Luister: Steve Hofmeyr wil die politiek betree

Steve Hofmeyr. Foto: Phillip Bruwer

Steve Hofmeyr. Foto: Phillip Bruwer

Die sanger Steve Hofmeyr meen die tyd is ryp vir hom om die politiek te betree.

Hofmeyr het die afgelope naweek in ʼn onderhoud met Radio Pretoria gesê hy toets nou al lank genoeg buiteparlementêre ruimtes en die tyd het aangebreek vir hom om ʼn politieke party te stig.

Hy het gesê sy eerste stap is om ʼn webblad, PatriotZA, op die been te bring. Hy is nie van plan om saam te span met mense soos Sunette Bridges of Dan Roodt vir die beoogde party nie.

Hofmeyr het gesê hy het reeds meer as 200 000 stemme op Facebook en na sy mening is die punt gemaak en is hy nie meer ʼn randfiguur soos die media dit wil hê nie.

Hier volg Radio Pretoria se onderhoud met Hofmeyr:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Lee ·

Dank die vader, iemand wat vir ons gaan opstaan!!! Ander partye soek net ons stemme en doen niks vir ons nie.

mattie theron ·

Steve ons wag all the lank via iemand soos jy
Sales def vi joy party stem. Trots op Afrikaans punt

Petro van der Merwe ·

Ek sal beslis vir jou party stem Steve! Jy weet waarvoor jy baklei en ons weet met n leier soos jy gaan dinge gebeur!!

Tersia Hall ·

Go for it Steve, ten minste wil jy iets positiefs doen vir SA.

cindy ·

Yeah you go Steve. Glo jy sal baie bereik en goeie dinge kan doen.

Frik Groenewald ·

Julle verwys na ” mense soos…” Nou watter “tipe” mense is Sunette Bridges en Dan Roodt? Julle is nie ver van die ander media wat agenda agter die inligting het nie. O, dis reg julle praat net vir julle LEDE nie vir blankes nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Frik

Dankie vir jou kommentaar. Let asseblief op dat dit ‘n aanhaling van Steve is uit die klankgreep.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Frik Groenewald ·

Ek het nou mooi geluister en nie Sunette of Dan se naam was genoem nie. Is dit dalk ‘n ander klankgreep? Indien ek gemis het verskaf die tyd in die onderhoud waar dit genoem was.

Sune van Heerden ·

Dagsê Frik,

Ek vra om verskoning – ek het nie besef dit is nie in die klankgreep nie. Ek het nou navraag gedoen by Radio Pretoria (wat die teks en klankgreep aan ons verskaf het), en ek sal so gou as moontlik weer op jou kommentaar reageer sodra ek ‘n antwoord van hulle gekry het.

Groetnis
Suné

Sune van Heerden ·

Dagsê Frik

Radio Pretoria het aangedui hulle het die aanhaling uit Rapport se berig (http://www.netwerk24.com/stemme/2015-05-24-hanlie-retief-gesels-met-steve-hofmeyr) gekry:

Binne drie maande begin hy ’n webblad, PatriotZA. “My platform waar mense my meer kan vra as net: Ons is agter jou, waarvoor staan jy? Om van daar af ’n politieke party te stig is soos om van ’n sypaadjie af ’n park in te stap.”
Met Sunette Bridges en Dan Roodt as luitenante?
“Nee, alleen, tot dit natuurlikergewys ’n organisasie of party raak…”

Groetnis
Suné

Jannie van Vuuren ·

Baie seën en sterkte, Steve. Jy en jou beoogde party
sal suksesvol wees, mits julle beginsels nie alleenlik op etiese politieke besginsels geskoei is nie, maar op GOD vas vertrouend! Jy het my steun!

