Luister: Barmhartige Samaritaan help Branch oor eindstreep

‘n Werktuigkundige werk aan ‘n Toyota tydens die Dakar-wedren. (Foto: Bernat Armangue/AP)

Die sesde skof van die Dakar-wedren in Saoedi-Arabië was die langste en uitmergelendste nóg. Die sneltrajek van 478 km het deelnemers behoorlik tussen die duine deur getoets en Botswana se Ross Branch het waarskynlik gedink sy 2020-avontuur is iets van die verlede.

Die gewilde “Kalahari Ferrari” se motorfiets het reeds vroeg in die skof wielprobleme ondervind en hy was genoodsaak om sy woestyn-ysterperd vir die laaste ent te stoot. Gelukkig was daar ’n barmhartige Samaritaan byderhand.

“Dit was seker een van my slegste Dakar-dae ooit. My band was reeds vroeg in die skof aan flarde en ek het net probeer om dit in een stuk tot by die eindstreep te maak – om nie eens van ’n sterk vertoning te praat nie,” het Branch gesê.

“Maar so 400 m vóór die eindpunt het ek my as af gesukkel om een van die duine uit te klim. Gelukkig was daar ’n deelnemer van Portugal wat teruggekom het om my te help.”

In die motor-afdeling het Toyota Gazoo Racing ’n uitstekende dag agter die stuur gehad met vier motors in die top-tien; ’n prestasie wat spanbaas Glyn Hall gróót laat glimlag.

Nasser al-Attiyah, Fernando Alonso, Giniel de Villiers en Bernhard ten Brinke was almal onder die voorste deelnemers.

  • Algehele puntestand (motors):
  1. Carlos Sainz en Lucas Crus (23:33:03)
  2. Nasser al-Attiyah en Matthieu Baumel (agterstand van sewe minute)
  3. Stéphane Peterhansel en Paulo Fiuza (agterstand van 16 minute)
  4. Yazeed al-Rajhi en Konstantin Zhlitsov (agterstand van 36 minute)
  5. Orlando Terranova en Bernardo Graue (agterstand van 43 minute)
  6. Mathieu Serradori en Fabian Lurquin (agterstand van 50 minute)
  7. Giniel de Villiers en Alex Haro (agterstand van 55 minute)
  8. Bernhard ten Brinke en Tom Colsoul (agterstand van ’n uur en 12 minute)
  9. Yasir Seaidan en Kuzmich Alexy (agterstand van twee ure)
  10. Benediktas Vanagas en Filipe Palmeiro (agterstand van twee ure en 37 minute)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

2 Kommentare

Johan Maritz ·

Wat se prestasie is dit Toyota dit is omtrent net julle en Mini wat deelneem lekker ne.

Ameli ·

Ag regtig voorheen was dit amper net mitshubishi, dit gaan oor jou ondervinding dis n moeilike wedren. Gaan nie oor die kar nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.