Luister: Ongelukkigheid oor nuwe beurtkragrooster vir Pretoria

Jakarandabome in Pretoria

Jakarandabome in Pretoria

Die Tshwane Metro het ʼn nuwe beurtkragrooster vir Pretoria bekendgemaak.

Die rooster is ingestel om die verspreiding van beurtkrag in die stad meer eweredig te maak.

Ina Strydom, die DA se woordvoerder oor elektrisiteit, het aan Radio Pretoria se Klankkoerant gesê die rooster is nie wel deurdag nie…

Piet Uys, die VF+ se woordvoerder, het gesê hulle is baie ongelukkig oor die nuwe rooster…

Klankkoerant het ook met ’n paar mense gesels om hul menings te kry oor die nuwe rooster…

Klik hier vir die nuwe beurtkragrooster.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nicolene

Hoe bedryf mens ‘n besigheid met die nuwe beurtkrag rooster? Al hoe meer huiswerkers gaan hul werk verloor as “voltydse” werknemers want hoe sal ons daarby baat om iemand te betaal vir werk wat nie gelewer kan word nie? Hierdie “regering” verarm hul EIE mense net nog meer en dan word daar steeds meer geweld en misdaad gepleeg teen die wittes (ons wat hulle darem nog ‘n inkomste kan verseker)!

Sue

Ek is dankbaar dat dit gedoen is, vandat kragonderbrekkings begin het was ons huis elke aand tussen 6.00 en 8.30 sonder krag. Somtyds is daar vergeet om weer aan te skakel en was ons maklik tot na 12 in die nag sonder krag! Dalk kan ek ook nou saans na werk my gesin lekker warm kos gee.

Yolande

Ons is in Groep 3 van Tshwane se beurtkrag skedules (voorstede soos Booysens, Claremont, Pretoria Tuine en ander). Sou fase 3 beurtkrag plaasvind, sal ons Dinsdagoggende vanaf 04:00 tot 8:30 (vier en ‘n half ure) sonder krag wees, want Groep 3 is in twee aaneenlopende tydsgleuwe geplaas. Verder kry ons baie meer as ons regverdige deel van die “mees ongerieflike” tye, bv. 04:00 to 06:30 (wanneer mens wil regmaak om te gaan werk), en 16:00 tot 18:30 (wanneer mens wil aandete maak). Dis die twee tye van die dag wat mens wil krag hê. Sou Fase 3 beurtkrag vir ‘n… Lees meer »

Deon

Ek is baie bly oor die nuwe rooster. Ek het elke aand van 20.00 to 22.30 beurtkrag gehad terwyl almal lekker tv kyk. Ten minste kry almal nou n beurt om op ongemaklike tye beurtkrag te hê. Daar is buurte soos Colbyn in Pta wat glad nie beurtkrag het nie. Hoe werk dit?

Angie

Ons bly in Mountain view teen die berg en kyk uit oor die Stad. Daar brand die ligte elke aand soos helder daglig. Nog nooit gesien dat dit eenkeer in die aand af is nie, en ons kry byna elke aand vanaf 20:00. Hoekom elke liewe gebou se ligte moet brand, dag en nag, weet ek nie.