Luister: Regstappe gedoen om Gauteng-skole se taalbeleid te beskerm

paul-colditz-fedsas

Argieffoto: Paul Colditz van Fedsas.

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het gister ’n hofaansoek ingedien namens sy lede in Gauteng waarin die organisasie versoek dat skole se toelatings- en taalbeleid beskerm word.

Daar heers kommer in onderwyskringe dat die Gautengse onderwysdepartement sekere Afrikaanse skole in die provinsie wil dwing om hulle taalbeleid van enkelmedium na parallelmedium te verander. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie is ook bekommerd oor hoe die voorstel van Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, beheerliggame se rol gaan raak.

Radio Pretoria se Klankkoerant-span het met Paul Colditz van Fedsas en prof. Jacques van der Elst van die Afrikaanse Taalraad hieroor gesels.

Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, sê die organisasie het gister ʼn hofaansoek ingedien wat Dinsdag voor die hof sal dien:

Van der Elst, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, sê die Gautengse onderwysdepartement se voorstel is ongrondwetlik:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Esté Meyer Jansen ·

Johannes

Baie dankie dat jy ons laat weet het, die fout is nou herstel.

Groete
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.