Luister: LUR gekap oor uitgelekte klankopname

Faith Mazibuko. Foto: ANA

Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, moet bontstaan oor ʼn uitgelekte klankopname waarin sy op werknemers skree en glo druk vir projekte om voort te gaan sonder die nodige tenderprosesse.

Mazibuko se departement het egter in ʼn verklaring gesê dat die LUR in geen stadium tydens die vergadering met personeel onwettige opdragte gegee het nie, maar net klem gelê het op die belangrikheid daarvan dat die departement sy beloftes nakom.

“Die LUR het nog altyd geglo dat die implementering van projekte vinnig en binne die voorskrifte van die wet gedoen moet word. Die LUR ontken alle aanklagte van inmenging in administratiewe aangeleenthede.”

Die departement het egter nie ontken dit is Mazibuko se stem wat in die klankopname gehoor kan word nie. Die Mail & Guardian se amaBhungane-eenheid het Woensdag die klankopname gepubliseer.

In die opname kan gehoor word hoe Mazibuko op bestuurders in haar departement skree oor sportfasiliteite, sogenaamde gekombineerde sportbane, wat so gou as moontlik by verskeie gemeenskappe opgerig moet word. Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe twee vroue vir Mazibuko die versekering gee dat die fasiliteite opgerig sal word solank as wat dit volgens wet gedoen word.

Mazibuko raak woedend en skree op die bestuurders dat die fasiliteite opgerig moet word of hulle hul bedankings moet indien.

Die LUR bulder bo‑oor die vroue en weier om hul verduideliking te hoor dat daar nog nie kontrakte gereed is om die fasiliteite op te rig nie.

“Ons wil dit gebruik vir ons veldtog om die verkiesing te wen. Hoe ook al julle dit doen…selfs al gaan rig julle dit self op of doen dit met toorkuns…julle beter dit doen. ”

Mazibuko sê dan ook vir die twee vroue dit blyk haar pogings om vroue te bemagtig deur hulle aan te stel word in haar gesig gegooi.

“Dit is duidelik dat julle nie gereed is om in die omgewing te werk nie. Julle beter julle werk doen of waai … watter ander departement het ʼn wit vrou as hoof van die departement? Niemand, behalwe nasionaal. Dit is hoekom sommige departemente nie ʼn Indiese of wit vrou soek nie … en dit gaan nie oor rassisme nie.

“Hierdie vrouebemagtiging … ek het dit te ver gevat en nou word dit in my gesig gegooi … gaan doen julle werk. Julle twee is die gelukkiges, julle moet my bedank.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Johan ·

Wette, reëls en regulasies word net gebruik as dit sekere mense pas. Sy gaan soos ‘n diktator tekere!

Theresa ·

Lekker man, lekker. Ons mag mos en sal ons wys sy sal!! Sy gaan ook net oor die vingers getik word en daarvan gaan niks kom nie!

Eben ·

Sy gaan NIE oor die vingers getik word nie maar bevorder. Maar was dit n wit vrou wat so skree was die eff reeds ook op n wa gespring.

Niek ·

Praat van nie gereëd wees vir ‘n pos nie. Om nie te praat van geskiktheid nie.

Ander Annie ·

Ongeskikte mens. Sy praat met haar Senior Bestuurders asof hulle gemirs is. Jy kan aan haar stem hoor dat sy geen respek het vir ander nie. Bombastiese Boelie.

Jan ·

Jammer maar ek sou daai bitsige mond van haar “ge-toela” het met ‘n klap as sy so met my moes praat! Jy kan ook net vir so lank weg kom met jou skelm streke en dan word jy geopenbaar!

Gautvol ·

Ge-openbaar beteken vir hulle niks.
Geen gewete. Ly aan vervolgingswaansin.

B ·

Ek moet bieg, ek raak ook soms ongeduldig vir die nimmereindegende voete-sleepsloerstaking van sekere van my werknemers, wat my dan ook noop om meer ferm op te tree so ek het half simpatie (uit beginsel) met haar situasie.

Anne ·

Nee wat jong vir haar swak onproffesionele gedrag is daar nie verskoning nie, gee die persoon darem kans om klaar te praat. Bombasties en ongeskik wie dink die mev is sy , duidelik nie bevoeg om in haar pos te wees nie

B ·

Jammer Anne, ek kon nou eers luister (het my antw gebaseer op wat ek gelees het) – ja sjoe, jy is 100% reg!

erika ·

LUR ek dink jy moet bedank..
daardie mense is nie jou honde nie! Dit is nou as niks in so pos ingesit word..
Staan sterk julle, julle verdien om daar te wees en sy nie!!
Wonder waar die ANC vroue liga nou is???

