Lugmaghelikopter stort neer op N1

Die lugmaghelikopter het op die N1 naby die Hugenotetonnel in die Wes-Kaap neergestort (Foto: Twitter via Traffic SA)

ʼn Lugmaghelikopter het Sondagmiddag op die N1 naby die Hugenotetonnel in die Wes-Kaap neergestort.

Traffic SA het dié nuus Sondag op sosiale media bevestig.

Volgens die organisasie is die Oryx-lugmaghelikopter van 22 Eskader. Die N1 voor en ná die Hugenotetonnel word tans versper en Traffic SA het gewaarsku dat verkeer op die pad herlei mag word.

Owerhede is tans op die toneel. Meer inligting oor die bemanning van die helikopter is nie in die stadium bekend nie.

Hou Maroela Media dop vir meer.

Die lugmaghelikopter het op die N1 naby die Hugenotetonnel in die Wes-Kaap neergestort (Foto: Twitter via Traffic SA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Gavin F ·

Agge nee, dis die hoeveelste tragedie die naweek in die boland!

PJC ·

Hoekom wonder ek dan nou oor die onderhoud van die lugmag se toerusting.

Tess ·

Wonder jy nou eers? Hulle gebruik al lankal foil vir konneksie probleme. Die eerste keer toe ek ‘n wit weermag heli sien het ek het ek gedink hulle het vergeet om verf te koop

Anoniem ·

Ai President Zuma hoekom het Jy nie vir die Lugmag geld geleen om die Helikopter se instandhouding by te hou nie ! Shame on You !

buks ·

Wat maak hy daar. Wie was aanboord en hoekom. Hoe lyk sy diens boek. Ek hoop net alles is in orde.

Yster ·

O gaats. Seker die laaste een wat nog kon vlieg. Werk hulle dan op Sondae.

Johan ·

Ek woon in Worcester..het bitter laag oor die huise gevlieg..Net dankbaar dat dit nie tussen die huise neergestort nie.

Daleen ·

Dit was n frats ongeluk. Dit was 2 ervare vlieeniers wat gevlieg het. Ons bid en glo dat al 8 persone ok sal wees.

Janee ·

Julle lot lewer maklik kommentaar oor iets waarvan julle niks weet nie. Ek kan met sekerheid sê die vlieëniers aan boord is uiters bekwaam en die instandhouding vam die helikopters is puik. So ook maar nuuskierig om te sien wat die oorsaak was.

Fanie Kemp ·

Asseblief mense. Wees verantwoordelik met julle kommentaar. Mense se lewens is op die spel – ongeag wie of wat hulle is. Dit was dalk ‘n reddings- of noodvlug. Onthou, daar woed ook ‘n weghol brand in die Boland se berge.

Pidt ·

Wil net vir julle oningeligtes en onnosel aanmerkings maak sê dat die bemanning is die wat laas jaar en die jaar in en om die Weskaap brand bestryding gedoen het. Dis die lede wat Knysna help red het. Die vlugbeveloeder het 2 weke terug ń see redding gedoen. Die selfde bemanning was op geskiet gewees in die DRK waar hulle hul lewens elke daag waag in diens van die VN. So ek hoop vir julle die dag wat julle ons useless Lugmag nodig het bel maar dan eerder iemand anders asb.

Nicky ·

Kon dit self nie beter gestel het nie! Wag tot hierdie klomp oningeligtes hulle lewens op die spel moet plaas dan sal hulle almal verdwyn. Kry eerder julle feite agtermekaar voor julle hierdie Heros wil aanvat! Vlugbemanning – I salute you!

Hannelie ·

Dankie Pidt vir jou terugvoer. Ons bid net dat daar geen ernstige beserings is nie, dit kon so anders uitgedraai het. Dankie vir hul wat ons help om die brande te bestry. Die res hou jul snedige kommentaar vir julself.

Muffin ·

Hi Pidt, Dit kyk vir my jy is goed ingelig. Daleen ek weet nie wat jy bedoel met vrats ongeluk nie. Daar was n vlieenier, vlugingenieur, 4 vlugtegnisie en werktuigkundiges aan boort wat gaan help met opleiding. Dit op n Sondag is onverklaarbaar. Kyk ook kommentaar op verdere berig van Maroela

Johan. H. ·

Pidt. ontspan man , Daar is n rede hoekom mense opinies het, dis gewoonlik gebaseer op hoe media en die geskiedenis n persoon “shape” . Jy gaan nie n bonus kry nie, Baie mense doen nog goeie werk , verseker, maar as jy eers uit die weermag,,, Lugmag is dan sien jy einntlik die ware stand van die agteruitgang as jy dit met vroeere tye vergelyk. Ons is nou “Insignificant”. WK was ook daar, Groette.

Pidt ·

Johan dis my kollegas en vriende wat betrokke was. So ja vir my is dit n ernstige saak wanneer swak oningeligte opinies gemaak word. Ps ek soek ni n bonus nie.

Valie ·

Ek het nie geweet die lugmag het nog helikopters wat in werkende toestand is nie.

Ma ·

Die helikopter het niks maker nie. Dit is net die kabel wat te laag gehang het !

Carika ·

Dis eindlik hartseer om te sien hoeveel mense weet wat in die Lugmag aangaan. As julle niks weet nie, hoekom kommentaar lewer?
Sterkte aan almal se families en vriende!! Mense wat ek persoonlik ken!

Chris Noordkus ·

Did my punt ook Carika, mense lewer kommentaar oor die Lugmag maar het nie ‘n ‘clue” waarvan hulle praat nie.

sarie ·

Ek stel voor wanneer lewens betrokke is wees meer sensitief en krities
Maak dit jou 2018 voorneme?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.