Luister: Boer se gedig vir reën raak harte

Foto: facebook

Ignatius op sy perd. Foto: Facebook

Ek tuur na die noorde!
waar sal my hulp vandaan kom.
Net stof dwarrels, op die wieke van die wind,
kom my verwaand temoed. (sic)

Só skryf Ignatius Erasmus (24), ʼn boer van die plaas Koedoeslaagte in die Stockpoort-distrik naby Ellisras (Lephalale). Ignatius het ʼn hartroerende gedig geskryf oor die droogte en hoe dit sy plaas en diere raak.

Ek staar hoopvol, maar beangs na die ooste,
net gestroopte bome, saam dorre struike wuif my dorstig,
vaarwel. (sic)

Ignatius sê hulle moes omtrent vasbyt tydens die droogte. “Jy kan nie eintlik veel meer doen nie. Ek weet van vasbyt, maar ek weet nie hoe die diere dit doen nie. Hulle het seker geteer op binnevet – ek kan nie vir jou sê wat hulle geëet het nie, ek kan nie, want daar is regtigwaar níks.”

Hy moes elke dag vir maande lank kyk hoe sy diere verswak en agteruit gaan. “Aan die begin het ek die maer en ou diere afgekeer en gevoer en gehoop die reën kom. Dit raak ʼn maand, en dan twee maande, en jy begin al hoe meer maer diere afkeer tot jy een oggend by jou kraal kom, en besef, maar eintlik moet jou hele kraal afgekeer word.”

Moedeloos, kwylend, soekend na versugting (sic)

Ignatius sê hy het verlede week die gedig “Pleidooi” geskryf, terwyl hy vir sy beeste gesit en wag het. “As ek die beeste roep, dan kom hulle – hulle is amper soos honde, ek het nog nooit so iets gesien nie. Ek het op die bakkie gesit en wag en dit was warm. Ek het hulle geroep, maar ek het hulle baie ver hoor bulk. Ek het net daar besef dat groot moeilikheid op pad is as dit nie gou gaan kom reën nie.”

Sy gebede is gister verhoor toe dié plaas ongeveer 15 mm reën gekry het. “Gistermiddag om 12:00 was dit bitter, bitter droog soos ek in my hele lewe nog nie hierdie Bosveld gesien het nie. En gisteraand 21:00, toe begin die reëndruppels hier neerplof, jy kan dit amper nie glo nie!”.

Dié bietjie reën is dalk net ʼn druppel aan die emmer, maar dié jong boer sê hy hou aan hoop. “Ons was altyd nog oukei, die Erasmusse boer al vir honderde jare met beeste in dié area. Baie mense glo nie meer aan beesboerdery nie en baie mense is bang om te boer – politiek maak dit vir ons onmoontlik om te boer. Ek het al familielede in plaasmoorde verloor – dis nie lekker nie, dis nie maklik nie, maar as ons gaan opgee, wat gaan word van alles? Ons moet aanhou, al wat ek het is geloof. Boere moet net weer hulle hart en kop terugkry in die grond, dan sal dit beter gaan.”

Luister Ignatius se voorlesing van sy gedig “Pleidooi” of lees dit hier onder.

Pleidooi

Ek tuur na die noorde!
waar sal my hulp vandaan kom.
Net stof dwarrels,op die wieke van die wind,
kom my verwaand temoed.

Ek staar hoopvol, maar beangs na die ooste,
net gestroopte bome, saam dorre struike wuif my dorstig,
vaarwel.

My oë vlets sidderend na die suide,
meer vermaerde bees, kom deur die doods skaduweë,
aan geslinger.
Moedeloos, kwylend, soekend na versugting
Die oë, verwytende droë wonde,
die bulke, hees en heigend.
Die horing klap, knallend van aanvaarding.
Die val, dof tog verlossend finaal…
Weg, na (miskien) groen water beke.

Ek swaai bedees na die weste,
die hitte golwe, dreun gallopend teen my aan.
Tartend en smallend,al spelend in die niet.
Die son val swaar en sugtend,
met die belofte,om terug te kom
Om my beendere verder te verswelg
my aangesig weer te kasty

Ek skreeu verwoed en verdors na die hoogste.
O Heer, waar sal my reën vandaan kom. (sic)

Ignatius Erasmus,
11 November 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Elbie ·

Dis rerig hartverskeurend! Dankie vir die reen Heer, ook in my gebied! Ons hou moed saam met jou Ignatius en al die ander boere.

Geraldine ·

Ek het lanklaas trane moes sluk soos nou. Dankie Here vir die reen.

Maggie ·

Dit gee my `n knop in die keel. Ek werk al 25 jaar in die landbou bedryf en hierdie droogte was vir my nog die ergste. Ignatius, ons bid saam met julle.