Speedguard ·

Ongelukkig het ek en my kollegas die selfde pad moes stap toe ek in Provinsie was van 1984 tot laank toe, ons was verniel maar moes ons dit maar vat , wat kan jy doen ?

Melanie ·

Speedguard, ek was jare in die Finansiele Sektor. Ek en ander blankes het erg deurgeloop. Ons moes ook stilbly anders was ons werk daarmee heen.

Jan ·

Nou is sy reg vir ministerspos, so word daarvoor elke verkiesing gou n paar projekte begin, sportfasiliteite, krag ens, daarom moet dit NOU gedoen word, so gaan dit nog met elke verkiesing, maar as dit verby is, spits almal van die aan bewind en ons weet wie hulle is toe om te korrupteer en verder niks te doen tot die vlg verkiesing. Dae voor verkiesing word die armstes vd armes toegegooi met kospakkies en t-shirts, vir daardie laaste bietjie omkoop. Wonder watse beloftes gaan tot en met die verkiesing weer gemaak word.

jennefer ·

Jul moet sien hoe gooi hul fondasies vir RDP huise in limpopo, die mense dink hul kry huis en stem maar weer anc

Dit is rassisme ·

HOE BEDOEL JY DIT GAAN NIE OOR RASSISME NIE?? Geen wit of Indier bestuurders nie en dit is REG? Dit is NIE RASSISME NIE? AS ‘n WITTE net daarna heHINT het is hy gefire . julle het dubbele standaarde . laat sy VERHOOR WORD en dank haar af.

ChrisE ·

Ek is op die ouderdom van 39 met ‘n pakket weggejaag. Almal sal nou sê, ek kon geweier het. Daar is in my gesig gesê, ons vertrou jou nie. Ek is geignoreer/vermy/nie meer werk gegee nie. Daar het vakante poste vakant gebly. Ek was voldoende gekwalifiseer om die poste te vul. Daar is selfs gepoog dat ek beskuldig kan word van diefstal. Daar was ook voltyds ‘n verdagmakery teen my. Die situasie het onuithoubaar geword. Ek is finansieel slegter daaraan toe, maar my siel, gemoedsrus en selfbehoud is nie verkwansel nie

Sterkte Chris ·

Ja jis hulle kan dit ondraaglik vir ‘n mens maak . Hulle hou elke beweging van jou dop en elke stemtoon word ontleed sodat hulle kyk of hulle jou nie dissipliner kan aankla nie. Hulle gaan vir ure uit met ete maar jy is later te bang om uit te gaan want jy word dopgehou. Ekt ook daardie pad gestap, is ook finansieel slegter daaraan toe maar sal dit nooit ruil vir waar ek nou werk nie. Tussen opgevoede mense wat ordentlik met ‘n mes en vurk eet, wat nie spoeg op jou as hulle met jou praat nie, wat jou nie kort kort provoke of uitdaag nie ..

Lyn ·

So baie van ons is vertrap en verneder tot ons maar bedank. Selfs pakket geweier. Gestudeer by universiteit en met onderskeidings geslaag om myself nog beter te kwalifiseer. Diegene wat druip word bevorder. Na 30 jaar uitgestap sonder eens ń koppie tee as afskeid. Drie jaar voor ek amptelik met pensioen kon gaan. So ja finansieel verloor ons, maar wen in gemoedsrus. Organisasies verloor kundigheid, maar niemand gee om nie.

anntjie ·

Net soos hulle is, skreeu as hulle moet praat, gooi gou-gou die gewig rond soos dit hulle pas, doen net wat hulle wil. Wag maar eendag is eendag, dan gaan die bordjies verhang word!

Thinus ·

Nog ‘n onbevoegde, korrupte ANC kader en rassis wat nie ‘n clue het hoe om ‘n departement te bestuur nie. Sy is net so useless soos die res van hulle.

Blommie ·

Daar gaan niks van kom nie.
Dis hoekom daar soveel korupsie het, want MAG word MISBRUIK
En dan kom hulle weg daarmee.
Tiepies ons land, net mooi geen toekoms hier vir ons kinders nie

Gollie ·

Sy praat nie met haar man en kinders so nie sy sou dit by my gehoor het.Ek is nie in die skool meer nie.

