Lugmaglede dors, warm in hoofgebou

Lugverkoeling (Foto: Pixabay)

Lede van die Suid-Afrikaanse Lugmag moet glo hul werk in onuithoudbare toestande verrig, aangesien die hoofkantoor in Pretoria nou al etlike maande sonder water, lugverkoeling en werkende hysbakke is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) moet werkers soms in temperature van tot 34 °C werk, aangesien die gebou se lugverkoelingstelsel vir die afgelope twee weke reeds buite werking is. Die hysbakke sowel as die roltrappe is jare lank al stukkend en daar is boonop geen deurlopende toevoer van lopende water na die gebou nie.

Volgens JG Greeff, die nasionale sekretaris van Sanwu, is hulle uiters ontevrede met die toestande waaronder hul lede moet werk. Hy sê die meeste personeellede word daagliks teen etenstyd huis toe gestuur.

“Die SA Lugmag is veronderstel om ’n professionele instelling te wees wat in ’n professionele omgewing behoort te funksioneer. Daar kan nie van professionele persone verwag word om onder sulke ondraaglike omstandighede te werk nie.”

Volgens hom is hul lede deur hul seniors ingelig dat daar ’n gebrek aan fondse is om die nodige herstelwerk te doen.

Sanwu is tans besig om met die topbestuur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) te vergader oor die herstel van die fasiliteite.

“Sou die vakbond se pogings in hierdie verband nie die gewenste resultaat oplewer nie, sal ons nie huiwer om regstappe op ’n dringende basis te doen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Suzette ·

Maar weereens net ‘n bewys van die verval van die land onder die regerende party – geen salf te smeer nie. Hoe stukkender hoe beter…..

mattk ·

Die kaders glo mos nie in instandhouding nie…. kyk maar die verval van alle staatsgeboue en instellings.

Wielspore ·

‘n Weermag se bestaan is sy infrastruktuur, geboue en toerusting en dan ook sy lede. Klompie jare terug gedurende my tyd in die weermag was dit alles in tip top kondisie. Die ANC regering faal met die weermag.

Kokerboom ·

In nuwe bestel is almal bestuurders en niemand aanvaar aanspreeklikheid. Hul “worry” net nie want dis werk

Burt ·

Koker, dit is ‘n mag. Ons Lugmag. nie ‘n staatsdepartement nie.

Nie Verbaas ·

En weer kan ons die hopelose, onbevoegde en korrupte ANC daarvoor bedank. Die woord pateties kry regtig n nuwe betekenis met verwysing na ons liewe ou regering. Ek begin al dink dat hulle betaal word om die land die afgrond in te stuur want geen persoon by sy volle bewussyn kan so pateties wees nie.

Chris dupreez ·

Waaroor moan hulle, hulle gaan elke dag etenstyd huistoe.

Willem ·

Wat verwag mens van n terroriste organisasie en n spul diewe

Samuel ·

Dit is krimineel dat staatsgeboue in so ‘n swak toestand is. As daar nie geld vir instandhouding van geboue is nie, wonder ek of daar geld vir instandhouding van die vliegtuie is? En vir Jet A-1??

Misky ·

Skandelik dat sulke berigte nou die norm word en mens hoor daagliks van die verval. Ons het gedink die einde is nog entjie en in die toekoms, ek is bevrees dis hier en die tempo waarteen alles nou ten gronde gaan.

Sandra ·

Hoekom klink ons nie verbaas of geskok nie. Gee oor aan verkeerde nagte…. Say no more.

boerie ·

1965 tot 1966 was ek daar werksaam , daar was geen roltrappe ,hysbakke of lugreeling nie en niemand het daaroor gekla nie, n klomp slapgatte daar deesdae.

Janine ·

Jy moet in ag neem, almal is effe rond. Dik gevreet aan KFC en Nando’s. Dis moeilik om sulke lywe teen trappe op te kry…. ;)

Alex ·

Dit was in my Lugmag dae die beste gebou om in te werk. Die beste tegnologie en IT. Die wow ingang van roltrappe. Die huisbakke wat deur beskillende vloer gegaan het. Die wow kantore en gange. Dit is nou jammer om te hoor hoe dit OOK vervalle geraak het nes ons beste 1Mil hospitaal wat dit was.

