Lugmagvliegtuig stort neer in Langebaan

Argieffoto: avcom.co.za

Argieffoto: avcom.co.za

ʼn Vliegtuig van die Suid-Afrikaanse lugmag het Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn plaas naby Langebaanweg neergestort.

Die lugmag het in ʼn kort verklaring gesê die twee vlieëniers van die Cessna Caravan-vliegtuig was besig met ʼn roetine-nagvlugoefening by die plaaslike lugmagbasis. “Albei vlieëniers is deur die basis se reddingspan gevind. Die vlieëniers het wisselende grade van beserings opgedoen en is in die hospitaal opgeneem,” lui die verklaring.

Volgens die lugmag het normale nasionale weermagprosesse reeds begin om die voorval en die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Sumsare ·

Dit moet seker een wees wat hul terug gekry het na dit ge steel was “museum stuk” of pilots het nie genoeg tyd vlieg ure gehad nie ………… wonder wie gaan nou skuld kry “Afrikaans vlug plan”

Vlieg ·

Mens kan ongelukkig vliegtuie nie op dieselfde vlak onderhou as taxi’s nie en jy kan hulle ook nie so bestuur (vlieg!) nie!.

Vlieg ·

Vliegtuie kan ongelukkig nie op dieselfde wyse as taxis “onderhou” word nie en kan ook nie op dieselfde wyse as taxis “bestuur” (gevlieg) word nie!.

Susan ·

Alle kommentaar tot dusver niksseggend en negatief.
Net soveel as wat julle het om te doen ….. niks. So jammer.
Lugmagfamilies lees hierdie berig. Duidelik het julle nie familie in diens nie.

vlerke ·

Susan, jy ontken die waarheid en mens verstaan waarom jy so voel!. Weermagtoerusting word nie meer naastenby op die vlak van vroeër onderhou nie. Die redes is welbekend. Daar is n chroniese tekort aan opgeleide mense op alle vlakke hoofsaaklik agv n geldtekort . Die opmerking vanaf n baie bekende persoon van “Preventative maintenance is a Western thing” weerspieël n siening wat veral in die vliegbedryf net tragiese en katastrofiese gevolge kan hê.

jennefer ·

Susan die aanmerking was tong in die kies, verlede week het die geagte minister beweer dat oud vlieeniers die vliegtuie gesteel het en dat al die horingoue vliegtuie dadelik weer aan die lugmag beskikbaar gestel word aangesien daar nie diensbare vliegtuie is nie. Niemand verlekker hul in die pyn van bogenoemde beseerdes.

Eugene ·

Ja, ek verstaan nie die mensDOM nie. Die SALM het ‘n voortreflike veiligheidsrekord en baie trotse personeel. Die onkunde in hierdie kommentare is om van naar te word.

Willie – Dit was ‘n Cessna Caravan. Soos op die foto.

Gideon ·

Willie, ‘n voortreflike rekord beteken seker iets as mens kan voortbou op daardie rekord, maar daar gebeur heelwat onnodige ongelukke deesdae!! Daar is nie eens veel vliegtuie in die lug deesdae nie, so as daar een val dan is dit net nie goed genoeg nie!!

Boffin ·

Ek geniet nogal die goedige gespot en gehekel met die onnosele uitsprake van die minister.
Ons het omtrent bokkerol vliegtuie en vlieeniers oor nie,hoop maar die stokvatmanne gaan volkome herstel…..

Jan maak n Plan ·

Ja Susan ek lees wat jy se, maar as oud soldaat met effens te veel jare diens agter die blad het daar in die ou lugmag nie juis sulke voorvalle gebeur nie. Die rede hiervoor was dat die vliegtuie alhoewel hulle vreeslik oud was in top kondisie was want hulle was behoorlik onderhou en dan was die vlieniers ook nog presies opgelei. Deesdae kan dit nie juis gese word nie ne. Dis seker ook hoekom die president nie nou die naweek kon terugkom RSA toe nie.

