Luister: Afrikaner-belangegroepe oor ANC-vergadering

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Afrikaner-belangegroepe is van mening dat die ANC hulle op ʼn wipwaentjierit van beleidsonsekerheid lei. Die groepe het Dinsdag ʼn geslote gesprek met Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, gehad.

Die Afrikanerbond, ATKV, Voortrekkers, Afrikaanse Taalraad, Fedsas, die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie en Agri SA het die geleentheid bygewoon. Drie Afrikaanse kerke het egter uitnodigings na die geleentheid van die hand gewys.

Dr. Leon Wessels, voormalige NP-kabinetsminister, het gesê hy is bekommerd dat die ANC meer op die Vryheidsmanifes as op die Grondwet, fokus.

Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, het gesê daar bestaan ondanks gesprekvoering groot frustrasie onder deelnemers omdat dit selde tasbare gevolge het…

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV , het gesê die ANC-regering moet Afrikaans en veeltaligheid as ʼn bate beskou…

Dr. Jaco Deacon, adjunk-voorsitter van Fedsas, het gesê hy hoop die vergadering werp meer vrugte af as die voriges…

Die ANC het onderneem om deurlopende gesprekvoering te bewerkstellig en opvolggeleenthede te reël.

Die verslag is saamgestel deur Radio Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Arrie ·

Gesprekvoering ja. Tot die koeie huistoe kom. Of a la Retieef ja.

Peet Schabort ·

Dis mos nou “Demokrasie”.
Demokrasie waar die minderheid die kans gegun word om deel te neem aan hulle eie ondergang.
Die kerke het hul vir ‘n verandering nie laat vang.

Gerhard Bezuidenhout ·

Sal graag wil weet wat Leon Wessels daar soek.

chris ·

Gerhard.
Oom fw ,roelfie en hy is opsoek na die wigte en teenwigte!

Barend ·

Hkm in Vaders naam hkm sit julle met mense wat ons vermoor op strepe om ‘n tafel. Die tyd vir onderhandel is verby, ons onderhandel al vir 21 jaar en het enige iets daarvan gekom? Staan eerder saam met julle broers en hou op om geld na te jaag, die ANC was en is ‘n terroristiese organisasie hou op! Ons gewone burgers sien wat julle doen en is gekant daarteen, julle gaan ons ondersteuning en geld verloor.

Muysvogel ·

Barend jy praat sin, net een klein foutjie- FW het al in 91/92 met die proses van uithandeling, neerbuig en kniel begin.

neelsie ·

Ongelukkig is vertroue en betroubaarheid nie deel van die Anc se woordeskat nie!!
Hulle het die gans wat die goue eiers le klaar nek omgedraai.

Henk ·

Al die organisasies onder die vaandel van die Afrikanerbond. Almal wat daar is vir eie belang en nie ‘n enkele organisasie wat daar is vir die mense op straat nie!

AH ·

Die probleem is dat ons te veel “Back seat drivers “het en te min mense wat saam staan teen die klomp in die regering almal wil op sy eie mishoop kraai daarom is daar soveel vedeeltheid onder die afrikaanse stemme so hou op om kommetaar te lewer en staan saam

pieter ·

Ja waar is di ja stemmers nou seke almal oorsee ,en di manne in di hogere poste beskerm hulself gee ni om vi ander ni ,hoeveel afrikaner kinders werk vi peanuts is te bang om te kla is te bang hul verloor hul werk , maar as die swarte praat spring hulle want hul is bang vi di unies ,da nerens bevordering vi blankes nie stap by di meeste supermarkte in en jy sal sien geen wittes ni di ma een ,nou wa is regstellende aksie nou moet da ok ni wittes wees ni vra net , ja ah ons moet saamstaan – solidaritiet , afriforum doen reuse werk vi ons anc luister ni eens na hul ni ,di hoekom hul so veg vi ons regte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.