Luister: Knysna-strande gesluit ná haai-aanvalle

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Die strande in die Knysna-omgewing waar twee withaai-aanvalle die afgelope tyd voorgekom het, is vir ʼn onbepaalde tyd gesluit.

Georlene Wolmarans, burgemeester van Knysna, het die aankondiging gemaak te midde van die vakansieseisoen en ʼn besluit sal geneem word oor die oopstel van die strande.

Maroela Media het vroeër berig Dylan Reddering (23) is Vrydag op sy branderplank by Lookout-strand in Plettenbergbaai aangeval en Caleb Swanepoel (20) is Saterdag by Buffelsbaai, naby Knysna aangeval. Hy het sy been verloor.

Al twee die slagoffers was Ikey-studente en is vermoedelik deur ʼn witdoodshaai aangeval.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut waarsku vakansiegangers om uit die see te bly tot dit veiliger is.

Enrico Gennari, ʼn haaikenner van Oceans Research in Mosselbaai, sê gerugte dat dieselfde haai vir albei die voorvalle verantwoordelik was, is onwaar. Hy sê daar is ʼn sardienloop in die gebied en dit lei tot die teenwoordigheid van talle roofvisse.

Jeremy Cliff, hoof van navorsing by die KwaZulu-Natalse Haai Raad gee moontlike redes waarom haaie mense sou aanval. Hy sê ook die kans dat dieselfde haai vir albei aanvalle verantwoordelik was is baie skraal.


Die verslag is saamgestel deur Radio Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dave ·

Ek woon op ‘n skiereiland waar haaie aan 3 kante van ons woning in die water is. Dit maak nie van my ‘n kenner maar laat my vry voel om ‘n eie opinie uit e spreek. Die feit dat die haaie klaarblyklik een maal gehap het en nie van die smaak gehou het en uitgespoeg het, bring die besef na vore dat ‘n branderplank van onder soos ‘n rob lyk. Die haaie het gedink dat dit ‘n rob is en na die besef dat dit nie is wat op die spyskaart is, het hulle ander eetplek gaan soek. Dink self daaroor wat ‘n haai met een ernstige hap kan doen. Dit is uiters selde indien ooit dat ‘n haai ‘n tweede keer aan ‘n menslike slagoffer byt. Dit is ook die rede waarom slagoffers dikwels die aanvalle oorleef.

Rissiepit ·

Dave, ek stem… As jy in die see gaan, is jy in HULLE habitat, elke “surfer” weet waarvoor hy hom inlaat as hy die branders aanpak.

Paplepel ·

Ek voel so oor trofee jag. Dis die dier se habitat. Gaan vat hom aan op sy eie terme met ‘n mes. As jy nog kan terugkom met die trofee horings, dan kan jy praat.

Eliza-beth ·

Dave, Rissiepit en veral Paplepel – stem 100% saam. Ek respekteer hul habitat so ek swem nooit in die see :D! Eintlik is ek vrek koulik, selfs Mauritius se warm seewater is vir my maar nog te koel!

Se maar net ·

Ek respekteer die haai, en ek neuk nie diep in die water in nie, want ek staan geen kans teen hom nie. Dus stap ek op die strand en verkyk my aan die klomp wat so diep ingaan. Doen jouself ‘n guns, gaan op in die helikopter dan sien jy hoe le daar die groot haai net agter die brander. En dit strek nou van Kleinbrak tot by Diaz.

haai-liefhebber ·

Ek stem 100% met julle almal saam in die opsigte van dat dit sy habitat is waarin ons gaan staan en inneuk (dan sien van die “omies” nog kans daarvoor in n skrale speedo ook)… Maar dis sulke goed wat maak dat die mensdom haaie haat en vrees, pleks daarvan om die kans te gebruik om te leer van hierdie pragtige diere… Soos Dave gese het, die haai het net een keer gehap en besef dis nie sy tipe ete nie…n Haai is n nuuskierige dier wat goed ondersoek deur te “proe”, daar is baie goed wat gepaard gaan met hoekom n haai “aanval”, onder andere is hulle ingestel op elektriese impulse in die water. Elke beweging wat jy in die in water maak stuur n elektriese impuls uit, en as dit die haai se aandag vang en hom interesseer, gaan hy ondersoek instel om te kyk wat aangaan. Soos my pa altyd se.. Hy sou jou ook byt as jy by sy huis aankom in niks behalwe n speedo en sonroom nie… Maar van die os op die jas, soos Rissiepit gese het.. Hulle weet waarvoor hulle hulself inlaat en die gevare van hul sport. As hulle nie die “punch” kan vat of nie die groot oseaan en al sy diertjies, of sal ek se reuse, kan respekteer nie moet hulle maar liefs op die veilige strande met net hul voetjies in die water bly.

Dave ·

Haai haai-liefhebber :-) dit is na wowat twee weke toevallig dat ek weer hierdie skakel oopmaak en jou skrywe raaksien. Dankie dat jy geskryf het al is dit so lank na die oorspronklike plasing – en dit is lekker om te lees van mense wat die natuur waardeer vir wat dit is. Haaie stap nie rond op die strand so as op hul ‘strand’ gewaag word is dit ‘n gewaagde risiko. Ek meen, wie stap rond in die Kruger Wildtuin!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.