ek glo iets maganies moes verkeerd gegaan het en die vlienier dalk besluit het om n landing plek te soek voor hulle sou neerstort, niemand sê iets van dat die vliënier dalk mense se lewens gered het nie maar net negatiewe dinge van wat gebeur het.

Peanut ·

Om laag te vlieg is deel can operasionele opleiding, in enige oorlog situasie is n chopper se bemanning veilig agv n pilot wat die bols het om laat te kan vlieg ongelukkig kry die manne nie altyd genoeg vlieg tyd nie en as daar oorlog kom ens gaan Almal moan oor swak opleiding. Sterkte aan die beseerde crew en dankie v Pilots met bols

Doris ·

Ek dink hulle moet maar al die kragdrade en die grond weg wat dan sal daar seker minder vlieg ongelukke wees want in 2010 het daar n polisie helicopter die grond getref 13 miljoen skade en in 2015 weer een n noodlanding baie skade wat nooit genoem is nie so ek dink dit is tyd dat die ouens beter opleiding kry dan sal sulke ongelukke nie gebeur nie.

OMW ·

Dis 3 ongelukke in 7 jaar waarvan jy praat Doris! En jy wil he hulle moet beter opleiding kry, drade en grond wegvat??? Haha jy is wragtig belaglik.

Boet Fasie ·

Peanut – weet nie hoekom die helikopter nou al moet laag vlieg nie -daar is nog nie ‘n oorlog nie, so hoekom die bemanning en publiek se lewe onnodig in gevaar stel, gaan vlieg maar laag oor die Springbok vlaktes

Marga ·

Boet Fasie – mooi gesê. Ek stem volkome saam. Verkeerde plek vir toertjies.

Nicky ·

En wanneer dit eendag nodig is om laag te vlieg, moun julle weer omdat hulle nie kan nie?? Hou op komentaar lewer oor iets waaroor jy nie kennis het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.