Op 16 Februarie vanjaar is ʼn luiperd in Bainskloofpas raakgery. Die luiperd is weens ʼn gebreekte rug en inwendige trauma van kant gemaak.
Die Cape Leopard Trust is in kennis gestel van die voorval en die luiperd is uitgeken as “BM30” (Boland Male #30). Die luiperd was ongeveer vyf jaar oud en het 37 kg geweeg. “Hy was nogal groot vir ʼn fynbosluiperd,” het Jeannie Hayward, koördineerder van die Boland-projek gesê. ʼn Gemiddelde mannetjie se gewig is 35 kg.
Die Cape Leopard Trust se Boland-projek doen navorsing oor Kaapse luiperds. Die projek se doel is om luiperds se gedrag en omgewing te verstaan en konflik tussen die mens en dié dier te verminder.
Volgens Hayward was hulle baie ontsteld oor wat met BM30 gebeur het. “Luiperds is sulke charismatiese, majestueuse en geheimsinnige diere. Om op so ʼn manier tot sy einde te moes kom, is werklik hartseer. Ons doen ʼn beroep op motoriste wat in die nag deur bergagtige gebiede ry om waaksaam te wees.”
Dit is nie die eerste keer dat ʼn luiperd deur ʼn motor getref is nie. Luiperds is al raakgery op die N1 by Du Toitskloof, op die Franschhoekpas, die Piekenierskloofpas, die Mitchellspas en ook op die R44-kuspad tussen Gordonsbaai en Rooiels.
“Ons is bewus van nog twee volwasse mannetjies en ʼn volwasse wyfie in die groter Bainskloofomgewing en omliggende berge.” Volgens Hayward is daar moontlik ander onvolwasse luiperds waarvan hulle nie weet nie. “Hoewel die verlies van so ’n pragtige dier baie ongelukkig en ongewens is, is die plaaslike luiperdbevolking gesond.”
Dis baie hartseer. Dankie vir julle wonderlike werk met luiperds.
Pragtige diere!
Beskerm asb ons luiperds. Ons het paar wat in verskillende gebiede woon in Elandsfontein, Modimolle gebied. Dis so mooi om hul te sien. Tot die bobbejane het respek vir hulle. Ons kan ook sensitief wees. Hul moet ook plekkie in die son geniet.
Dis baie hartseer. Dankie vir julle pragtige werk met luiperds.
My hart kry SO seer as diere seerkry of ly :-(
Dit is hartseer ja en mens wil nie diere dood maak nie hul is lieflike diere. Maar as jy op n bergpas ry en daar is iets voor jou kan jy nie net uit swaai nie dit stel jou lewe in groter gevaar.
Te veel motoriste wat in luukse motors soos die duiwel jaag. Net hulle sal weet waarnatoe. Ons kan nie bekostig om een luiperd te verloor nie. Hulle is te kosbaar.
Ongelooflike bewaringswerk wat hierdie mense doen. Ry stadiger snags , diere word verblind en kan nie die hele voertuig sien nie
Die arme diere. As die diere nie “vermoor” word vir allerhande bygelowe en snert nie – dan word hulle nou ook doodgery. Een van die dae gaan ons niks meer wild oor hê nie. Dis regtig om van te huil. Hulle is so op hul eie aangewese. Wens ek kon almal beskerm.
Ai dit is baie hartseer !!!!!! Ek is lief vir al die kat spesies hulle is ongelooflike diere!!!!