Luiperdjag in 2016 verbied

Argieffoto: https://en.wikipedia.org

Argieffoto: https://en.wikipedia.org

Geen permitte vir luiperd-trofeejag sal in 2016 in Suid-Afrika beskikbaar gestel word nie.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, het hierdie besluit van die departement aan Maroela Media bevestig.

Die besluit kom nadat die Suid-Afrikaanse Biodiversiteitsinstituut (Sanbi), die owerheid wat verantwoordelik is vir die regulering van wildhandel in Suid-Afrika, gesê het hulle is nie seker hoeveel luiperds in die land oor is nie.

Volgens die Trust vir Bedreigde Spesies (EWT) is die waarneming van luiperds in die verlede swak aangeteken en word die grootte en gewoontes van luiperdbevolkings in sekere gebiede nie goed verstaan nie.

Die EWT meen hierdie faktore moet eers ondersoek word om te verseker dat trofeejag nie ʼn negatiewe impak op die langtermyn- oorlewing van luiperds in Suid-Afrika het nie. “Die EWT is al lank bekommerd oor die volhoubaarheid van Suid-Afrika se luiperdjagpraktyke, “ het die trust in ʼn verklaring gesê. “Daarom loof ons die departement omdat hy dapper genoeg is om te verseker dat die benutting van luiperds volhoubaar is.”

Fred Camphor, uitvoerende hoof van  SA Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV), het aan Maroela Media gesê hy het nie in beginsel ʼn probleem met die verbod nie, aangesien behoorlike navorsing oor luiperdgetalle verwelkom sal word.

“Die verbod sal ʼn groter invloed hê op professionele jagters as op die verbruikersjagters wat deur die SAJWV verteenwoordig word, aangesien professionele jagters nie meer kliënte na Suid-Afrika sal kan bring om luiperds te jag nie,” het hy gesê. “Ons verwelkom die besluit om meer navorsing oor luiperdgetalle te doen en in beginsel sal dit moontlik wees om dit binne ʼn jaar af te handel. Of al die onderskeie provinsies wel die nodige kapasiteit sal hê om dit binne ʼn jaar te doen, weet ek nie.”

ʼn Woordvoerder van die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) het Woensdag gesê Phasa-verteenwoordigers was die middag in ʼn vergadering met die departement oor presies wat die verbod behels en sal dus eers later kommentaar kan lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

DPJ ·

Dit is goed dat dit nou beheer sal word want dit is een van ons natuurbrone wat vinnig tot niet kan gaan.

Elbie ·

Ongelooflike pragtige diere! So bly daar is n verbod op die jag van hierdie diere, as dit net permanent was. As ons, ons oe uitvee is daar skaars nog wild oor. Die mens is die natuur se grootste vyand.

Nic ·

@Elbie, as jy nie verstaan waaroor in ‘n artikel geraporteer word nie, moet nie jou onkunde so gentoonstel nie. Dit is al dekades lank ‘n feit dat profesionele jagters en wildboere meer vir die bewaring van diere en veral spesies wat aam uitsterf is, doen as leunstoel bewaarders soos jy. Moenie kommentaar lewer oor iets wat bo jou vuurmaakplek is nie!

Dee ·

Elbie, ignoreer onkundiges soos Nic. Al wat hy van wild af weet is wat Google hom vertel. Die waarheid is dat dit bog is wat jou vertel word wanneer wilboere probeer voorgee dat hulle deel is van wildbewaring. Selfs iemand soos Nic wat met Google se kallers wil ploeg sal kan vasstel hoe drasties die dierebevolking verminder is die afgelope twee en drie dekades. Daar moes meer mense soos jy gewees het in hierdie pragtige land.

Gustav ·

Elbie, ignoreer vir Dee wat elke woord wat die hoofstroommedia plaas blykbaar glo. Die dieregetalle wat afgeneem het, is nie toe te skryf aan georganiseerde, wettige jagters nie. Dit is die stropers en die vernietigers van die diere se habitat wat so onder hulle maai. Jagters maak dit moontlik vir wildboere om skaars diersoorte te teel en so hulle getalle te bewaar. As dit, byvoorbeeld, nie vir die leeuteelbedryf was nie, was daar al soveel druk op die wilde leeus se getalle dat hulle oorlewing in die gedrang sou wees.

