Luister: Ongelukkigheid oor nuwe beurtkragrooster vir Pretoria

Jakarandabome in Pretoria

Jakarandabome in Pretoria

Die Tshwane Metro het ʼn nuwe beurtkragrooster vir Pretoria bekendgemaak.

Die rooster is ingestel om die verspreiding van beurtkrag in die stad meer eweredig te maak.

Ina Strydom, die DA se woordvoerder oor elektrisiteit, het aan Radio Pretoria se Klankkoerant gesê die rooster is nie wel deurdag nie…

Piet Uys, die VF+ se woordvoerder, het gesê hulle is baie ongelukkig oor die nuwe rooster…

Klankkoerant het ook met ’n paar mense gesels om hul menings te kry oor die nuwe rooster…

Klik hier vir die nuwe beurtkragrooster.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Nicolene ·

Hoe bedryf mens ‘n besigheid met die nuwe beurtkrag rooster? Al hoe meer huiswerkers gaan hul werk verloor as “voltydse” werknemers want hoe sal ons daarby baat om iemand te betaal vir werk wat nie gelewer kan word nie? Hierdie “regering” verarm hul EIE mense net nog meer en dan word daar steeds meer geweld en misdaad gepleeg teen die wittes (ons wat hulle darem nog ‘n inkomste kan verseker)!

Bets ·

Beplanning, beplanning, beplanning. Ons het elke aand beurtkrag vanaf 8 uur omdat fase 2 gewoonlik eers 4 of 5 uur begin. Die mense wat so gelukkig is om huiswerkers te kan bekostig, moet beter beplan en die werksure verander. Hierdie nuwe rooster is baie regverdig.

Elsie ·

Ek stem. Die nuwe rooster is baie regverdig. Ons krag het klokslag 20h00 in die aand af gegaan.

Lizzie ·

Ek stem. Ons het elke aand 8 uur sonder krag gesit, terwyl ander nooit beurtkrag gehad het nie. Daar is ook niks verkeerd om ‘n kersie op te steek en dan jou boeke te vat nie. In die ou tyd was daar met kerse om die tafel gesit.

Paul ·

Watter verskil is daar wat ‘n besigheid betref, Nicolene?

Voorheen was daar beurtkrag 2 ure per dag tydens Fase 1 en 2. Dis steeds dieselfde.

Voorheen was daar beurtkrag 4 ure per dag tydens Fase 3. Dis nou 6 ure per dag, maar let op dat 2 van daardie ure altyd van 22:00 tot 06:00 val. Daardie is tye wat Eskom nooit eers Fase 1 beurtkrag instel nie, wat nog te sê van Fase 3. Dit beteken die 5de en 6de ure van beurtkrag tydens Fase 3 is slegs teoreties – dit sal nie werklik plaasvind nie.

Vergewis jou van die feite en jy sal ‘n sug van verligting slaak.

Sue ·

Ek is dankbaar dat dit gedoen is, vandat kragonderbrekkings begin het was ons huis elke aand tussen 6.00 en 8.30 sonder krag. Somtyds is daar vergeet om weer aan te skakel en was ons maklik tot na 12 in die nag sonder krag! Dalk kan ek ook nou saans na werk my gesin lekker warm kos gee.

Bets ·

Ek stem saam met jou. Ons het ook elke aand beurtkrag omdat fase 2 gewoonlik eers 4 of 5 uur begin. Party mense het noooooit beurtkrag nie en ons elke dag. Hierdie nuwe rooster is beslis baie regverdig.

