Luiperdaanval: Gids het nie fouteer nie

Die veldgids word aangeval. Foto: Arno Pietersen / Facebook

Die veldgids word aangeval. Foto: Arno Pietersen / Facebook

SANParke het Donderdag na afloop van ʼn ondersoek gesê die veldgids wat vroeër vandeesmaand deur ʼn luiperd in die Krugerwildtuin aangeval is, het nie verkeerd opgetree nie.

Glenn Phillips, die wildtuin se bestuurshoof, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê SANParke het ʼn deeglike ondersoek gedoen na die voorval op 2 Julie toe ʼn luiperd ʼn veldgids tydens ʼn wildrit in ʼn oop safari-voertuig aangeval het. Die voorval het buite die Skukuza-ruskamp op die pad na Onder-Sabie plaasgevind.

“Dit is baie jammer dat die voorval plaasgevind het in die teenwoordigheid van gaste en dat die luiperd van kant gemaak moes word.” Phillips het oor die risiko van oop safari-voertuie gesê nagenoeg 1,5 miljoen gaste het die afgelope 15 jaar die park in hierdie soort voertuie binnegekom. Volgens Phillips kom dit neer op 262 persone in 41 voertuie in die wildtuin per dag en daar was, behalwe vir dié voorval, nog net een ander voorval.

Phillips het gesê die nadoodse ondersoek van die luiperd het gewys dat die dier se tande in ‘n baie slegte toestand was, haar maag was leeg en haar galblaas geswel. Die dier was ook vol parasiete en het tuberkulose gehad.

Volgens Phillips het die ondersoek verder gefokus op bewerings dat die veldgids die luiperd geteister en “ingeboks” het met die voertuig. “Daar is spesifiek daarop gefokus tydens die ondersoek, met oorweging aan ooggetuieverslae, asook grafiese sketse van die gids en videobewyse.”

Phillips het gesê daar is vasgestel dat die gids nie verkeerd opgetree het nie en dat die luiperd in ‘n slegte toestand was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Netter ·

Ek is so bly hieroor. Daar is te veel mense wat “bunny huggers” is, en slegte kommentaar gelewer het oor die gids. Wat sou hul in soortgelyke situasie gedoen het?

Kruger passie ·

Ook baie bly oor die uitslag. Enige veldwagter/gids wat sy sout werd is sou so in belang van sy passasiers opgetree het. 10 uit 10!!!!

Lizza ·

Meer nuus oor die luiperd en die arme gaste. Hoop die gids is ok!!

wonder maar net ·

Ek wonder net hoekom die luiperd tussen die voertuie vasgekeer is???? As n dier bedreig voel gaan dit optree uit beskerming. En soos genoem, die was alreeds nie in n goeie toestand nie. Kan iemand asb meer lig werp hier vir my?

Ek het geen negatiewe kommentaar, wonder maar net….

Louise ·

Wonder maar net – gaan kyk die video dan sal jy sien hoekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.