Luiperd val man aan; van kant gemaak

Die luiperd se karkas. Foto: Verskaf

ʼn Luiperd is vandeesweek in die Oos-Kaap van kant gemaak nadat hy ʼn man wat met bokke boer, aangeval het.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het Saterdag gesê inwoners van die Ndwayana-omgewing naby Peddie het sedert Augustus vanjaar klagtes by die plaaslike polisiebeamptes aangemeld dat ʼn luiperd in die omgewing opgemerk is.

“Klagtes is ook ontvang dat die luiperd hul bokke as prooi gevreet het,” het sy gesê.

ʼn Plaaslike inwoner wat met bokke boer, is verlede Sondag deur die luiperd aangeval toe hy na sy bokke gaan soek het.

“Hy en sy kinders het op van die bokke afgekom wat vermoedelik deur die luiperd doodgemaak is. Die man het sy kinders terug huis toe gestuur om ʼn kruiwa te gaan haal om die bokke se karkasse in te laai en hy is deur die luiperd aangeval terwyl hy vir sy kinders gewag het.”

Govender het gesê die man se honde het hom beskerm en die luiperd verjaag. Hy het beserings opgedoen en moes behandeling ontvang.

Die polisie is Vrydagmiddag ingelig dat die gemeenskapslede die luiperd gevang en met spiese doodgemaak het.

Die luiperd tussen die karkasse van die bokke wat hy glo doodgemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Cryosphear ·

Met my wishful thinking het ek gedink die luiperd is gespaar. Diere doen hulle natuurlike ding. Mense neuk net alles op.

Neut ·

Daardie nonsens is al afgesaag. So dit is aanvaarbaar dat die luiperd die man se area betree, sy bokke vreet en boonop hom ook aanval…Nee nee los die luiperd hy doen mos wat natuurlik vir hom is…los die katjie uit! kerm die boomdrukkers. Dink asb. dit kan help. As jy jouself gelyk met die diere wil stel, dan verstaan ek nie want selfs diere verdedig hulself teen ander diere…Hoekom gaan kerm jy nie by koning leeu dat die luiperd die onskuldige bokke gevreet het nie.

Brie-brie ·

Ek stem saam. Dis ‘n natuurlike manier dat luiperds so jag maak op sy prooi. Ek dink hulle kon die situasie beter hanteer gehet. Hulle het geweet van die rondloper luiperd, hulle kon ‘n strik vir hom gestel het en gevange geneem het .

Cherokee ·

Cryosphear, somtyds is mense nie lekker in die Neut nie. Dit moet bloot ignoreer word soos jy gedoen het. Miskien was die luiperd nie lekker nie want hulle neem net genoeg vir voedsel en sal normaalweg nie meer as een dier vang nie. Hul pense is nie soos die van die mens, groter as hul oë nie.

Boerseun ·

Hoekom gebruik jy dan goed soos krag, cell phone ens dit alles het die luiperd se spasie gesteel. Nog beter hoekom veruil jy nie jou spasie vir n luiperd nie. Die diere teel aan en so versprei hulle buite bewaringsgebiede. Kan nie die idiocy van ons tyd verstaan nie

Karen van Zyl ·

Ek stem, dit is in ‘n luiperd se natuur om te jag wanneer hulle honger is, nou is hy weg?? Dit is nie aanvaarbaar vir my nie jammer.

Nita ·

As die Polisie sedert Augustus van die luiperd weet, hoekom kon niemand Natuurbewaring se hulp inroep om hom te vang nie? So ‘n lieflike dier kon mos ‘n tweede kans gegun word op ‘n plek waar hy vry kon rondloop?

Chris Ws ·

Sover my kennis strek is die luiperd beskermde wild?Iemand moet verantwoordbaar gehou word hiervoor.

Jean ·

Chris n mens se lewe is meer kosbaar as n luiperd sin, wat moes hy doen?

Anoniem ·

Jean, kon geen elke een hul verstand gebruik en hulp inkry om die luiperd te vang en na ‘n reservaat te verskuif nie? Alles word verwoes en uitgewis!

Cherokee ·

Ag Jean, dit is mos nie moeite om (reg) te lees nie! Sy honde het die dier verjaag maar Afrika se moordlustigheid en gebrek aan bewaringsmotief het oorgeneem.

Boerseun ·

Se die groot steenkool verbruikers op hul fone en in hulle karre. Eens op n tyd het die luiperd die hele land vol geloop. Moet ons nie maar Johannesburg of Pretoria sloop nie? Of moet ons hulle in dieretuine laat opsluit. Parke is reeds vol luiperde daarom beweeg hulle buite die gebiede. Enige natuur wagter by enige park sal julle bietjie meer kan vertel oor die diere, as julle die moeite sal doen. Met tye kan die diere geskuif word met ander tye nie

MvN ·

Boerseun jammer ek wil nou nie regtig you bubble bars nie maar luiperd getalle neem baie af…so ek dink jy moet dalk bitjie navorsing doen voor jy se parke is vol van die spesie. Ek voel ook wildbewaring kon die dier vang en verskuif na n ander gebied.

