Luister: Solidariteit se radio-advertensie oor regstelaksie

'n Skermskoot uit Solidariteit se TV-advertensie

‘n Skermskoot uit Solidariteit se TV-advertensie

Die vakbond Solidariteit het vandag sy radio-advertensie oor onbillike regstellende aksie bekend gestel. Die advertensie sal volgende week op verskeie radiostasies waaronder RSG en Jacaranda begin speel.

Die advertensie vorm deel van Solidariteit se veldtog rakende die Renate Barnard-regstellendeaksiesaak wat Donderdag in die konstitusionele hof aangehoor word. Die radio-advertensie volg nadat DStv se reklameverkoopshuis, DStv Media Sales, geweier het om Solidariteit se TV-advertensie uit saai omdat dit oor onbillike regstellende aksie handel.

Luister hier:

Lees ook:
Eksklusiewe video: Hier is die advertensie wat DStv nie wil hê jy moet sien nie
Solidariteit begin met regsaksie teen DStv oor advertensie
‘Die advertensie wat DStv nie wil hê jy moet sien nie’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.