[Luister] Poppie sing laaste liedjie vir haar pa

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie se biologiese pa is net toegelaat om Sondae met sy twee kinders oor die telefoon te praat en “het so na hulle verlang” dat hy soms hul oproepe opgeneem het sodat hy na hul stemme kon luister as hy verlang.

Min het Christo van der Merwe (38) van Westonaria aan die Wes-Rand geweet toe hy op 31 Julie só ʼn oproep maak, dit die laaste keer sou wees wat hy sy driejarige dogtertjie se stem sou opneem terwyl sy vanuit Orania vir hom ʼn liedjie sing.

Sy is drie maande later in ʼn hospitaal in Brits dood en die opname is al wat hy van haar oor het.

In die gesprek sê die twee onder meer hulle is lief vir mekaar en Poppie sing in haar fyn stemmetjie, wat soms onduidelik uitkom, “Hansie Slim”.

Cobus Ludick, van die ondersteuningsgroep Justice for Poppie, wat as Christo se woordvoerder optree, het Dinsdag aan Maroela Media gesê mense het Christo ná Poppie se dood daarvan beskuldig dat hy nie omgegee het of betrokke genoeg was by sy twee kinders nie.

Christo van der Merwe tydens hofveriggtinge. Foto: Phillip Bruwer

Christo van der Merwe tydens hofveriggtinge. Foto: Phillip Bruwer

Christo en Poppie se ma, Louisa Koekemoer (45), is vroeër geskei en het ook ’n vyfjarige seun. Christo se kontak met Poppie en haar broer is gereguleer ingevolge ʼn beskermingsbevel.

“Ons het besluit om die opname van hul laaste telefoongesprek, wat opgeneem is, bekend te maak om te bewys hy [Christo] het sy bes gedoen om kontak met sy kinders te hê en dat hy lief is vir hulle,” het Ludick gesê.

Ludick verduidelik Christo is net Sondae toegelaat om met sy twee kinders te praat en het soms die oproepe opgeneem om gereeld daarna te luister.

“Dit was ʼn moeilike tyd vir hom. Die maatskaplike werker in Orania het hom en ouma en oupa twee keer toegelaat om sy kinders daar te besoek. Hulle het al die pad van Vryburg af gery en dan kon hulle die kinders net vir 5 tot 10 minute onder ʼn koelteboom sien. Ouma Carla sê altwee kere wat hulle daar gestop het, het Poppie se boetie uit opgewondenheid geskree ‘Dis my oupa se kar’. Poppie het altyd reguit na haar pa toe gehardloop as sy hom sien,” het Ludick gesê.

Christo het nie meer kontak met Poppie se boetie nie, aangesien die seun nou in ’n plek van veiligheid is. Ludick het gesê hulle het wel deur maatskaplike werkers verneem dit gaan goed met hom.

Maroela Media het laat in Oktober die nuus gebreek van Poppie se tragiese dood, wat skokgolwe deur die land gestuur het.

Sy is die aand van 25 Oktober na ʼn hospitaal in Brits gehaas, nadat haar stiefpa, Kobus Koekemoer (43), haar vermoedelik aangerand het. Die Koekemoer-egpaar het toe reeds vanuit Orania na ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits verhuis.

Poppie is kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Kobus is kort daarna vir Poppie se moord in hegtenis geneem.

Die patoloog het tydens Koekemoer se borgtogaansoek in November in die Brits-landdroshof sy bevinding van die nadoodse ondersoek bekend gemaak. Volgens die patoloog was die hoofoorsaak van Poppie se dood ʼn harde hou teen haar kop.

Die patoloog het verder bevind Poppie het ronde kneusplekke aan albei hande, voorarms en voete gehad en albei haar oorskulpe was gekneus, “wat dui op oormatige aanranding van die kind”. Die patoloog het ook aangedui daar was bloed aan die onderkant van Poppie se skedel en bloeding aan die linkerkant van haar brein.

Louisa is op 15 Desember omstreeks 15:00 by haar huis in Mamogaleskraal in hegtenis geneem. Albei staan tereg op aanklag van moord en hul borgtogaansoeke was onsuksesvol.

Hul saak is tot 25 Januarie uitgestel wanneer Louisa en Kobus se sake saamgevoeg sal word. Albei bly in aanhouding.

Luister die gesprek bo aan die berig.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Verstom ·

Staan verstom dat iemand so ‘n poppie kon dood maak? Bose samelewing??

Anoniem ·

Vir ENIGE pa wat in die posisie soos hierbo verkeer, tape, tape, tape elke liewe gesprek. Elke 5 minute saam. Daar is genoeg toepassings (apps) om van te kies spesiaal vir jou selfoon. Ons het ‘n hele cd vol gesprekke wat ons bewaar, want as dit nie was dat Poppie se pa gesprekke geopgevang het nie, het almal hom nog steeds uitgekryt as ‘n slegte pa. Vir die mammas wat dink julle gaan ewig wegkom om vaders van hul kinders te vervreem – daar is slegte nuus vir julle. Tegnologie is daar en jul streke sal wel uitkom. Ek weet dit is moeilik om die pa van jou kinders in jou nuwe lewe te akkomodeer, maar dit is ‘n keuse wat jy gemaak het. Deel daarmee. Jou kinders het daardie pa net so nodig as wat jy ‘n nuwe man nodig het.