Yolande ·

Ons is in Groep 3 van Tshwane se beurtkrag skedules (voorstede soos Booysens, Claremont, Pretoria Tuine en ander). Sou fase 3 beurtkrag plaasvind, sal ons Dinsdagoggende vanaf 04:00 tot 8:30 (vier en ‘n half ure) sonder krag wees, want Groep 3 is in twee aaneenlopende tydsgleuwe geplaas. Verder kry ons baie meer as ons regverdige deel van die “mees ongerieflike” tye, bv. 04:00 to 06:30 (wanneer mens wil regmaak om te gaan werk), en 16:00 tot 18:30 (wanneer mens wil aandete maak). Dis die twee tye van die dag wat mens wil krag hê. Sou Fase 3 beurtkrag vir ‘n week lank toegepas word, sal ons vyf dae uit die sewe nie elektrisiteit hê wanneer dit tyd is om aandete te maak nie. Tog is daar verskeie ander groepe (Bv. Groepe 1, 2, 7, 9, 10, 12 en 13) wat glad nie hierdie tydsgleuf kry nie, en ander groepe (4, 5 en 15) wat dit slegs een of twee keer per week kry. Groep 3 kry ook nooit die “gerieflike” beurtkragure, soos bv. 00:00 tot 02:30 in die oggend (wanneer die meeste mense slaap) of 22:00 tot 00:30 (wanneer mens ten minste klaar gekook het) nie – altyd net die mees ongerieflike moontlike tye. Dis onregverdig. Almal haat beurtkrag, maar Tshwane kan ten minste net probeer om die tye eweredig te versprei sodat almal min-of-meer ewe veel verontrief word!

Vrede ·

Die groepe waarvan jy praat kry al van die begin van beurtkrag elke aand tussen 20:00 en 22:00 beurtkrag. Ek dink dit is net reg dat ons bietjie krag in die aand kry. Ons kry nogsteeds vrydae en saterdae tussen 20:00 en 22:30 beurtkrag.

Paul ·

Jy het die feite verkeerd, Yolande.

Groep 3 het nie tydens Fase 3 beurtkrag Dinsdagaande van 04:00 tot 8:30 nie. Groep 3 is nie in twee aaneenlopende tydgleuwe nie. Kyk weer. Jy lees die rooster verkeerd.

Dis van 02:00 tot 04:30 in die oggend. Dit sal nie eers werklik gebeur nie, aangesien Eskom daardie tyd van die dag nooit eers Fase 1 instel nie, wat nog te sê van Fase 3. Die druk op die stelsel is dan op sy laagste. Dis maar net op die skedule ingesit vir ingeval.

Yolande ·

Nee, ek het nie die feite verkeerd nie – gaan kyk jy gerus weer, Paul. Maandagnag se laaste slot is 04:00-06:30 (of noem dit dan Dinsdagoggend). Dinsdagoggend se eerste slot is 6:00 tot 8:30. Dit tydsgleuwe is aaneenlopend al is dit in twee verskillende kolomme vir visuele redes. En Groep 3 is in altwee daardie tydsgleuwe. Maandag se laaste tydgleuf, sowel as Dinsdag se eerste een. Ek neem aan die swaap wat die skedule opgestel het, het net soos jy gedink dat tyd nie aanmekaar loop nie, net omdat dit twee verskillende dae genoem word! En ek dink die nuwe skedule is uiters onregverdig. Maar ten minste is die ryk mense in die ooste nou gelukkig, so ons armgatte in die weste moet nou maar seker ons monde hou!

Paul ·

Ah, die verwysing maak nou sin. Jammer oor die misverstand.

Gelukkig hoef jy steeds nie bekommerd te wees nie, Yolande. Die kans dat beurtkrag ingestel word van 22:00 tot 06:00 is bitter skraal. Die verbruik daardie tyd van die aand/oggend is BAIE laag. Eskom het nog nie een keer beurtkrag ingestel in daardie tye nie.

Dis dus juis eintlik ‘n “bargain” dat Groep 3 beurtkrag op daardie tye geskeduleer is, want die kans dat die krag wel afgeskakel sal word, is bitter skraal. Jy behoort eintlik bly te wees.

Ek sou juig indien my beurtkrag van 22:00 tot 06:00 was – want dan sou dit beteken dat my krag feitlik geen kans gehad het om afgeskakel te word nie!

Deon ·

Ek is baie bly oor die nuwe rooster. Ek het elke aand van 20.00 to 22.30 beurtkrag gehad terwyl almal lekker tv kyk. Ten minste kry almal nou n beurt om op ongemaklike tye beurtkrag te hê. Daar is buurte soos Colbyn in Pta wat glad nie beurtkrag het nie. Hoe werk dit?