DPJ ·

Deur benutting van die bron verseker. Sonder benutting gaan boere nie so na hulle om sien nie.

Justa ·

Ek hoop alle trofee jag word uiteindelik verbied. Hierdie jagters is besig om ons diere af te maai vinniger as die spoed van lig net om grynsend n foto te neem met die dooie dier. O ja en moet tog nie die geweer of boog vergeet om die prentjie te vervolmaak nie.

Justa ·

Juis die teendeel. Trofee jag en jag moet sorg dat daar volgende jaar ook geleenthede is vir inkomste. So ons vernietig nie alles nie.
Die groot probleem met n verbod is dat die beheer of bestuur van probleem diete nog moeiliker maak. Ek mag nie ‘n kat skiet wat vir my skade maak nie, geen permit word uitgereik nie. Dus as die koste te veel is moet ta maar verdwyn.

Jan ·

Jag, soos enige ander besigheid, is vraag en aanbod. As daar ‘n aanvraag na diere is, gaan wildsboere hulle teel. Die voordeel daarvan is dat daar dan baie diere is en dat die spesies wat gejag word se voortbestaan so verseker word. Dit is so dat die doodmaak van ‘n mooi dier sommige mense afsit, maar mens moet ook die groter prentjie ingedagte hou.

Elbie ·

Dalk moet jy liewer leer spel voor jy kommentaar lewer Nic. Ek is geregtig op my opinie, en sien nie fout daarmee nie. Ek kan jou verseker dat ek beslis nie n ‘leunstoel bewaarder’ is nie. D

Wouter ·

Ons verloor tenminste n stoet- kalf n week deur luiperd , jakkals en rooikat. Dit is n skade van R520 000 per jaar. Dan praat ek nie eers van skape en bokke ens nie .Weet hulle hoeveel en hoe duur is die inpak op die vleis bedryf. Hier in Noord Kaap is meer Luiperds as enige ander groot roof dier. O ja en Nic is reg “hierdie jagters” doen meer vir natuur bewaring as die leunstoel komentators wat hier kommentaar lewer.

Dee ·

Elbie, jou kommentaar aan Nic kan jy ook maar in Wouter se rigting stuur. Identies.

Francois le Cochon ·

@Wouter, Jagters skiet luiperds om hulle te bewaar. Die luiperds vang jou stoetkalwers om jou stoet te bewaar !!

Jan maak n Plan ·

Stem saam met Nic en Wouter. Daar is bietjie baie meer betrokke aan wilds boerdery as om met n oop wilds besigtigings 4×4, bokkies en apies te kyk. Hierdie ouens sorg ook dat daar onder alle omstandighede oorgenoeg diere geteel word en ook net die beste sal doen. Hierby sluit ek beslis roofdiere soos luiperds in. Om data bymekaar te maak soos deur die EWT dit wil doen stem ek saam, maar dink jouself aan, dat jy in jou winkel sekere van jou bestaande lyne vir n jaar of selfs meer nie mag verkoop nie. Dit krap so bietjie die somme deur mekaar ne.

Wouter ·

Dankie Jan. Die klomp kyk net tv en prentjies nie n clue van wat in die veld aangaan nie. Ek het glad nie gese wat en hoeveel luiperds geskiet moet word nie. Ons moet dink aan ons nageslag ook. Maar dan mag geen boom uitgehaal word nie. Maw geen papier nie. Geen klei nie maw geen bakstene nie. En so kan ek vir dae aangaan. Luiperds eet hoenders ens ook. KFC kom ook van daar af. Bic Mac kom van daardie selfde bees af wat luiperd kos geword het. Maw 1000 big mac’s minder. Ongelukkig het ons mense gebreek en gebou om voort te bestaan. Dieselfde plekke waar die luiperd moes jag en loop ens. Maw geen huise winkels teerpaaie ens nie. Nou moet ons vir daardie mense wat net bly teel kos gee ook.

