Luister: Só sê kenners oor voorgestelde Eskom-verhogings

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Eskom se ontydige kragtariefverhogings kan lei tot beperkte voedselvoorsiening in Suid-Afrika.

NERSA is tans besig om publieke verhore te hou oor die voorgestelde kragverhoging van 23,35%.

Dawie Maree, ‘n senior ekonoom, sê daar was ‘n verhoging van net oor die 12% vir direkte Eskom-verbruikers wat op 1 April in werking getree het. Daar tree ook 1 Julie ‘n 12% jaarlikse verhoging vir kliënte van munisipaliteite in werking. Hy verduidelik die bykomende 12% plus-verhoging wat nou gevra word en waaroor NERSA hul openbare verhore hou, het nog nie in werking getree nie.

Thabie Nkosi, ‘n senior ekonoom van Agri SA, sê só ‘n kragverhoging kan rampspoedige gevolge hê.

Maree verduidelik die verband tussen die kragtariefverhoging en beperkte voedselvoorsiening:

Op die vraag of daar maniere is wat boere om die insetkoste kan werk, antwoord Maree as volg:

Maree is verder van mening dat die hele 25,35% nie noodwendig toegestaan sal word nie.

Ferdi Meyer, ‘n landbou-ekonoom, is van mening dat hierdie kragtariefverhoging nie noodwendig sleg sal wees vir die ekonomie nie, mits dit werklik beurtkrag van kant maak, soos Eskom beweer.

Meyer verduidelik die impak van beurtkrag op maatskappye:

Tog sê hy dat hierdie verhoging ‘n netto impak op die hele waardeketting van verskeie produkte kan hê. ‘n Langer waardeketting lei ook tot ‘n hoër netto impak.

Maree en Meyer sê beide hulle is nie seker wanneer hierdie openbare verhoor afgehandel sal wees nie.

Die verslag is saamgestel deur Radio Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Dis ‘n ou truuk om vir meer te vra en dan uiteindelik te kry wat jy wel wou gehad het.
Ons mag dom wees maar nog nie onnosel.
Privatiseer die hele lot en raak ook ontslae van betalings aan munisipaliteite.

Hennie ·

Tipiese hebsug. Ons moet meer betaal vir minder krag. Wat n grap, en wie gaan daarby baat vind. Weereens verhoging van alles. Waarnatoe is ons oppad?????????????

Loeis ·

Wie gaan baat vind? Maklik: die mense wie die vet salarisse kry. En hoe anders kan hulle nog so paar op die soustrein laai?

PS: beide die regerende party en die amptelike opposisie het verlede jaar vir ‘n verskerping daarvan in die parlement gestem…

Marietjie ·

Elke keer as Eskom iets te sê het kla hulle oor dit of dat, te min geld, te veel uitgawes, diesel, steenkool ens. Om al die probleme van “loadshedding” en gereelde verhogings en die menigte probleme uit te skakel glo ek daar is slegs een oplossing. Stel `n kundige persoon aan wat sy eie kundige span kan saamstel en maak `n aanstelling wat nie ras gedrewe is nie. Ons sit met hope kundige mense in ons land wie se kundigheid tot niet gaan omdat hulle nie die regte ras vir die job is nie. Kyk net na die salarisse wat betaal word, dit is buitensporig!!!

Eddie ·

Dit gaan die selfde wees as met die E-TOLL. Daar word nou hierna en daarna toe gepraat oor al die negatiewe inpak wat dit op die mense gaan he. En raai wat die klomp voel n veer. As ons weer kyk dan is dit toegestaan deur die ANC. Want daar is te veel van die goed wat staat maak op die extra inkomste om hulle dik gevreete pense vol te hou. Ek wens regtig van die mense wil wakker word en agter kom wat hierdie klomp in die mou voer. Hulle is besig om almal leeg te tap vir hulle eie gewin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.