Angela Kruger ·

Go Steve Go. Dis net n man soos jy n ware en trotse Boer wat ons land gaan reg kry. Ek en my hele gesin staan bank vas agter jou

Lappop ·

So gehoop Steve gaan nie die politiek betree nie. Politiek is van die satan. Ons heil le nie in die politiek nie maar by ons Hemelse Vader net soos in 1838 met bloedrivier. Ons staar ‘n 2de bloedrivier in die gesig. Geen politiek of volstruispolitiek gaan dit verander nie. Steve jy is die regte man om hierdie volk te bereik. Vertel hulle eerder dat hulle moet terugkeer na hul God.

Chris van Heerden ·

Poplap ek kan jou n miljoenrand verseker dat die Hemelse Vader nie die land gaan kom regeer nie en Hy nie ons president gaan word nie. So ons sal maar moet iemand kry om dit te kom doen.

SNEL ·

Ja Chris, ek is al g@tvol vir mense wat sê ons moet terugkeer na God toe. Asof ons die grootste sondaars op die aarde is. Ons Suid Afrikaners is die mees gelowigste nasie ter wêreld, wat meer moet ons doen?
Ons KEN die Here, ons aanbid Hom, ons bid vir hulp en raad, wat meer moet ons doen? Stop nou die “keer terug tot die Here” nonsies en besef, van bid en sit het geen een nog n toets geslaag nie, dis van bid en self opstaan en doen. Van sit, bid en wag, sak ons net dieper in die gemors. Dankie Steve, dat jy bereid is om op te staan vir ons en n Gideon te wees in die tyd. Ons volk het so ou nodig soos jy.

Janine du Plessis ·

Ek stem saam met jou Lappop. Alle mag kom van God af en Hy sal sekere mense aan bewind hou solank dit Hom behaag en met die doel wat Hy in gedagte het. (Dit staan so in Die Bybel.) Die Afrikanervolk word tans gestraf onder die owerheid wat hul het omdat hul hul rug op God gedraai het, geld najaag en liewer die pawiljoene volsit as die kerke. Ook het hul morele en sedelike waardes sodanig gedaal, dat hul hulself nie meer Christene kan noem nie. Solank die volk nie tot inkeer kom nie, sal hierdie heidense owerheid die lewe vir ons galbitter maak. (Dit staan so in die geskrifte van Nicolaas van Rensburg wat as Profeet van God vroegtydig na die Afrikanervolk gestuur is om hulle te waarsku.) Maar hulle het nie geluister nie.) Die uiteinde? Gaan lees dit in hierdie boek. Dit is so verskriklik dat die ou profeet altyd gehuil het as hy dit genoem het.

christa ·

Stem saam Janine! Dis godslasterlik om so van ons Skepper te praat!
Ons wil ‘n Godsman as leier van ons volk he, iemand wat nie skaam is om in die openbaar te erken dat hy/sy ‘n Christen is nie. Ons as volk, moet weer die knie voor God buig, en smekend om Sy hulp pleit. Daar is geen ander weg nie.

Hoe groot is U, gaan lees daardie woorde, en besef met wie het julle te doen!

Dave ·

Die feit dat daar mense soos Frik Eloff i ons land is mag ook deel van die rede wees dat die land in so ‘n haglike toestand is.

Lettie van Rensburg ·

Die Bybel se as jy nie werk nie kan jy nie eet nie. Dawid was ‘n man na God se hart maar hy was nie volmaak nie. Hy het n ander man se vrou gesteel. Hy het moord gepleeg en hy was ‘n slegte pa en ook ongehoorsaam aan God se opdragte. Maar die Here het gese hy is ‘n man na My hart. Ons het ook maar iemand nodig in ons land om vir ons te praat soos Malema en soos baie ander wat vir sekere goed staan waarin hulle glo. Poplap kom ons bid en vertrou as volk saam dat die Here Steve Hoffmeyer sal gebruik tot sy eer en vir die behoud van ons godsdiens en ons taal. Ek sit in ‘n groot kerk en ek sien hoe kom ons jeug tot bekering nie een of twee nie maar baie van hulle. Steve ons glo in jou vermoeë en in die krag en genade van God.

