Luister: Moet jou vuurwapen saamry of tuisbly op vakansie?

Foto slegs ter illustrasie. (Foto:
Tom Def/Unsplash)

Terwyl jy dalk gereed is om jou tasse te pak en ʼn welverdiende blaaskans te neem, is dit ongelukkig ook so dat misdaad nie op vakansie gaan nie.

Verantwoordelike vuurwapeneienaars kan kies om hul vuurwapens saam met hul te neem, maar as jy in Suid-Afrika met ʼn vuurwapen wil reis, moet jy verseker dat jy die land se vuurwapenregulasies streng gehoorsaam.

Maroela Media het gaan uitvind hoe jy veilig en gemaklik met jou vuurwapen kan reis en selfs vakansie kan hou. Die paneelkenners in die ateljee is Heinke Hartdegen van die opleidingsentrum Bravo Tactical Africa, en Ian Cameron en advokaat Henk Nolte, albei van Firearms Guardian.

Heinke en Ian glo verantwoordelike vuurwapeneienaars sal waarskynlik verkies om hul vuurwapen saam op reis te neem.

Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.

  • Hierdie reeks podsendings wat verantwoordelike vuurwapeneienaarskap bespreek, is moontlik gemaak deur Firearms Guardian. Besoek Firearmsguardian.co.za vir meer inligting en nog handige gevallestudies.
  • Luister hier na die eerste episode van die reeks gesprekke wat verantwoordelike vuurwapenbesit onder die loep neem.
  • Luister hier na die tweede episode waar die paneel bespreek wat jy kan verwag as jy wel jou vuurwapen moes afvuur.
  • Luister na die derde episode uit die reeks waar teenklagtes van misdadigers bespreek word.
  • In die vierde episode van die reeks word verantwoordelike vuurwapeneienaarskap in die jagveld en teen probleemdiere op plase bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Papsak ·

Ag asb is hier nog regulasies baie van ons het nie eers n vuurwapen nie ?????

Nicky ·

Wat as hulle hulsef voordoen as polisie en jou wapen wil sien en hom ondersoek, hy sal eers aan my moet bewys hy is die polisie

Oom Kaspaas ·

Rather have it and don’t need it ….. than need it and don’t have it !!!

Prinses Bella ·

Ek wag vir die episode waar bespreek word hoe boere te werk moet gaan om te voorkom dat feitlik al die wapens op al die plase in Suid-Afrika uit kluise gehaal word en aan moordenaars oorhandig word. Net sodat nog boere beroof en vermoor kan word, en nóg wapens vir hulle op ‘n silwer skinkbord oorhandig kan word. Dit verstom my dat hierdie verskynsel, waar boere ‘n magdom wapens aanhou, maar dit nooit aan hulle persoon het sodat hulle hulself kan beskerm wanneer dit nodig is nie. As ‘n oud polisielid en self ‘n oud sport skutter, kan ek net nie kleinkry waarom dit nog nie aangespreek is op enige platform nie. Hoeveel van ons boere se wapens is al in omloop omdat dit in kluise toegesluit was toe hulle of hul vrouens dit nodig gehad het? Ek sal graag daardie statistiek wil sien. Ek begin insien waarom daar ‘n Gunfree SA beweging is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.