Moegesukkel ·

Bedank De Klerk en Kie.
Hy julle lekker rat voor die oe gedraai.

Andrew ·

Nee, Moegesukkel. Daar was mos so baie wigte en teenwigte ingesluit dat niks verkeerd kon gaan nie. Net jammer hulle het niks van Afrika verstaan nie.

fred ·

en daar is honderde van hulle wat net daar is omdat hulle die regte velkleur het en ander mense kan boelie…sy vergeet dat ook die blankes betaal vir haal groot kar en luukse lewes styl…sy moet ons bedank en baie nedrig wees…gee hulle n biekie en dan word hulle oornag klein diktatertjies…..swak selfbeeld en min kennis van beskaafde omgangsnorme…arm suid-afrika

honourable member ·

Dis hoekom die hele land so lyk . Hierdie mense het geen leierskap vermoe nie en wil hulle outokratiese leierskap op almal afdwing. Dit gaan so as jy mense aanstel op grond van kleur en geen bekwaamheid nie. Watse respek het personeel vir so iemand.

Annalise ·

Siestog. Sy dink omdat sy n bril op die neus het dat sy nou slim en verhewe is.

Willie ·

Geen oplieding van n dag oud, geen leierskap eienskappe nie! Met n goue leppel gevoer, en nou is klomp baie slim en ja bo alle wette..dit kom mos die current advantaged toe! Gemors in my oe!

TTh ·

Hoekom praat sy so swak, skree, agressief, verwaand, hoogmoedig, wat ‘n swak onbeskaafde karakter het sy nie – die landsbewoners word geregeer deur sulke onbeholpenes, wat ‘n SKANDE!

Marietjie Blignaut ·

So Hugo, eintlik wil jy maar net bevestig dat die 2 wit dames lankal al hul poste moes ontruim???

Riaan ·

As jy onbevoeg is bou die stress baie vinig op veral as die base resultate soek want hulle is onseker van wat 8 Mei gaan gebeur

Hannah ·

Dis mos nou n baie duidelike aanduiding van haar vlak van integriteit.

Gert J ·

Tipies ANC DIKTATOR hulle gaan haar nou seker parlement toe vat

George ·

Sal nogal graag wil sien wat die SABC-nuus vanaand te se het daaroor.

Hans ·

Hier is werk vir die MRK,Gelykheidshof en SAPD om te doen. Ten eerste moet sy afgedank word en ten tweede R150 000 boete en 3 jaar gevangenisstraf opgelê word.

Johanna Botha ·

Niemand verdien om so mee gepraat te word nie ….geen klas …..GEEN !

Lana ·

Ek raai – sy het die pos gekry omdat haar party regeer en omdat sy nie wit is nie. Verder het sy nie ‘n idee van wat aangaan nie. Kan nie eers ander mense met respek behandel nie.
Ek sal so ‘n persoon nie eers as ‘n huishulp aanstel nie. Laat staan nog ‘n pos in die regering!!!

Adele ·

As Mazibuko verteenwoordigend is van die deursnee ANC politikusse, is dit glad nie vreemd dat die land in so ‘n gemors is nie. Haar arrogansie en magsbeheptheid is betreurenswaardig. Die reaksie van die mense met wie sy praat laat my dink aan ‘n hond wat haar ore platrek en onderdanig afsak tot op haar pens. Ek het géén simpatie met enigiemand wat vir die ANC gestem het en weer gaan stem nie. Kry vir julle!

Michael ·

Adele die mense is niks gewoond nie. en ek hoor op die klankband hoe beskaaf die ander 2 dames klink verstaan jy hoekom die land in so n GROOT gemors is.

Vusi ·

As ek die klankgreep moes hoor sonder enige ander inligting sou ek dink dis Adolf. Adolf Hitler.

Andreas ·

Hierdie is maar die oortjies van die seekoei, daar is nog baie ander in hoog-geplaasde posisies wat dit dink maar dit nie sê nie.

Spike ·

Hierdie onbekwame comrade en kader is ñ verleentheid vir wittes.

ALTA ·

is dit dieselfde antie wat geskreeu het: die wittes moet bly wees hulle het nog werk! Wie dit ookal kwytgeraak het, ek gaan vir seker nie vir JOU dankie se nie! God bly my Bron en AL my dankies gaan na Hom toe!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.