Frederik Eloff ·

Janine, eendag waneer jy google ontdek sal jy kan gaan kyk hoe jy my vals beskuldig het van Godslastering. Maar in die tussen tyd het jy my punt bewys. So vinnig soos wat Steve stemme verwerf het, so gou sal hulle uitmekaar spat sodra godsdiens die onderwerp raak.

Elize Janse van rensburg ·

Steve ons land is in n totale gemors en dit raak net erger. Dis vir my snaaks almal wat lelike komentaar lewer. Het nie ruggraat om iets te doen nie. Ek Glo En Vertrou in Jou Steve Jy gaan dit vir ons doen. Jy wat so mooi kan sing. Is net so goed in Politiek. Ek vertel almal stem vir Steve. Hou so aan.

Dave ·

Ag! almal wil vir lappop troos, en soebat sy moet bly.
Hulle sê dis die mooiste ashoop die, wat ‘n mens nog ooit kan kry.

Met ‘n vrot pampoen en ‘n stukkende skoen, ‘n grammefoonplaat en ‘n kous sonder maat.
Met ‘n leë bottel bier, ‘n verlepte angelier, ‘n gelapte binneband en ‘n ou koerant.

Al die goeters op die ashoop, hou gou ‘n vergadering.
En besluit vir lappop te bekroon as die Ashoop Koningin.
Van toe af bly die lappoppie, so trots tevrede daar.
En al haar onderdane, bedien getrou vir haar.

Ja die … vrot pampoen en die stukkende skoen, die grammefoonplaat en die kous sonder maat.
Ja die ‘n leë bottel bier, die verlepte angelier, die gelapte binneband en die ou koerant.

Johan ·

Dave, jy is oorspronklik, maar van die pad af, dink nou maar eerlik eerlik oor wat ek sê. Jy is net ‘n sensasie soeker. Trn minste PROBEER Steve iets.

Dave ·

Johan, jy is absoluut te stadig om in ‘n politieke gesprek betrokke te raak. Jy het dit bloot nie. Ten minste probeer Hofmeyr iets? Jy sal verbaas wees indien jy weet watter pad ek polities gesproke agter my het en ek ken jou soort sensasiesoeker want dit is wat jy is. Die tipe mens wat nou agter ‘n sanger met absoluut geen politiese agtergrond aanhardloop. Wed jou jy het DA gestem tot nou toe en steeds jouself konserwatief genoem. Nòg ‘n blanke politieke partytjie. Nog een – kan jy dit glo! Ag, ek gaan nie my tyd in ‘n gesprek met jou mors. Jy is deursigtig. Dankie dat jy darem jou skrywe met ‘n kompliment begin het wat jy net daarna weg gedoen het.

Elizabeth K ·

Agge nee man, Dave – nou is die verdampte kinderliedjie in my kop, met antie Doris Brasch se stem en al hahaha!

Dave ·

Hhhaahheehaaaaaa Elizabeth…. ek skaterlag want ek dog jy sê die verdompte kinderliedjie… hheaaheee…… Miskien het antie Doris Brasch in ‘n kristalbal na ons politiek gekyk toe sy die liriek geskryf het :-)

Leeutjie ·

Dave as Johan dieselfde persoon is wat oor Pres. Zuma kommentaar gelewer het wil ek vir jou se dat hy meer gese het in een stukkie as wat jy in al jou kommentaar nog gelewer het. As jy ‘n geveg verloor raak jy persoonlik soos jou uitlatings wat jy oor Johan maak. Speel die bal en los die speller! As jy so politieke agtergrond het soos jy dit uitbasuin, hoekom gaan jy dan nie politiek toe nie Dave!!!

Leeutjie ·

Ai ou Dave…So jy praat net op die forum om komplimente te kry!!! Ag nee wat, so hardop is ek nie!

