Luister: ‘Sanral-tolhekke maak inbreuk op jou privaatheid’

Argieffoto.

Argieffoto.

“Elke keer as ʼn elektroniese e-tolhek ʼn foto van jou neem is daar nog ʼn bietjie inligting oor jou doen en late aan die regering bekend.” Die is die mening van prof. Jane Duncan, dosent in joernalistiek aan die Universiteit van Johannesburg.

Sy het aan die media gesê dit is ʼn slim spioenasiemetode. Sy het gesê die kamera-vermoëns van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se elektroniese tolhekke tussen Johannesburg en Pretoria het die vermoë om allerlei inligting oor padverbruikers te versamel.

Volgens haar kan dit die regering ʼn baie goeie beeld gee van waar ʼn mens was en waarheen jy op pad is.

Duncan se opmerkings kom in dieselfde tyd wat daar ʼn storm in Brittanje losgebars het, toe dit aan die lig gekom het dat die polisie sogenaamde fop-selfoontorings bedryf wat die persoonlike inligting van mense versamel. Sky News het berig die torings staan bekend as Stingrays.

Duncan het gesê die e-tolstelsel ter plaatse maak ʼn inbreuk op mense se privaatheid en die inligting kan vir enige onderduimse doel aangewend word.

Prof. Basie van Solms, direkteur by die Sentrum vir Kuberveiligheid aan die Universiteit van Johannesburg, het gesê Duncan se opmerkings dra water en het verduidelik wat die konsepwet sê…

Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, stem saam met Duncan…

Die verslag is saamgestel deur Radio Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nico ·

Ek kan nie die probleem sien nie. Hulle kan jou selfoon oproepe ook volg. Weet julle hoe baie kriminele is al gevang as gevolg van hierdie hulpmiddels.

KarooKlong ·

Weet julle hoe baie kriminele gebruik hierdie hulpmiddels?

Timmie ·

Die mense in die regering kan daai inligting vir enige een gee dan kaan daar self skelm en rowers inbraak maak terwyl jy nog voor jou tv sit en ontspan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.