Angie ·

Ons bly in Mountain view teen die berg en kyk uit oor die Stad. Daar brand die ligte elke aand soos helder daglig. Nog nooit gesien dat dit eenkeer in die aand af is nie, en ons kry byna elke aand vanaf 20:00. Hoekom elke liewe gebou se ligte moet brand, dag en nag, weet ek nie.

Paul ·

Angie, die antwoord is maklik. Op die ou skedule was die middestad se beurt om sonder krag te wees, iewers deur die dag.
Dis juis deel van hoekom die nuwe skedules soveel beter is, want nou is dit nie net sekere gebiede wat altyd op ongerieflike tye (in die nag) beurtkrag het, terwyl ander dit altyd vrygespring het nie – die ongerief word nou baie meer breedweg versprei. Ietwat meer ongerief vir diegene wat voorheen feitlik geen ongerief gehad het nie, en heelwat minder ongerief vir diegene wat voorheen met feitlik al die ongerief gesit het.

jana ·

ja wel ons almal moet maar vrede maak hiermee dit gaan erger raak en nog n paar jaar met ons wees…dalk moet almal net ophou kerm en kragopwekkers aanskaf.want dis realiteit.en ja dis ook nie altyd onbekostigbaar nie..my opwekkertjie is maar 1 kva, ek het aangeskaf vir R 1500 en ek trek so 6 vertrekke se lig en ook 2 tv’s..regtig die moeite werd.ek se maar net.hou op kla en kerm en doen iets aan d situasie.

Gatvol ·

Die rooster is belaglik!!!! Ons skedule is vanaf 18h00 tot 20h30, wanneer verwag hulle moet daar kos gemaak word as ons eers 17h30 in die middae by die huis kom. Hoe kan my kinders wat albei in die hoërskool is hulle huiswerk doen – my oudste is in Matriek en ek is dood bekommerd, want hoe gaan my kind leer. Dan as dit stadium 3 krag is, gaan dit beteken dat die krag nie net saans nie, maar ook vanaf 04h00 tot 06h30 af gaan wees. Ek het nou die skedule vir my kinders gegee met al die stadium wat ons aanraak daarop duidelik gemerk sodat hulle dit onder hul onderwysers se aandag kan bring wanneer hulle huiswerk nie gedoen is nie.

Plaas dat hulle vir ons maar liewers ‘n skedule gee van wanneer ons WEL KRAG SAL Hê.

Keelvol ·

Ons is Groep 4. Vantevore was ons krag saans afgewees vanaf 16h00 tot 18h30. Ja, ek het ook maar gekla, maar sal ek wat wil gee om terug te gaan na die skedule. Nou val ons tussen 18h00 en 20h30 saans. Wat van my kinders wat huiswerk moet doen? Die eksamen begin oor ‘n week, hoe gaan hulle in die donkerte leer? My oudste is in matriek, ek stress my dood. En wat gaan juffrou doen as die huiswerk nie voltooi isnie? Ergste is, as dit stadium 3 is, dan behalwe dat die krag basies aangaan wanneer die kinders moet bedtoe gaan, kan die kinders nie eers vroeg die volgende oggend opstaan nie, want gaan die krag ook tussen 04h00 en 06h30 afwees. Ek sidder om te dink hoe my kinders se rapporte gaan lyk!

Paul ·

Keelvol, groep 4 het slegs op ‘n Woensdag van 18:00 tot 20:30 beurtkrag tydens Fase 1. Dis nie elke aand nie.
Tydens Fase 2 slegs op Dinsdag en Woensdag.
Tydens Fase 3 (wat tot dusver slegs 2 keer van tevore ingestel is) slegs op Maandag, Dinsdag, Woensdag, Saterdag en elke tweede Sondag.

Kyk tog mooi voordat daar reageer word.
Ook – kan huiswerk nie by kerslig of met ‘n noodlamp se lig gedoen word nie? Mens se brein en pen en papier werk mos darem nie met elektrisiteit nie… Met beurtkrag is daar juis ook nie dinge soos TV en ‘n rekenaar om aandag af te trek nie. Ek dink jou kind gaan juis beter punte begin kry!