Jan Erasmus ·

Dit is jammer dat soveel mense na die godsdiens gryp wanneer dit by die politiek en die sake van die dag kom. Godsdiens het nog altyd, en hier skeer ek alle vorme in, was bedoel vir ñ klein minderheid om die groot meerderheid te beheer!! Godsdiens /Politiek word op dieselfde speelveld gespeel met hoogs verskuifbare doelpale. Dit is soos finkel en konjander, die een lyk soos die ander!! Steve of Julius???????

Joodse DA ·

Nou hoop ek maar net die boerevolk stop nou om vir die Joodse DA te stem. Al die vorige DA leiers was Jode, en hulle het niks vir die boerevolk gedoen nie. Hoe kan enige regdenke blanke vir die ANC se rassistiese regstellende aksie plan stem? Die DA andersteun regstellende aksie en rasse diskriminasie beleide in Suid-Afrika.

Jan Opperman ·

En jy is duidelik die slim een tussen Steve en Julius?

Frederik Eloff ·

Dis waar. Ek stem enige dag eerder vir die ANC voor ek vir die DA stem.
Dit het vir die ANC meer as 20 jaar gevat om die universiteite en skole wat deur die Afrikaner gestig is te verander in multikulturele neste, vir meer as 10% van ons mense om sonder werk in plakkerskampe gestrand te wees en vir besigheids eienaars om tronkstraf in die gesig te staar as hulle die arme blankes ‘n kans wil gee en die aggresiewe swart oorname probeer teestaan ens.
Die DA sou dit alles in minder as 5 jaar kon regkry.

Koos du Plessis ·

Ek is bereid om Steve in die Umdoni streek te verteenwoordig.

Frik Lotz ·

Steve, dis n goeie ding as jy politiek toe wil gaan, maar dan moet jy nie jou eie party stig nie. Dit gaan net weer Afrikaners verdeel. Verder moet n party nie gestig word om n persoonlikheid nie,maar oor beginsels, beleid en dies meer. Sluit eerder by n party aan wat dieselfde waardes deel as jou eie waardes. Ek sal jou eerder by n gevestigde party wil sien soos die VF Plus, sodat ons mense eendragtig saamgebind kan word in n magtige eenheid. Afsonderlik gaan ons nêrens kom nie, maar saam is ons sterker. Dis iets wat jy ernstig moet oorweeg. Hoop om van jou te hoor.

Dave ·

Sinvolle skrywe, Frik, netjies gestel. Maar probeer dit nou aan die splintergroep-aanhangers verduidelik.

Pres. Hofmeyr ·

Die VF en Steve se waardes dink ek het niks in gemeen nie. Ek dink die VF is uitgedien. Nog niks vir my beteken nie.

Dave ·

O, en wat het jy al vir ‘n instansie soos die VF beteken? Of wil jy net ontvang?

Andries Erwee ·

met groot geluk kan steve dalk een of 2 setels by die VF+ af neem. As hy 4 setels wen vreet ek my hoed op.

Chantelle ·

En nog miljoene stemme vir Steve, As hy ons almal het wat hom ondersteun sal hy vir n’ felt n’ verskil kan maak. Bok het mos gese gee ons n’ De la Rey en n’ nasie sal weer opstaan. Sterkte Steve….. you have my support :) xx

Die tiranie van die massas ·

Solidariteit ondersteun die beginsel van demokrasie. Dit beteken dus dat Mnr, Flip Buys en 50 diewe kan stem oor die eienaarskap van Mnr. Buys se motor. In Suid-Afrika stem die massas tans vir die eienaarskap van boere se plase, en die minderheid het geen regte in Suid-Afrika nie. Die Suid-Afrikaanse grondwet is veronderstel om die beste (Demokratiese) grondwet in die wereld te wees, maar dit bied geen beskerming vir minderhede nie. Die Suid-Afrikaanse grondwet is egter die beste grondwet in die wereld as jy ‘n rassis is en blankes se grond, werk en eiendom wil steel.

