Luislang sorg vir opwinding tydens hokkiekamp

Die luislang nadat dit in 'n swembad geplaas is. Foto: HTS Middelburg / Facebook

Die luislang nadat dit in ‘n swembad geplaas is. Foto: HTS Middelburg / Facebook

ʼn Vier meter lange luislang het vir groot opwinding gesorg tydens ʼn onlangse hokkiekamp vir leerders aan die Hoër Tegniese Skool Middelburg in Mpumalanga.

Hendrik Swanepoel, die skool se adjunkhoof, het aan Maroela Media gesê as deel van die hokkiekamp by Camp Discovery in die Dinokeng-natuurreservaat buite Pretoria het die leerders Sondag op ʼn wildrit in ʼn reservaat gegaan toe wildbewaarders op die reuseluislang afgekom het.

ʼn Slanghanteerder is ontbied toe dit wou voorkom of daar iets skort met die luislang. Die slang is in ʼn afsonderlike voertuig na die kamp geneem waar dit in die swembad gesit is.

Daar is aan die leerders en onderwysers verduidelik dat die slang sou dryf as dit siek was. ʼn Gedeelte van die slang se agterlyf het nie saam met die res van die lyf gewerk nie wat die vermoede laat ontstaan het dat ribbebene gebreek is. Die slang is daarna na ʼn reptielpark geneem vir behandeling.

“Die voorval het vir groot opwinding gesorg en die leerders kon iets buitengewoons sien en leer wat hulle nie normaalweg in die dorp sou doen nie,” het Swanepoel gesê.

Maroela Media het die kamp genader om te hoor hoe dit met die slang gaan en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.