Sandra ·

Baie dankie vir die nuwe rooster!! As beurtkrag elke dag vanaf 06h00 -22h00 geimplementeer was, sou die ou rooster regverdig gewees het, maar dis NET die mense, soos myself, wat in die 17h00-22h00 slot geval het wat ELKE dag beurtkrag gehad het. Nou skielik kry almal beurtkrag en dis die enigste rede hoekom sommiges so kla.

marianne ·

Stem saam met jou hulle kla nou ook want kry ook skielik beurtkrag ons het elke aand gehad. Dis nou tyd dat almal n beurt kry

Paul ·

Die nuwe skedules is ‘n GROOT verbetering.

Ina Strydom het nie mooi opgelet na hoe die rooster eintlik lyk nie, en sy besef ook nie dat beurtkrag nog nooit ná 22:00 in die nag of voor 06:00 in die oggend ingestel is nie. Met ander woorde, die derde “beurt” van Fase 3 beurtkrag sal nie gebeur nie, want dis altyd net iewers van 22:00 tot 06:00 in die oggend.

Piet Uys het ook nie al die feite nie.

Die nuwe skedules is BAIE beter as die ou skedules. In die ou skedules was daar sekere areas wat nooit beurtkrag gehad het nie, omdat hulle slegs vir 06:00 tot 08:30 geskeduleer was, soos Eldoraigne, waar Piet Uys sê dat hy woon. Die skedules is dus JUIS nou aangepas dat Eldoraigne wel ook beurtkrag sal kry en dit nie altyd Clubview se beurt sal wees nie.

Die mense lewer kommentaar sonder dat hulle die feite tot hul beskikking het.

Liddie ·

Ons is baie bly oor die skedule wat aangepas is, nou hoef ons nie elke aand in die donker te sit nie. Ek dink dit is die mense wat nooit beurtkrag gehad het nie wat nou kla! Die rooster is ook so dat jy selde een dag na mekaar dieselfde tyd beurtkrag het.

Yolande ·

In JOU groep miskien nie, Liddie, maar ons, in Groep 3, in beide fase 2 en 3 beurtkrag dieselfde, ongerieflike, tydgleuwe meer as een keer in ‘n ry. Die munisipaliteit kan dit blykbaar maar net nie regkry om die skedule waarlik regverdig te maak nie. Laasjaar het ons elke middag wat daar beurtkrag was van 16:00 tot 18:30 (of later) sonder krag gesit (So ons het reeds ons beurt vir ongerieflike beurtkrag gehad! Toe met die nuwe skedule wat being hierdie jaar geimplimenteer was, was dit beter – ons tydgleuf was 08:00 tot 10:30 in die oggend. Slegs Fase 3 het weer die 16:00 probleem veroorsaak, maar dit was gelukkig selde. Maar die nuwe ene is die onregverdigste nog – vir Groep 3 in elk geval. Ons kry nou WEER al die mees ongerieflikste tydsgleuwe – seker net omdat die rykes tog net nooit verontrief moet word nie!

Paul ·

Yolande, let tog op dat dit slegs enkele dae van die week is – nie elke dag van die week nie.

Paul ·

Ek weet ook nie waar kom jy aan die idee van “die rykes” teen “die armes” nie. Let op dat Groep 3 ook die volgende gebiede insluit: Waterkloof Glen, Waterkloofrif, Constantia Park, Doringkloof, Faerie Glen, ens.

Daar’s nogal groot en fênsie huise in daardie voorstede, sien ek as ek daar verbyry op pad na my beskeie woning…

Johan ·

Ag hou op moan almal. Ons was vir 2 Maande gereeld 20:00 tot 22:00 beurtkrag gehad. Dit is net regverdig en geniet ons dit dat ons bietjie krag in die aande het.

Bets ·

Hi Johan, ek stem 100% saam. Ons het ook elke aand in die donker gesit. Ek dink dis nogal erg vir die klomp wat nooit in die aand sonder krag was nie. Nou join hulle die club. Dis vir niemand lekker nie.

Ouman ·

Lekker om elke aand van 20:00 tot 22:30 sonder krag te moet sit nie.