Dan Roodt en Sunette Bridges het meer vir die Boerevolk gedoen as die boere wat self vir die DA stem. Die DA en ANC se beleid van gronddiefstal en regstellende aksie is baie naby aan mekaar, want albei word deur die Internasionale Sentrale Banke befonds. Die hoofdoel van die befondsing is om al Suid-Afrika se grondstowwe en bates te steel.

Stem DA vir Regstellende Aksie ·

‘n Stem vir die DA is ‘n stem vir Regstellende Aksie (asook diefstal van plase, diefstal van jou besigheid, algehele agteruitgang).

Dus slim Boere stem vir die DA sodat al hulle eiendom en inkomste gesteel en vernietig kan word. Die DA ondersteun rasse diskriminasie teen blankes; dus slim blankes sal altyd DA stem. Vra net vir die slim liberaliste by Naspers.

Mari ·

Ek stem vir Steve. Ek staan saam vir die behoud van die Afrikanerkultuur. Maar ek is nie ‘n rassis nie. So baie van Steve se ondersteuners gebruik haatspraak om hulleself uit te druk. Dis ‘n groot “turn-off” vir my.

Pretorius ·

Haai Mari so bly om te hoor jy is nie n rassis nie stem maar in elk geval vir Steve hoor.

Andries Erwee ·

steve sal waarskynlik 1 setel by VF+ afneem. Dal 2 maar nie meer as 3 nie. Dit gee hom 3 uit 400. Minder as 1/400 ste tyd in parlement. Wat gaan hy anders doen as constand Viljoen of Peter Muller?

Andries Erwee ·

steve sal waarskynlik 1 setel by VF+ afneem. Dal 2 maar nie meer as 3 nie. Dit gee hom 3 uit 400. Minder as 1/400 ste tyd in parlement. Wat gaan hy anders doen as constand Viljoen of Peter Muller?

Hendrik ·

Hy kan niks doen nie! Indien ons op stemdag almal in die VVK se ry staan en ons eie Volksraad instem (wat alreeds bestaan met ons eie leiers uit ‘n legitieme stelsel) het ons ‘n punt bewys. Ons kan nie aan die huidige “demokratiese”stelsel deelneem net omdat die media en die meerderheid se dit is ‘n demokrasie nie!

fransie rowles ·

100% vir Steve!!
Party sal egter eers te laat bykom!
Sal ook die wees wat nie belangstel om treurgrond te kyk nie.

Johan Johnson ·

Ek dink dit is hoogtyd dat ‘n volle / opregte afrikaner vir sy medemens opstaan en nie net lee beloftes gee nie. Sterkte Steve en glo my daar staan meer as ‘n miljoen mense agter jou

Pretorius ·

Steve het mos gese hy gaan met alle ander Afrikaner partye onderhandel, ek is seker hy het n plan om ons almal bymekaar te bring. Kom ons almal ondersteun vir Steve.

connie ·

Baie dankie Steve dat jy vir ons, jou mense opstaan. My familie is 110% agter jou. Sterkte op jou pad wat jy nou gaan aandurf mag die Here Sy Hand in joune he en saam met ons almal stap.

Dave ·

Ag wat maak dit saak nog ‘n splinterpartytjie pop op. Daar is al reeds so veel dat nog een daarby geen verskil sal maak. Hofmeyr was ‘n ja-stemmer en sy klompie aanhangers is vanuit Zille se geledere. Buitendien nie ons mense nie. ‘n Kiesstelsel kan nie werklik die blankes tot hulp wees nie want persentasiegewyse is ons te min. So, laat nog ‘n groepie hulle maar vestig. Die selfde klompie sal,as ‘n ander sanger, digter, komediant of renjaer ‘n splintergroep begin, weer vir daardie een stem. Laat hulle voortgaan met hul rondgespringery.