Kloekie ·

Die biologiese pa het self n probleem: ‘beskermingsbevel’ en ‘ geen kontak met sy 5jarige seun’!!!! Poppie is op n beter plek…..

Magda ·

Ja ANONIEM, maklik vir jou om te sê… my kind verkies om nie haar pa te sien nie… hy het sedert geboorte nooit eers n doek geruil of enigsins belang gestel nie. Nou wil sy weet waarom dring ek daarop aan op steeds getrou haar rapporte vir hom te stuur ens? So moenie veralgemeen nie, hierdie ma het gekies om te skei, dit is nie altyd maklik nie, maar beter vir my kind!!!

Carlia ·

Die gesprek is hartverskeurend, want mens kan hoor sy moet haar woorde versigtig kies en dat sy nie haarself kon wees tydens die gesprek nie. Tragies.

Uvonka ·

Dammit ek het geweet ek moes nie luister nie, tjank sommer weer van voor af. Haar stemmetjie is net so broos en hartseer soos haar pragtige pop gesiggie. Januarie 25 kan nie gou genoeg kom nie, ek is baie bly die twee is nog in aanhouding!!!!

Rina ·

Dis soooooo hartseer..en ja dis net soos wat Anoniem se…Tape julle gesprekke..hetsy jy n pappa of n mamma is…

Anoniem ·

Nie altyd. Ek word al vir 8 jaar weerhou van my kids. Omdat die Pappa meer onderhoud soek. Ek weet hoe dit voel. En hy kom weg daarmee. Ek loop in deure vas. Sukkel al 8 jaar. omdat ek nie an die pappa se veruistes voldoen nie.

John ·

Nee Maroela nee! Dis te erg. Nie weer nie. Sy is al lankal ‘n engeltjie… die pragtige onskuldige poppie… asb!

Celia ·

Die boetie is in n plek van veilige bewaring.
Did duidelik sy papa is life vir hom! Wie hou nou die seuntjie weg van sy pa.Die wet?
Poppie is nie meer daar die- maar die boetie is, en hy t verseker sy papa nodig!
Is daar nie erens iemand wat kan help dat hy by sy seuntjie uitkom nie? HOE kan enigiemand n kind van sy eie pa wegvat en hou? Did onmenslik wreed en daardie kind doen NOU letselsop daaroor?

Lise ·

@Celia, Poppie se boetie is in ‘n plek van veilige bewaring vir sy eie veiligheid.

Kloekie ·

In Suid Afrika skop mens nie n plek van veilige bewaring vir kinders agter elke bos uit nie. Die feit dat hy nie kontak( nie eers te praat van toesig) oor sy seun het se baie. Nou speel hy lekker die simpatie kaart

Anoniem ·

Omrede daar mammas is wat enige liegstorie uitdink om van die werklike pa ontslae te raak, daarom het sy seker die beskermingsbevel gekry. Is jy al deur so ‘n situasie gewees?? Onthou net, daar is persone wat nie wil hê dat die ander ouer tyd saam met hul kinders moet spandeer nie, want dit interfeer met hul nuwe lewe en vrytyd, Die maklikste is om te lieg en dan net eenvoudig die kinders te weerhou van hul werklike ouer.

Celia Tjaden ·

My kleinseun is presies so oud soos Poppie! My hart is stukkend en verskeurd oor haar en haar pappa! Christo weet nie of jy hier lees nie, ek bid vir jou mag Jesus jou troos! Jou seuntjie het jou nodig, doen alles wat jy kan om toesig en beheer oor hom te kry so gou as moontlik. Ons dink dikwels “”dit gaan goed met n kind”” maar die letsels gaan eers in tiener en jong volwasse jare wys! Berading en terug na sy pappa toe. Hoe die kindertjies ooit in die ma se sorg was weet nugter!
Bly in die tronk en kom nooit weer daar uit nie. Steriliseer haar ook sommer!

Poppie ·

Ek dink dit is wreed om die seuntjie van sy pappa weg te hou. Hy het nou alles verloor waarvoor hy lief was. Ja self al mishandel die ma/pa die kind. Dit is al wat hy het. Ek weet van ‘n geval waar die ma die kindjie aangerand het en toe die kind die ma daarna sien, toe kon mens die blydskap op die gesiggie sien. Die kind was in die hospitaal gewees. Weet ongelukkig nie wat verder met daardie saak gebeur het nie.

Lise ·

@Poppie, so selfs al mishandel ‘n ma of ‘n pa sy kind moet die kind by die ouers bly?! Jou kommentaar maak glad nie sin nie. Dit is dan nou presies wat met arme Poppie gebeur het. Mishandel tot die dood toe. Geen kind behoort deur ‘n ouer mishandel te word nie! Hou die boetie in veilige bewaring. Die biologiese pa is dalk glad nie so engel soos hy voorgee nie.

