‘Lui, lui, telefoon …’ 55% van polisiestasies antwoord nie

(Argieffoto)

Navorsing van die DA wys dat net 44% van alle polisiestasies landwyd hul telefone beantwoord, 40% van stasies se nommers is verkeerd of buite werking en 15% van polisiestasies antwoord glad nie, al word daar twee minute lank probeer.

“Dit beteken dat desperate mense wat dringend die hulp van hul plaaslike polisie benodig, aan hul eie genade oorgelaat word,” sê Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie.

Hy sê die syfers is boonop net nog ʼn aanduiding dat die minister van polisie, Bheki Cele, vere voel vir Suid-Afrikaners se veiligheid. Die party ruk Dinsdag na die kantoor van die minister in Pretoria op om sy afdanking te eis.

Die DA se opname wys die grootste probleem is oënskynlik in die Oos-Kaap, waar 18 van die 30 stasies wat die DA gebel het, se fone buite werking was en vier stasies ná twee minute steeds nie geantwoord het nie.

“Dit beteken dat mense in die Oos-Kaap 73% van die 30 stasies nie in die hande sou kon kry indien hulle in dreigende gevaar was nie, of ʼn misdaad probeer aanmeld het,” sê Whitfield.

Volgens die DA se opname vaar polisiestasies in die Wes-Kaap die beste: altesame 23 uit 30 stasies (77%) waar die steekproef gedoen is, het hul telefone beantwoord.

Whitfield sê nege van die stasies wat tydens die opname gebel is, verskyn ook op die polisie se toptienlys vir moorde per stasie. Ses van die polisiestasies het glad nie foonoproepe beantwoord nie, of het nie ʼn werkende telefoonlyn gehad nie.

Nege van die polisiestasies verskyn ook op die polisie se toptienlys vir verkragtingsvoorvalle. Ses van hierdie stasies het glad nie fone geantwoord nie of het nie ʼn werkende telefoonlyn gehad nie.

“Die polisie is gebroke en moet reggeruk word. Indien polisielede nie eens in staat is om lede van die publiek se oproepe te beantwoord nie, hoe kan hulle misdaad doeltreffend beveg?” sê Whitfield.

Hy sê die jongste misdaadsyfers bevestig, met ʼn toename in voorvalle van geweldsmisdaad, presies hoe gebroke die polisie is.

“Bheki Cele het nou al keer op keer gewys dat hy liewer vir die kameras sal poseer terwyl hy alkohol in dreine afspoel, as om die kernprobleme binne die polisiediens te pak.”

Whitfield sê die DA is siek en sat om te sien hoe Suid-Afrika onder “Cele se gebrek aan leierskap ly” en daarom word daar Dinsdag na sy kantoor opgeruk om die boodskap duidelik te maak dat sy kop moet rol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

DEON ·

Geen wonder die publiek neem reg in eie hande. Hulle is in elk geval ñ klomp useless staatsamptenare

PieterJ ·

En as hul antwoord, dan wat? Geen petrol vir voertuie, voertuie stukkend, stel nie belang om te kom help, wil eerder verder slapies ens.

Wondermaarnet ·

Presies of daar is net 1 voertuig en dit staan by KFC.

Kobus ·

En dan besing Rampposa Cele omdat hy by Krugersdorp opgedaag het! LOL! Bid jou aan, hy is ‘n goeie minister want hy was daar. Nee o heng, as dit die maatstaf is dan weet ek nie.

SjN ·

Pateties, hier by ons was twee motors in n ongeluk betrokke by die stopstraat ongeveer 50 meter van die polisiestasie. Na vele navrae en versoeke is ons meegedeel dat hul nie n voertuig het om uit te kom na die klagte toe nie, dit was stapafstand van die stasie gewees. Hul hou nie van werk nie!!

Wondermaarnet ·

As mens kyk na die gemiddelde bou van beamptes, dan maak dit sin hoekom hulle so lyk as hulle nie eers 50m kan stap nie. Wat nog te sê hardloop agter ‘n skelm aan.

domheks ·

Ramaparra besing cele en andersom. Want almal is ewe pateties. So goed of jy praar met die muur!

Danie ·

Nou kan ek saampraat uit ondervinding uit die perd se bek.Dit is so ons altyd gespot kan nie kla oor die diens nie want daar is geen diens.Dit is tragies waar ons ons bevind vandag.Die telefoon lui lui en almal sit en kyk wie gaan antwoord tot dit stilraak.Bel die volgende gesag en ook geen hulp.Frustrasie neem oor.

Faraway ·

. . .grap is hulle word betaal elke maand en mense bel eerder n sekuriteits maatskappy!
Polisiestasies kort self polisiering!!!

Carel ·

Maklike oplossing
Vra jou tuinier om SAPS te bel & ‘n dispuut met jou (sy werkgewer) te verklaar
0,01 nano-sekondes later al die beskikbare SAPS voertuie op jou drempel, gewapen tot die tande toe

Buks ·

Ja die polisie by ons het 3 nommers maar jy kan maar vergeet dat hulle jou oproep sal beantwoord.

Retha ·

Ons kan hier gal afgaan en dit gaan niks verander nie-dis tyd dat die VF, DA en Action Plus en en en al hierdie partye wat oral opspring saamstaan om te verhoed dat hulle weer in beheer kom. Sit opsy die ego’s en begin saamstaan terwille van ons eie behoud en ons kinders se toekoms!

Nico ·

Die SAPDis te lui om die werk te doen, sit en slaap of eet Kentucky. Dit het tyd geword dat minister van polisie wat ‘n MK lid is vervang moet word deur ‘n beter minister wat kennis het van polisieëring.

Nico ·

Geen wonder dat daar nie altyd voertuie beskikbaar is nie, kyk in watter toestand is die stasies se voertuie, hoeveel beamptes het bestuurs lisensies, kyk, ook waarvoor die voertuie gebruik word, vir privaat doeleindes.

Nico ·

Wat maak die polisie by die aanklag kantore, sit en slaap en eet KFC.

Marelize ·

Mr Cele – haal af jou hoed – rol op jou moue – beantwoord die foon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.