Die Mededingingskommissie het lugrederye gewaarsku dat hy nie sal huiwer om op te tree nie indien daar bewyse is van drastiese en onbillike prysverhogings nadat Comair se bedryfslisensie opgeskort is.
Daar is berigte en klagtes dat sekere lugrederye nou tot R5 000 vra vir ’n enkelkaartjie van Johannesburg na Kaapstad, het die Mededingingskommissie gesê.
Die Burgerlugvaartowerheid het Comair, wat Kulula.com en British Airways bedryf, se bedryfslisensie die naweek eers vir 24 uur opgeskort. Dit is egter kort daarna onbepaald opgeskort oor veiligheidskwessies.
Volgens die Mededingingskommissie het dit gevolglik beteken dat aansienlike sitplekkapasiteit aan die mark onttrek is en dit sal ongetwyfeld daartoe lei dat reisigers die oorblywende kaartjies, wat gewoonlik teen hoër tariewe verkoop word, sal moet koop.
“Alhoewel die kommissie verstaan dat die verwydering van lugrederye beslis ’n impak op vliegtuigkaartjietariewe het, moet die situasie waarin gestrande passasiers hulle bevind nie onnodig deur ander lugrederye uitgebuit word nie,” het Sipho Ngwema, woordvoerder van die kommissie, gesê.
“Die kommissie moedig alle lugrederye aan om waar moontlik meer kapasiteit in die mark te plaas totdat die Comair-situasie opgelos is ten einde gestrande passasiers teen meer gematigde pryse by te staan.”
Indien die kommissie bevind dat lugrederye aktief vliegkaartjies in hul laekostebondels verwyder en dit aan hoër tariefbondels toewys of nuwe bondels met baie hoër tariewe op gewilde roetes instel, kan die kommissie dit as ’n daad van onbillike prysverhogings beskou wat ten doel het om die huidige situasie doelbewus uit te buit.
“Die kommissie sal ook oor die volgende paar dae met lugrederye in gesprek tree om vas te stel watter planne hulle in plek het om die huidige situasie en enige klagtes van reisigers oor pryse in die mark te hanteer. Die kommissie wil lugrederye waarsku dat hy nie sal huiwer om vinnig en ferm op te tree as daar bewyse van onbillike prysverhogings is nie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Aag asseblief — Praat met julle spul daar by CAA daaroor !! IDIJITS !!
Wat is brandstof se prys geagte komissie ?
Woorde.
Vertel my hoe gaan ons werk en ons besigheid doen as dit so gaan ? Ek is so moeg, alles gaan op en op en die regeering vat geld? sit terug die geld wat julle vat en bele dit in ons land….
Dit is vreeslik interessant hoe die kaarte skielik in die guns van SAL val. Maar ek moet ook sê, ek wil nie in die lug gestrand wees as ‘n vliegtuig onklaar raak nie. Dit mag ‘n probleem wees.