Luister: Manne trap 6 000 km in fietstoer om God in skole te hou


Derik-en-Ds-Henk-Fietstoer

Derik Francis en ds. Henk Stavast pak ‘n fietstoer aan om te verseker dat skole steeds godsdiens kan beoefen. Foto: Verskaf.

Dominee Henk Stavast van die Gereformeerde kerk Totiusdal en Derik Francis van die NG kerk Moreletapark in Pretoria gaan Maandag op hulle fietse spring en ʼn fietstoer van meer as 6 000 km deur Suid-Afrika aanpak.

Hulle doen dit om bewusmaking te skep vir die hofsaak waarin ses Afrikaanse skole voor die hof gedaag word in ʼn poging om skole te verbied om godsdiens te beoefen.

Esté Meyer Jansen het met Stavast en Francis oor die fietstoer gesels.

  • Jy kan die manne se fietstoer volg op die Hou God in Skole Facebook-blad of deur die webwerf houGodinskole.co.za te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Voorspoed en mag God se genade met julle wees op die aardse pad wat julle gaan aanpak.
Mag julle doelwit vrugte afwerp.
LAAT DIE WIELE ROL !!

Cynthia van Wyk ·

Sterkte met jul groot projek. Sal julle elke dag volg vir ondersteuning. Glo julle doelwit gaan vrugte afwerp. Voorspoed, God se ganade sal met jul wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.