Lugsoektog na vermiste DA-lid opgeskort

Petro Nel. Foto: Facebook

Petro Nel. Foto: Facebook

Die lugsoektog na Petro Nel, die adjunkleier van die DA in Noordwes wat langer as ʼn week terug in Nepal vermis geraak het, is opgeskort.

“Die grondsoektog gaan egter voort en hulle fokus op spesifieke areas,” het Nicolize van der Walt, ʼn woordvoerder van die DA, gesê. “Daar is diep klowe in die area en dit is baie bebos, en dit maak die soektog uiters moeilik en gevaarlik vir almal wat deel is daarvan.”

Nel is al sedert Donderdag 8 Oktober vermis nadat die ligte vliegtuig waarin sy ʼn passasier was in Nepal verdwyn het. Nel en ʼn Russiese vlieënier was die enigste insittendes in die vliegtuig toe dit vermis geraak het. Sy was glo met vakansie in Nepal.

Volgens Van der Walt ondersteun Nel en die vlieënier se families mekaar terwyl hulle wag op nuus. Nel se man, JC, is reeds in Nepal en hulle twee seuns het Maandag daar aangekom.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Petro Nel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SI ·

Is daar nog geen verdere nuus van Petro Nel nie? Sjoe! Dit moet ‘n vreeslike tyd vir hierdie familie wees. Bid regtig dat hulle haar sal vind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.