Andre ·

Jan maak ‘n Plan as jy soveel jare in die Weermag was, sal jy seker weet hoeveel Harvards, Sabres en Buccaneers, om maar enkeles te noem, is in die jare van die “ou” Lugmag deur hoogs gekwalifiseerde vlieëniers afgeskryf… sommige met lewensverlies, sommiges gelukkig sonder dit. As jou geheue jou in die steek laat kan ek vir jou statistieke aanhaal.
Ek deel jou sentimente, maar moenie stellings maak wat jy nie kan staaf nie.

Willie ·

Dankie Eugene. Ek het nie eens geweet die lugmag gebruik sulke vliegtuie nie, so ek is die laaste een wat my oor onderhoud en opleiding kan uitlaat.

Enige ongeluk is egter sleg, en ek hoop maar die manne is gou weer op die been.

ig ·

Mmmm,nagvlug,Miskien gedink die taxi se een lig is die aanloopbaan

Suzette ·

Mense, as julle nie weet waaroor iets gaan nie – moet asb nie sulke kommentaar lewer nie. My hart is vandag baie seer omrede een van daardie manne my swaer is. Ons is baie dankbaar dat hulle leef want hulle het vreeslike beserings opgedoen. Jul gebede ipv onvanpaste kommentaar sal waardeer word.

Danita Meiring ·

Ek dink ook dis ongevraag om onnodige opmerkings te maak as jy oningelig is!! Toevallig is die een vlieenier n baie goeie vriend v ons en n top vlieenier met jare se onderbinding!!!! So as jy onsensitiewe snert wil kwyt raak, dink ek net jy moet eers jou feite agtermekaar kry…

Hugo Botha ·

Julle wat sulke slegte kommentaar lewer, skaam julle, ek werk op di vliegtuie en ons onderhoud op di vliegtuie is van uitstaande gehalte, beter as siviele vliegtuie, een van ons beste vlieeniers wat gevlieg het , ek skaam my vir julle, swak!!!, laat weet my as een van julle in n ernstige motor ongeluk betrokke is sodat ek kan negatiwe kommentaar lewer julle sotte

Andre ·

Met verwysing na my vorige plasing hierbo ivm vorige vliegongelukke in die Lugmag het ek iets uitgelaat wat gesê moes wees. Dit is:
Ongeag hoe goed opgelei die vlieëniers en hoe goed instand gehou die vliegtuig, ongelukke gebeur. Met ‘n vliegtuig is daar soveel faktore wat ‘n invloed kan uitoefen. As die gemakstoel kommentators hierbo die geringste mate van lugvaartkennis gehad het, sou hulle nie sulke kommentare gelewer het nie.

Sonja Roos ·

Sulke kommentaar is baie swak en wys gebrek aan opvoeding, mens maak nie grappe oor sulke ongelukke nie. Geen persoon wat nie goed opgelei is sal sommer in vliegtuig klim en vlieg nie. Van hierdie manne het kinders en is familie manne – Dink voor julle iets skryf asb mense, groot mense lees soms die opmerkings hard, kinders hoor dit en dra dit oor na die maats toe!!!

Bertie ·

Sjoe julle. Behalwe dat sommige van julle op die vingers getik word vir ‘negatiewe kommentaar’, se julle mekaar darem sleg hoor. Dis totaal onnodig. Skaam julle.

Oupa D ·

Ai tog, ons kan net hoop dat die beseerdes volkome herstel. Die Cessna Caravan wat neergestort het is ‘n uiters betroubare vliegtuig wat bekend is daarvoor dat hulle “vlieg-vriendelik” is om te hanteer. Instandhouding is egter van kritieke belang. Geen mens kan ‘n vliegtuig beheer wat jou meganies in die steek laat nie. Kom ons wag dat die 2 manne herstel en die presiese fout uitwys. Dan kan ons kommentaar lewer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.