Luiperd verras kampeerders in Botswana

‘n Luiperd drink water uit ‘n wasbak in Botswana. (Foto: Verskaf)

Gawie Janse van Rensburg het ʼn luiperd nog nooit van só naby gesien as toe dié dier verlede Donderdag kom water drink het uit ʼn wasbak in sy kampeerplek in Botswana nie.

Janse van Rensburg en sy vrou kamp saam met vriende in Deception Valley. Hulle het gelê en slaap toe hy Donderdag omstreeks 03:45 wakker word van ʼn geluid soos iets wat buite hul tent water suip. Toe hy by sy tent uitkyk sien hy die luiperd wat water drink uit die wasbak waar hulle die vorige aand skottelgoed gewas het, enkele meter van sy tent af. “Ons het vergeet om die water uit te tap. My vrou se pienk waterbottel het nog so in die water gedryf,” lag Janse van Rensburg.

“Ons is natuurliefhebbers en gewoond aan wilde diere, maar dit is die eerste keer in my lewe dat ek ʼn luiperd van só naby sien. Dit was die mooiste “sighting” wat ek nog in my lewe gesien het.”

Hy het sy vrou onmiddellik wakker gemaak en gevra om ʼn video van die luiperd te neem. In die video kan ʼn mens sien hoe die luiperd ʼn hele paar minute lank water drink en dan ongeërg omdraai en die kamp verlaat. Janse van Rensburg sê hulle was nie bang nie, aangesien hulle in ʼn tent woon wat bokant die grond gelig is.

Janse van Rensburg sê die gebied waar hulle woon is baie droog en diere moet ver loop om water te drink.

 

What?????? ???????????????? Imagine finding this when you open your tent at your camping spot, you will hear that the lady speaks Afrikaans… and they sound very calm. How beautiful is this????

Posted by Toerbroers on Tuesday, October 1, 2019

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Liekie ·

dIS AWSOME !!
dIT MOES SEKER ‘N “wow” oomblik vir die kampeerders gewees het.
Selfs nie eers die lig het die jagluiperd gesteur nie – hy was seker dood van die dors !!
Thanks for sharing

Uilspieel ·

Wow. Dit is besonders, maar obthou hulle kan vrek hoog spring en klouter. Pragtige dier

Michael P ·

Jho. dit bly een van die mooiste katte ja dit lyk of die ou baie dors was.

Water ·

Die natuur is so mooi en ook so wreed. Ek dink ek sou ‘n kan skoon water getap het en iewers probeer los het ingeval die outjie nog dors was.

Mornay ·

Ek dink hy het seker n goeie ope lyf gehad na daar die seep water
baie oulik
Groete

Hettie ·

O luiperd is dalk baie dors en kry uiteindelik water wsnt lank lek arme luiperd. Dankie dat julle gewys het

Ines ·

Fabulous thanks for sharing.
One you can tel the grandchild one day.

Dis so ·

Baie dankie vir die deel – julle was bevoorreg om dit te kon beleef

JUdy ·

Dis verskriklik mooi… Jy kan sien daai is skoon water did seker die af spoel water van die skottelgeod gewees,….

Marna ·

Wow! En die lig het hom nie eens gepla nie… mens besef net weereens hoe groot hul eintlik is, so i.v.g met die staan rak / tafel. Pragtig!

Suzette Geringer ·

‘n Pragtige dier.
Hy moes dood van die dors gewees het – foeitog.

Disselboom ·

Wonderlike ervaringe met die wild van naby! Maar daardie deel van veilig voel met ‘n luiperd naby omdat jy ‘n daktent het? Daardie deel verstaan ek nie – het van die groot katte al goed sien spring! Maar is bly dit was toe ‘n mooi storie sonder beserings.

Jeanette Du Plessis ·

Dis is nou iets besonders wat mens kan waardeer

Ben ·

Dit is nou baie mooi. Dankie dat julle dit met ons gedeel het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.