Luister: Chris Chameleon oor die krisisberaad en erfenis

Chris Chameleon (Foto: Chris Chameleon, Facebook)

Chris Chameleon (Foto: Chris Chameleon, Facebook)

Die musikant Chris Chameleon het gister sy ondersteuning getoon deur die Solidariteit Beweging se krisisberaad in Pretoria by te woon. Chameleon, wat deel was van die meer as 1 500 mense wat dié geleentheid bygewoon het, het op sosiale media daarna verwys as ʼn “doenskrum eerder as ʼn dinkskrum”.

Chameleon het aan Maroela Media gesê hy het die geleentheid bygewoon omdat dit oor erfenis in Suid-Afrika gaan. “Dit is natuurlik ʼn erfenis wat spesifiek op my betrekking het, maar ek dink dit is ook in breër trekke belangrik vir almal, want die oomblik as enige bepaalde groep se erfenis aangetas word, plaas dit ander groepe se erfenis dadelik in gedrang.”

Chameleon het ook die volgende op Facebook gesê: “Sonder om daarvan ʼn rasseding te maak, sonder om na die verlede te verlang en sonder enige dreigemente het hierdie beraad vandag daarin geslaag om die Afrikaners teenwoordig te vind (in die woorde van Flip Buys ‘Laat ons verskille ons nie verdeel nie’) en ʼn kompas in te stel vir ʼn toekoms waarin Afrikaners stappe gaan neem om hierdie krisispunte reg te maak.”

Op Twitter het hy ook die volgende gesê:

Die tema van die krisisberaad was “Ons is hier om te bly” en Chameleon het op Facebook gesê dat dit beter sal wees om hier te bly indien daar hoop is. “Die hoop maak jy met jou hart, en die verbetering maak jy met jou hande,”

Lees meer hier oor die krisisberaad.

Lees die volledige Facebook-inskrywing van Chameleon hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Neptunus ·

Dis opbeurend as werklik talentvolle kunstenaars soos Chris standpunt inneem, sonder allerlei reklamefoefies of opswepery. Wonder wat die ander – wie dalk beter verkope het ongeag hul vermoëns – se standpunt is?

Jean ·

Miskien weet ek net nie wat erfenis is nie, maar sekerlik kom dit tweede as ons van sistematiese uitmoor van ‘n ras praat? Wat sou jy eerste plaas? Jou gesin of jou taal? Jou Redder of ‘n monument? Wat is erfenis?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.