Di ·

Stem 100% saam – 1 Militere Hospitaal het net so verval is ‘n vuil plek waar daar GEEN dienslewering meer is nie. Om nie eers te praat van die meeste mense wat daar werk, onbevoeg, ongeskik en sleg verby. Behandel pasiente soos bedelaars, skryende skande

Marshall ·

Mean IQ 69. If you disagree, give me the references to your academic data. This whole inability to run a sophisticated economy can be easily predicted by those who have knowledge of the relevant scientific data. Remember just over 75% of this population have an IQ under 83. People with IQ less than 83 are not capable of performing any task other than repetative manual labour under supervision.

Please stop these expressions of dismay at the disintegration of Sputh Africa and start THINKING OF THE SOLUTION WHICH IS SECESSION. This unitary state abomination will fail leading to violence. This is 100% predictable.

Burt ·

een manier om hulle te ‘kondisioneer’ vir oorlog situasies. Hoe warm was dit op die grens? was daar lugverkoeling? hoekom nou dit demand? Gaan die ‘struggle’ nou oor luukses?

007 ·

As daar nie geld is nie, hoekom het ons nog n weermag? Beslis nie om ons land te beskerm nie.
Die SANW se salarisse is alleenlik n astronomiese bedrag, daar is omtrent geen vliegtuie wat diensbaar is nie dan praat ek nie eers van die Leer se voertuie en die Vloot se bote nie. Die enigste duikboot wat ons het staan al vir meer as twee jaar buite die water in Simonstad. Vra maarnet?

efjy ·

Waarom is daar nog weermaglede. Ek verstaan dat daar omtrent drie of vier voertuie is wat in lopende toestand is.ons kan in elk geval nie verdedig met die huidige toerusting nie want dit is nie meer operasioneel nie. Ontbind die spul.

annie ·

… gelukkig gee die regering darem dringende aandag aan die Oekraïene-kwessie en ander misverstande bo in Afrika. Wees rustig in jul warm omgewing, as Cyril en sy flukse span kaders alle probleme op ons plat aarde opgelos het, is dit jul beurt. Sweet is goed vir koeldrankverkope en belasting-inne… en trappeklim spaar weer gym-geld… Wat van ent no 3 vir veiligheid? En dra tog jul maskers… al…

Louis ·

Die hele punt wat baie mis is die feit dat die ANC regering bang is vir n staatsgreep. Dis hoekom ons nie meer n doeltreffende weermag het nie en n polisiediens wat amper nie meer bestaan nie. Daar is meer generaals op kantoor as wat daar voete op die grond is en hulle kry geweldige salarisse en voordele. Die ANC het mooi geleer uit wat gebeur in die res van Afrika as jy n sterk weermag en polisiediens het met generaals wat gemaksugtig raak.

Lillian ·

Shame, ons het in sulke warm klaskamers skool gegaan, en niemand het dood gegaan nie.

Janine ·

Veral in die asbes klasse! Vrek van die koue in die winter, en vrek van die hitte in die somer. ;)

SjN ·

Onderhoud en instandhouding, iets wat nie in hul woordeskat bestaan nie!!

Charl ·

Dis lagwekkend pateties, wat is nog professioneel in hierdie land, wat word nog onderhou in hierdie land ?? Ek sal julle se….”sweet boggerol” !!! Die enigste professionele mense in hierdie land emigreer oorsee en almal is blank. Sela.

christo ·

Watter Lugmag? In plaas daarvan om personeel na 13:00 huistoe te stuur vir ‘n voldag salaris, kan hulle die gebou sluit, gee die personeel verpligte skeidingspakkette, want dis nie asof hulle
‘ werk’ vliegtuie in die lug kan kry nie. Al wat vlieg by enige Lugmagbasis, is die voëls.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.