Jagter ·

Ek jag self, maar en dit is ‘n GROOT MAAR ek benut dit wat ek jag. Daar is te veel “Jagters” vir wie dit net oor doodmaak gaan en dit in die sogenaamde naam van “bewaaring” Dan voel ek skaam om ook ‘n “Jagter” genoem te word.

Pieter ·

Hierdie verbod is ingestel om data te bekom sodat akkurate nommers aan CITES kan gegee word, en die moontlike beplanning vir bewaring in plek gestel kan word. Daar word jaarliks slegsbeperkte permitte uitgereik vir die jag van luiperde. Dit word gedoen sodat streke waar die nommers baie laag is, beskerm word, en ander streke waar daar meer is bewaring en bekamping gedoen kan word. In hierdie jaar, sal daar meer luiperds dood geskiet word as ander jare, sonder permitte, en sonder geldelike inkomste vir jagondernemings en hulle werkers. Moenie n fout maak nie dames en here, daar is boere wat luiperds sal skiet omdat hulle vee vang, en geneig is om in die aande naby aan huise te kom…. Ons sit in die ergste droogte in jare, kos is min…. Kom ons probeer mekaar onderrig in hierdie aspekte. As jag in Suid Afrika toe maak (Leeu, Olifant, luiperd, buffel, renoster) staar hierdie land n baie moelike situasie in die oe…. Bitter min mense verstaan die totale prentjie, so kom ons probeer leer en sodoende verstaan.

Fransie ·

Hoe gaan hulle bepaal hoeveel luiperds is oor? By ons loop BAIE! Daar is baie meer as wat hulle dink en hulle doen baie meer skade aan veeboere as wat besef word. Niemand vergoed jou daarvoor nie! Ek kan fotos stuur van hoe my kalfies in die bome hang!

Gerhard ·

Ai mense, kan soms nie verstaan hoekom mense menings lewer sonder die nodige kennis van die onderwerp nie. Nic en Wouter, die sogenaamde “greenies” sal altyd iets te sê het as dit by diere kom wat doodgemaak word intussen eet hulle dik filette en” t- bones” op ‘n braai. Dee as jy reg google en die regte plekke lees en verstaan wat jy lees sal jy sien en dit word bevestig deur natuur organisasies dat dat tans meer wild in die natuur is as ‘n eeu gelede in Suider Afrika. Dit is slegs gedoen deur bewaring en grotendeels vanaf die wildboer se kant af. Seker spesies sou van uitwissing gesterf het was dit nie vir die wildboer gewees nie.

Francois le Cochon ·

@Gerhard. Wildboere teel wild om hulle weer te laat skiet, om geld te maak. Hulle teel nie wild om hulle in die natuur los te laat nie. Daar is dus nie meer wild in die natuur soos jy noem nie. Miskien op wildsplase, maar nie in die natuur nie. Dit sou ‘n ander prentjie gewees het as wildboere wild teel, en dit in Kruger Park gaan loslaat. Wildboere dra NIKS by vir bewaring.
‘n Mens kan nie ‘n wilde dier skiet, en langs die dier se karkas met jou geweer sit met ‘n glimlag op jou gesig, en dan se^ jy het die dier nou bewaar nie. As dit so is, dan kan daar ook gese^ word wilde diere vang jou skape om jou skape te bewaar,

Gustav ·

Francois le Cochon, jy veralgemeen gruwelik en maak nie die regte logiese afleidings nie. Wildtelers en jagters dra miljoene by vir wildbewaring en geteelde diere dien as buffer tussen stropers en wilde diere. Daar is byvoorbeeld ‘n sterk aanvraag na leeubeendere uit Asië, maar bykans geen leeus word in die Krugerwildtuin gestroop nie. Hoekom nie? Want leeuboere voorsien die mark en maak die stroping van wilde leeus onwinsgewend. As die boere toegelaat was om wins te trek uit wettiggeteelde renosters, sou daar nie in 2015 meer as 800 renosters in die Krugerwildtuin gestroop gewees het nie! Jou stelling dat as daar gesê word jagters help om wilde diere te bewaar, kan daar ook geredeneer word wilde diere help om skape te bewaar deur hulle te vang, is bloot onsinnig. ‘n Luiperd spandeer nie miljoene van sy eie rande en werk nie van oggend tot aand om skape te teel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.