Vleisman ·

Die Erasmusse is baie goeie vriende van my. En nog nooit het ek mense nader aan die aarde en haar diere sien leef as hulle nie. Ig, jou gedig en gebed is ‘n absolute hulpkreet maar tog so mooi. Dit laat my terug verwys na Psalm 28. Wat so waar en soveel beklemtoning op julle en duisende ander boere in ons land het. Die Liewe Heer sal die gebede verhoor soos in daardie Psalm.

nelly ·

Dankie Heer U alleen bring oplossings. Vader ons kom soos Elia van ouds knielend, smekend vir vergifnis van onse sondes. Mag U onse Heer die hemelse sluise oopmaak oor ons landSuid Afrika. Dat elkeen van ons daagliks sal dankie se nadat u die aarde benat het Vader. Ons bid net in Jeus Naam, Amen

Mariana ·

Dankie Ons Hemelse Vader vir elke druppel reën wat U vir ons stuur. Vader hou asb. ook al ons boere veilig in U Vader Hande. Amen

K Seita ·

Jammer , maar hier is ‘n verduideliking waar reen regtig vandaan kom!!

Gaan na Google en tik in – How rain water is formed en sien vir jouself want dit lyk asof heelparty mense die pot mis sit as mens so na van die briewe kyk…..

EMK ·

K Seita, ja jy is reg en ons almal weet en verstaan hoe dit werk, maar die Hoër Hand is die een wat eintlik maar die kondensasie, die wolke, die water die hele proses – ALLES, geskape het. Jy soek lyk my bietjie aandag en hoop jy voel nou beter na mense jou dit gegee het.

Daan ·

K Seita
Jammer om van jou storie te hoor maar hoe dink jy word gebeur dit
Kan jy dit doen of doen IEMAND anders dit
Net die HERE kan dit doen en laat gebeur
so slik maar jou storie
Sterkte vir die boere wat nog GLO en Bib
Ek bib saam met julle

Johan Steyn ·

Seita: duidelik is jy nie ‘n boer of ‘n Christen nie. Want dan sou jy weet, sou jy elke dag op jou knieë wees, om dankie te sê vir die Here Jesus se onverdiende Genade. Dan sou jy besef dat die onheil wat ons tans beleef, as gevolg van ons sonde is.

Theo ·

HalleluYAH, HalleluYAH, HalleluYAH aan U Onse Vader, U Seun Ons Verlosser en Koning en Die Gees van afsondering.

SNEL ·

K Seita, verdamping, kondensasie…ons almal ken die watersiklus en ons almal het ook al gehoor van die liewe Elmino wat kampstig vrees in ons moet blaas, maar die punt is,die Here hou die hele wêreld in Sy hand en daai water sal nie aarde toe val as Hy dit nie wil laat val nie, maak nie saak kondensasie of de nie, Hy sal dit gee soos Hy dit wil gee, of hulle sê met die Elmino ons kan maar min of niks verwag nie, daai sluise van die hemel kan as die Here wil oopbars en dan sal die wetenskaplikes weer reg wees met een of ander rede hoekom dit nou nie gebeur het soos hulle gesê het nie. As kinders van die Here; weet ons waar ons Hulp vandaan kom en weet ons ook ons afhanklikheid van die Here. Ons sal ons oë op Hom hou en sal Hom vertrou vir nog reën, en as ons dit kry dan loof ons Hom, en as ons nie reën kry nie, dan loof ons Hom nogsteeds, maar ons sal aanhou bid en vertrou, want ons weet ons God is in beheer en NIKS is vir Hom onmoontlik nie. Kry jy eerder net jou sambreel reg en hou daai pannekoekdeeg gereed.

Barracuda ·

Ek begin lees, ek kry hoendervleis, ek lees verder en die trane loop… Ons God is so Almagtig, daar is NIKS wat ons God nie kan doen, Amen! Dankie Ignatius vir die inspirerende boodskap. Dit gaan vanaand vir die derde opeenvolgende aand weer reën in Nylstroom. Ons is so dankbaar vir elke druppel.

Charlene ·

Dis ongelooflik mooi – So mmoi en nou huil ek maar dis ok
Ek hoop en bid julle kry nog baie reen daar op julle plaas – en mag God julle familie vir nog baie jare spaar op daai plaas vir jou en jou nageslag. Julle sal geseen wees.

K Seita: Dink jy regig iemand gaan jou raad volg. Ons is so lief di die Here is amazing. Ek is jammer jy het nog nie die liefde van God in jou lewe toegelaat nie. Ek hoop jy vind dit. Dis eintlik baie lekker om `n vreugde vanuit diep in jou hart te ervaar. En nee ek het al diep water deur gemaak, selfs getwyvel…. Was deur wat min mense sal oorleef maar ek het bly staan en dit net te danke aan die Here en my familie.

Ignatius die Bybel sê baie van dat jy en jou nageslag geseen sal wees in julle land… Ek glo God sal jou seen en jou na geslag seen in ons land. Die reen wat nou so mooi val is WOW.

en dit na die mense wat ook daar goed op google gesit het, ons kry eers laat Feb 2016 reen. Wel dan pee die voels seker maar baie as dit nie reen is nie.

God bless you all

Andrew ·

Wees stil en weet: Ek is die Heer. Stilsit met ons unieke wese soos ons geskape is, en so voor God ons Vader met geloof, en vertrouend op Sy genade, gehoorsaam strewe na Sy wil, om dit te doen. Stil en met ware berou vir ons wereldsheid; laat ons tot Hom ons lief en ons leed bekend maak.in geloofsgebed. Laat ons in Hom bly wees. Altyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.