Gert van der Merwe ·

Ha haha, nog n splinter party in parlement wat niks gaan beteken nie, wat net stemme gaan mors. Damn mense ons moet die ANC uit kry en dit gaan Steve (ek het niks teen hom nie) nie reg kry nie. Die VF+ probeer jare al tog so hard met hulle ou seteljies. Net so n gesukkel sal Seve wees. Al stem ons nie saam met die DA nie is dit al manier on van ANC ontsla te raak. Die DA sal waarskynlik beter wees as die ANC. Mense dink hier gaan net stemme gemors word, voeg dit by die DA en die ANC is uit. Ek dink net dat die Steve storie, die uitsit en val van die ANC gaan pooitjie en dan wil julle na die verkiesing huil Vereenig liewer saam en vorm n sterker front en die ANC is weg. Asseblief, dink, dink, dink. Ons gaan nie n nog verdere 5 jaar onder ANC in Suid Afrika oorleef nie

Dave ·

Ag tog dink ‘n slag. As àl die witmense vir regstellende aksie en grondverdeling stem saam met julle is dit steeds ‘n druppel in die land se 60+. So, troos maar jou eie gewete waarom jy vir regstellende aksie stem en daarvoor stem dat grond uitgedeel moet word aan die wat net kan oes maar nie kan plant nie. My sal jy nie oorreed nie.

Hendrik ·

Feit is dat blankes net 2% van die stem uitmaak. Wat gaan Steve doen in die parlement. Net daar sit? Wat doen die VF+ daar? Kry miskien ‘n 2 minute spreekbeurt. Wat doen die EFF daar? Hulle kan niks verander aan die wetgewing omdat hulle net eenvoudig te min is. Al wat hulle kan doen is om die parlement te ontwrig. Solank die ANC die meerderheid is of indien die liberaliste (ANC, EFF, IFP, ………. en die DA) die meerderheid is kan vier mense (huidige VF+ getal) in die parlement niks doen nie.

‘n Buite parlementere drukgroepe (Afriforum, VVK, OUTA, .. ) is die antwoord om verandering te weeg te bring. Die hoer stappie moet geneem word waar belasting betalers van onder af weier pm belasting te betaal. Soos e-tol, minisipale belastings (Ons moet nie bang wees nie) As Tshwane metro die name verander dan straf ons hulle met ‘n maand se belasting boikot, ens……Dit is druk en om een maal in vyf jaar te gaan stem beteken dit nie demokrasie nie al word dit so in die media in die mense se koppe ingeprent.

nig ·

Hendrik – PRAAT jy my maat. Ons is te min al sluit ALLE blankes by Steef se party aan is dit steeds te min. En glo my alle blankes sal NIE. Ai tog, hy “suffer from delutions of grandeur” die arme man. Hy erken dan selfs in Rapport sy msuiek maak nie meer eintlik geld en hy het niks anders om te doen nie, nou wil hy maar parlement toe – gepaardgaande met heelwat kragwoorde, DIS nou die man wat ons moet lei – ons sal net nog meer LY as hy ons wil lei!

Susan Botha ·

nig……….Solank dit net nie JY is wat ons moet lei nie. Want jy kan nie eens jouself lei nie. Shame! Steve sal beslis nerens kom met mense soos jy.

Joanette Davidtz ·

Volgens die kommentare wat ek hier lees, kry ek weer eens die bevestiging dat sommige Suid-Afrikaners rugstekers is. As almal saamstaan kan daar iets positiefs gebeur. DANKIE STEVE en elke persoon wat opstaan vir ons taal en wat opstaan teen geweld en misdaad, dis julle wat ‘n verskil gaan maak. Die ouens met die negatiewe kommentaar – BLY STIL as jy nog nie in ‘n optog teen geweld deelgeneem het of as jy nog nie opgestaan het vir jou kultuur nie. Dit gaan nie oor velkleur nie, daar is baie anderkleuriges wat ook my taal praat – maar oor regverdigheid. As jou kop reg is, maak nie saak wat jou taal, velkleur of godsdiens is nie, as jy ander en ander se kultuur respekteer (en nou praat ek nie van verregaande simpel gelofies nie) en dit kom net met die regte opvoeding, slegs dan kan hierdie land uitstyg en floreer. Steve, ek glo dat jy genoegsame kennis het en die regte hart het vir hierdie saak. Mag God jou die wysheid gee om die regte besluite en uitsprake te maak. Almal wat iets teen Steve te sê het, gaan dink asseblief vir ‘n slag – is jy bereid om op te staan? Mag almal agter hierdie man staan wat bereid is om op te staan vir ons !!!