Bolander ·

Lise, jy is heeltemal reg oor die biologiese pa van Poppie van der Merwe. In ‘n vorige berig van Maroela Media op 4 November 2016 het ‘n maatskaplike werker dit duidelik gestel dat die broer van Poppie in veilige bewaring geplaas is omdat die biologiese pa ‘n gesinsgeweld interdik teen hom het agv vorige aanrandings op Poppie en haar broer. Daar is ook ‘n halfsuster volgens die berig. Die bewerings wat die biologiese pa gemaak het dat die broer in sy sorg geplaas is, is alles leuens.

Neels ·

Ja en die Landroste het seker vir die Pa ook die deur gewys. Hulle moet begin verantwoordelikheid aanvaar vir hulle uitsprake. Die Landros wat hom die deur gewys het moet boet. Dan sal hulle wakker skrik

Carlia ·

Ek stem heeltemal saam. Daar is Landroste wat beslis nie aan die gevolge dink nie. Poppie is deur die stelsel versaak.

christine ·

Die howe se uitspake word deur regstellende persone gemaak. Net nou die dag se een vir my dogter met saak van verhoogte onderhoud. As jou dogter dan nie na haar pa toe wil gaan omdat sy huis te morsig is” Mevrou maar hoekom gaan maak jy nie sy huis Saterdae skoon nie”

Anna ·

Sluit sommer die biologiese pa ook saam met die twee op. Wanneer hierdie verhoor eendag loop gaan ons nog baie leuens hoor. RIV Poppie.

Louis ·

Poppie was nie die eerste en ook nie die laaste geval waar ‘n kind mishandel en aabgerand is tot die dood toe. Los nou vir Poppie dat sy kan rus. Ek is seker Poppie se familie wil nie elke dag in die nuus van voor af herhinner word aan haar dood nie. Hierdie raak nou een groot sensasie sirkus.

Kobus ·

n Baie hartseer lewensverhaal wat nog meer tragies geeindig het…Niemand kan nou aan haar lot wat haar toegeval het verander…Laat haar nou met rus…Dat haar Pa en Groot ouers nou in vrede kan rou…Die regstelsel sal met die skuldige/s afreken…Geen vonnis sal haar terugbring of haar omstandighede kan verander…Onthou haar soos toe sy gelewe het….Engelpoppie…Maar dat almal deur haar storie aangeraak is….Sodat daar NOOIT weer n geval soos Poppie v/d Merwe wees,waar die maatskaplike dienste,die polisie of enige omstander wat sou kennis dra van so n geval…En ander pad kyk…Niks doen om nog n statistiek van kindermishandeling te verhoed.

Jones ·

Julle weet, ons kan nou heeldag en nag aangaan oor wie is die slegte ouer wie is die goeie ouer. Wie het wat gedoen. Waarom dit waarom dat. Ek is aan niemand se kant nie, ek wil net my twee sent bysit en se maak nie saak wat nie, wie wat gedoen het of wie wag gese het NIKS SAL VIR POPPIE TERUG BRING NIE, n onskuldige lewe was geneem niks wat ons sê gaan dit verander of beter maak nie.
Rus in vrede pop

Johann ·

Hierdie is ‘n hartroerende verhaal, so erg ou kyk eintlik in jou binneste wese vas. Kan ons nie maar net bid vir Poppie en kindertjies wie in die selfde (haaglikste) omstandighede na bo spartel nie

fred ·

Johan, ek stem met jou – ek is n man – maar ek se vir jou ek moes badkamer toe gaan en my hart uitgehuil. Gee nie om wie my gesien het nie – dit is verskriklik. Ek wil nie komentaar lewer oor wie reg of verkeerd is nie – alles gaan oor daardie lieflike onskuldige kind. Dis vreeslik.

LS ·

Christo, ek weet nie wat jou omstandighede was/is dat jy nie jou kinders mag gesien het nie, maar as mens kyk by watter gemors hulle gebly het is dit seker veilig om te sê dat hulle kon gejok het oor jou oor hulle ‘n bevel teen jou wou kry. As dit die geval is, STERKTE, ek hoop jy kom vining reg en kan ten minste dan jou seun weer eendag terugkry, want net soos met Poppie, moes jou seun ook deur HEL gegaan het. Sterkte vorentoe!

Hanne innie hare ·

Ek lees die artikel en ek lees die kommentare. Ek is stomgeslaan. Hierdie is ‘n baie harde artikel en die opname is emosioneel uitmergelend. My vraag is net: Hoekom is daar ‘n beskermingsbevel teen die pa? My ma was self vir baie jare ‘n maatskaplike werker wat die lelikste, vieslikste goed moes aanskou en seker van die moeilikste besluite ooit moes neem om kinders te beskerm. Tog word beskermingsbevele deur die hof uitgereik, en om tot slegs ‘n oproep beperk te wees, sê vir my dat daar ‘n groter storie hieragter is. Ek dink nie dis net so eenvoudig soos dit tans lyk nie. Hierdie kindertjies het name en gesiggies en tog leef ons tussen mense soos hierdie en ons weet dit nie eens nie. Ander mense se lewens is soms donkerder as wat ons besef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.