Boerseun ·

Op wie se verslag? Omdat een organisasie so se nou is dit so. Eintlik weet hulle nie wat met die getalle aangaan daarom is daar n groot navorsings projek geloots deur die wild bedryf omdat daar nie behoorlike navorsing o getalle is nie. As jy enigsins die diere ken sal jy went hulle is slu diere wat in die nag beweeg. Hulle bly in berge en areas wat nie maklik bekombaar is nie so sonder landsweie navorsing met alle persone, en ja plaas en vee eienaars betrokke is dit maar n teorie dat hulle verminder. In elk geval verminder die diere nie oor jag nie maar eerder habitat vernietiging . Land to all en die soort van nonsens.

Jacqui ·

Snaaks dat die bokke by d luiperd geen tekens van bytmerke toon nie.

Jacqui ·

@Frikkie (nie pienk), so de hoenders in as wat die berig my maak, het ek nou regtig lekker gelag , dankie

Andre ·

Wees redelik, die polisie was besig om die DSTV rekening uit te sorteer en ook te sluimer.

Chris Ws ·

Hahaha!Andre’,die SAP’s was besig om die situasie te monitor man!Hulle doen dit nogal deeglik,veral met KFC as borg!

Jan ·

Die bokke is vooraf met ‘n knopkierie doodgeslaan – die dat daar geen bytmerke aan hulle is nie. Dis natuurlik om ‘n goeie rede te soek om die luiperd vakant te maak!

johan ·

maklik vir die greenies wat in die stad sit en via hul rekenaar of foon wil kommentaar lewer oor wat moes nou entlik gedoen gewees het.as jy so slim is en die antwoorde het laat hulle jou volgende keer bel dan gaan “vang” jy die luiperd

Cherokee ·

Moet nie probeer slimmer as werklik wees nie. Vele van ons is vanaf die betrokke omstandighede. Vertel ons van jouself.

Anoniem ·

Greenies? Geen Mars mannetjies op Maroela Media se blad so vêr ek weet nie, net pittige ……… wat skynbaar ook nie “out of the box” kan dink en ons wild bewaar nie? ;-)

M'Lady ·

So geen wilde dier sal verdra word nie. Daar mag geen jag op luiperds in Suid-Afrika gemaak word nie. Dis teen die wet. Hoop die man word vervolg. Alles word doodgemaak. Van die boer tot die wild. Godverlate land.

Cherokee ·

Ek was tot gister in Fochville en het heelwat glimlagge en slinkse kommentare daaroor meegedoen.

Cherokee ·

Wat wel gesê is, is dat die leeus steeds somtyds vee oes en in die omgewing is.

Magic ·

Lekker lag ek vir jou nie-pienk Frikkie!!! Maar ja,kon Natuurbewaring nie vroegtydig gekontak word nie? Kyk net wat Marlice hulle in Namibië net nie alles regkry met SAMEWERKING nie!

Cobus ·

‘n luiperd vlug gewoonlik vir mense en honde. Ek koop nie die aanval storie nie. Ek dink die gemeenskap het die luiperd met honde gaan jag en hom doodgemaak. Jammer dat daar dubbel standaarde is by die toepassing van die wet. As ‘n kommersiële boer dit sou waag was die gort gaar.

Boerseun ·

Gewoonlik. My oupa was n sendeling, gaan vra van daai mense of n luiperd vir mense weg hardloop. Hy le eerder en loer vir jou uit n boom. Maar jy is reg hulle het dit met honde gevang, dis hoe hulle leeus ook dood maak en stem as dit n ander boek was was hy nou al in Amerika verbied.

Liefhebber ·

Ek verstaan nie hoekom ons mensdom so stupid is nie, en ek wil nie eers praat van almal wat prober God speel nie. Genugtig man, dis ‘n wilde dier!!! Ons val altyd die aan wat nie vir hulself kan praat nie. Dis om van siek te word!

Lynette ·

Dit is nou baie hartseer!! Dit is altyd vir my amazing dat mense dink hulle kan nie diere vermoor soos hulle wil. Daai dier het geen reg nie!!

Jan ·

Wat ek wonder is daar vingerafdrrukke geneem en n dossier oopgemaak na die klag. Het die polisie enigsins die saak ondersoek. Dis immers n moord klag, moord op die bokke.

Julius Zamox ·

AfriCat Foundation, Namibië. Blykbaar grootkat navorsing, blykbaar mut hule di boere gemeenskappe, kommersieël en kommunaal leer van hoe om met die grootkatte in harmonie te leef.
Al wat ons dan vra is om die waarde van skade betaal te word. Di staat en bedelaars onder di vaandel van bewaring het ni geldelike kapasiteit ni, daarom het ons as boere ni genade vir n staat of toeriste se grootkatte wat rondloper moordenaars is ni, hule mut dan ook vermoor word op probleem dier status. As di staat en toeris geld dit ni kan bekostig ni, help di boere hule net gou-gou uit met di maklike jobie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.