Luister: Nasser die kampioen in sy Toyota!

Nasser al-Attiyah vier sy spogoorwinning in die Dakar-veltydren van 2022. Foto: Franck Fife/AFP.

Toe die spanbase van die Toyota Gazoo Racing-span verlede jaar hul splinternuwe voertuig in Johannesburg bekendgestel het, het hulle gesê dat die titel een van hul Dakar-doelwitte is.

Nou ja, hul drome het pas ’n werklikheid geword toe Nasser al-Attiyah as die Dakar-kampioen van 2022 aangewys is.

Dit is die 51-jarige deelnemer van Katar se vierde Dakar-oorwinning nadat hy ook in 2011, 2015 en 2019 met die louere weggejaag het.

“Hierdie was ’n ongelooflike Dakar-wedren vir die span. Ons laaste sege was ’n paar jaar gelede en alles het nou net goed uitgewerk,” het Al-Attiyah ná die finale skof gesê.

’n Duidelike bewys dat alles inderdaad reg vir hom en Matthieu Baumel in hul Suid-Afrikaans geboude Toyota geloop het.

“Ek wil almal vir hul ondersteuning bedank; hierdie oorwinning is vir my baie spesiaal omdat die tydren in my agterplaas aangebied word.”

Dit was ongetwyfeld ’n goeie dag vir Suid-Afrika met Henk Lategan wat die 12de en laaste skof in sy Hilux gewen het.

Algehele uitslae:

  1. Nasser al-Attiyah en Matthieu Baumel (Toyota Gazoo Racing): 38:33:03
  2. Sebastien Loeb en Fabian Lurquin (Bahrain Raid Xtreme): +00:27:46
  3. Yazeed al-Rajhi en Michael Orr (Overdrive Toyota): +01:01:13
  4. Orlando Terranova en Daniel Carreras (Bahrain Raid Xtreme): +01:27:23
  5. Giniel de Villiers en Dennis Murphy (Toyota Gazoo Racing): +01:41:48
  6. Jakub Przygonski en Timo Gottschalk (X-Raid Mini JCW Team): +01:53:06
  7. Mathieu Serradori en Loic Minaudier (SRT Racing): +02:32:05
  8. Sebastian Halpern en Bernardo Graue (X-Raid Mini JCW Team): +02:38:26
  9. Mattias Ekstrom en Emil Bergkvist (Team Audi Sport): +02:42:11
  10. Vaidotas Zala en Paulo Fiuza (Teltonika Racing): +03:31:55
  • Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Stephie Vetter van die Southern Africa Dakar Group hou ons op hoogte van wat in die Dakar-tydren gebeur en hoe dit met ons Suider-Afrikaanse deelnemers gaan.

Hier gesels hulle op die vooraand van die finale skof met Al-Attiyah en Giniel de Villiers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grens ·

Baie geluk, Toyota en Nasser. Dit was ‘n goeie een gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.