Wynand ·

UITEINDELIK!!!! Ons gan krag eh in die aande, nou kan julle ander ouens ook biki sukkel sonder krag vanaf 20h00 in die aande… HAHAHA…. ons het die laaste ruk amper elke aand loadshedding gehad vanaf 20h00 tot 22h00. Maar nie meer nie. YAY. En net terloops, ons val in groep 11 & 16… ons kry meer as ons beurt van loadshedding….

Groep 15 is bly ·

Dankie Tshwane, ek bly in groep 15 en ons het elke week tussen 4 maar meestal 5 dae ‘n week geen krag gehad tussen 18:00 en 20:30. Dis baie erg. Die mense kom net by die huis en daar is nie eers krag vir koppie koffie nie, wat nog vd kinders wat moet leer en die mense wat in die aande alleen sit. Dit beteken jy het eintlik geen produktiwiteit in die aand nie, want na 2.5 ure sonder krag is jy moeg en wil jy al amper bed toe gaan. Ek is bly ons het nou darem woensdae en donderdae die sekerheid (behalwe stage 3) dat ons krag sal hê in die aande. In elk geval begin load shedding gewoonlik eers 16:00, so almal wat kla oor oggende het nie regtig grond om op te staan nie. Maar moet sê daar is beslis ruimte vir verbetering. Kyk bevoorbeel na Ekurhaleni se uiteensetting. Jy kry nooit in ‘n week of meer dieselfde tydgleuf nie. Hulle werk nie op week siklus nie, maar maand siklus. Dis baie beter.

Renier Lubbe ·

Die meeste mense wat nou kla is dié wat by die werk was wanneer daar beurtkrag in hul woongebiede toegepas was. Vir sommige van hulle was dit so lekker dat hulle onder die indruk was dat beurtkrag net oor naweke in hul gebiede voorgekom het.

Die nuwe skedule is baie meer regverdig omdat dit nie meer altyd dieselfde mense is wat na 16:00 beurtkrag moet verduur nie.

Dave ·

Sit ek so en lees deur die moans en groans en wonder hoeveel van die ontevredenes stem tòg heel tevrede vir ‘regstellende aksie’.

D ·

Regtig pateties dat almal so aaklig is en ‘ooh nou kry julle ook beurt krag’ en daai strooi! As jy ongelukkig is in die area wat jy bly trek!!!! Want iets so simple maak julle vieslike mense!!! Almal kry beurt krag en ja dit is nie lekker nie maar ons lewe in n derde wereld land, wees derm bly julle het krag al is dit net nou en dan! As julle werklik julle fustrasies wil uithaal haal dit uit op die munisipaliteit of selfs eskom nie mekaar nie! Ek glo julle is beter opgevoed as dit!

Paul ·

Jy sê “almal kry beurtkrag”, maar dis juis die ding. Met die vorige rooster was daar gebiede wat feitlik nooit beurtkrag gekry het nie, omdat hulle geskeduleer was vir baie vroeg in die oggend. Eskom het feitlik nog nooit vir so vroeg in die oggend beurtkrag aangekondig nie, so daardie mense het feitlik nooit beurtkrag gekry nie.
Dit teenoor ander gebiede wie se beurt van 16:00 tot 22:00 was, wat feitlik elke keer wat beurtkrag aangekondig het, wel sonder krag gesit het.

Nicci ·

ek wil net sê… hoekom kry net sekere gebiede beurtkrag…. ek bly in mountain view en het gereeld beurt krag mense wat nie verder as 2 of 3 km van my bly het nooit beurtkrag.. bv Booysens Pretoria Tuine Hermanstad Claremont Hercules… dit mos nou glad nie regverdig nie..My elektriese toestelle trek swaar met die dat dit krag so gereeld afgaan.. Hoekom oor tye wat mens kos maak…. wat van mense met babas en oumense wat vroegaand gebad en kos moet kry.. Kan die mense nie DINK nie….!!!

Dave ·

Vanmôre om 10 tot 12 was dit beurtkrag. 10vm het my rekenaar afgeskakel want ek het vergeet om dit af te sit en 3 minute oor 12 gaan die krag aan en die munisipaliteit laat weet my dat Eskom besluit het om van 14:00 fase 2 toe te pas. Hier is die nuwe skedule: geen beurtkrag vandag vir ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.