Luister: Onteiening, uitsettings en grondgrype – insigte in SA se grondkwessie

Karl Kemp bied ‘n aangrypende blik op Suid-Afrika se gronddebat. (Foto: Maroela Media.)

Grondhervorming en -onteiening sonder vergoeding is twee veelbesproke onderwerpe, wat met ewe veel vrees as ywer tans in Suid-Afrika bespreek word. Hiermee saam sit die land boonop met ʼn ernstige behuisingskrisis en ʼn skerp toename in stedelike grondbesetting terwyl verstedeliking ook bykans daagliks toeneem.

In sy boek Promised Land: Exploring South Africa’s Land Conflict het Karl Kemp van die tuinbougebied Philippi, diep in die hartjie van Kaapstad se bendegebied, tot by die veselperske-plantasies van Tzaneen gereis om met mense oor die kwessie van grondbesit te gesels.

Hy het met hoofmanne in KwaZulu-Natal gepraat wat groot stukke grond namens hulle onderdane besit en besoek afgelê by boeregemeenskappe wat deur plaasaanvalle en veediefstal geteister word, en ook gesels met mense wat direk by grondgrype in Johannesburg en Stellenbosch betrokke was.

Op die manier bied Kemp aangrypende perspektiewe oor die gronddebat in Suid-Afrika wat talle fasette soos korrupsie, plaasmoorde, onwettige buitelandse arbeid, meganisasie in landbou en uitsettings van dié kwessie insluit.

Kemp het verder gesê met die skryf van sy boek het hy vinnig besef ʼn mens kan nie ʼn sinvolle gesprek oor die grondkwessie hê sonder om Suid-Afrika se geskiedenis in al sy kompleksiteit te bestudeer nie.

Met Promised Land wil hy elke Suid-Afrikaner aanmoedig om self hulle menings, buite dié van die politieke debat, te vorm oor die land se grondkwessie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.