Herman ·

Ek stem saam dat iemand soos Steve nodig is vir blankes in SA> My persoonlike mening is dat daar te veel klein partye gestig word. Steve moet saamsmelt met die ander partye wat omgee vir blanke mense in SA. Dan dink ek kan daar verandering plaasvind. Steve oordink dit. Anders gaan dit net nog een klein party wees wat niks in die parlement sal kan regkry nie.

Selfbeskikking & Minderheidsregte ·

Ons soek selfbeskikking. Te duiwel met die res. Twee skape en 20 wolwe kan nie oor aandete stem nie! Ons moet buite die normale manier dink. Die Blanke Afrikaner se blindheid is sy ondergang – ons gaan nie teen die ANC met stemme wen nie, dus moet ons ander maniere gebruik.

Waar is ons eie TV stasie oor ‘n Free to Air sateliet, en webwerf op die Internet ? Naspers is tans ons grootste vyand, en hulle onderdruk ons media seggenskap, terwyl hulle net ANC propaganda versprei. Naspers sensor die media laat geen ordentlike gesprekke of kommenaar toe nie- ‘n teken van die satan se hand in Naspers.

Ons moet ook nie “polities korrek” praat of dink nie. Demokrasie is die tiranie van die massa, en ons moet uit daardie sisteem kom. Demokrasie bevorder nie uitnemendheid nie, net groot getalle breindooies en idiote. Die huidige Suid-Afrikaanse grondwet bevorder net diefstal, plundery, wanadministrasie, en is gevolglik ‘n mislukking. Ons kan nie verder deel wees van hierdie gemors nie.

Daar is egter ook swart minderhede wie se regte geskend word, soos die Boesman. Wat het die ANC gedoen om die Boesman te beskerm? Dus, indien die Boesman met sy pyl en boog nie groter getalle het as die ANC nie, het hulle geen regte in Suid-Afrika nie. Suid-Afrika het die swakste grondwet op die aarde, en dit moet so ver as moontlik versprei word.

Die bankiere wat agter die ANC en Suid-Afrikaanse Reserwebank (privaat bank) sit, moet ook uitgewys word. Dit is die hoofkantoor van die satan (den of vipers) wat Suid-Afrika beheer, en die voorbokke van blanke onderdrukking. Die manier hoe hulle geld druk (digitale geld skep) moet aan alle Suid-Afrikaners bekend gemaak word.

van rooyen ·

Geagte mense ek is 28 en mag dalk nie veel weet van politiek en wie wat beteken in die politieke werld nie ja dis great steve staan op vir blanke mense en dis fantasties om almal se siening daar oor te kry en lees maar uit die aard van die saak lees ek nerens n oplossing wat werklik sal werk nie en hoe daar tewerke kan gaan omtrent dit ons is so negatief teenoor mekaar en oor ander se wenke en idiees dat dit vir my voel asof ek my kinders n onreg gedoen het om hulle in hierdie samelewing te bring van swaarkry sukkel politieke agendas ensovoorts kom ons gee elke boer n geleentheid wat belangstel om vir ons oplossings te gee of om saam oor te besluit baie dankie sal graag wil hoor wat dit is wat steve beplan en wat sy doelwit is oor die volgende 15 jaar

Sollie ·

@van rooyen – jissie my ou – die “punt” is so skuins na regs onder die “l” en die “komma” net links van die “punt”. Gebruik dit tog dat mens kan probeer sin maak uit jou skrywe!

Dave ·

Skerp gesê Sollie :-) Ek het ook nie ‘n idee wat hy probeer sê en gaan dit nie probeer ontleed.

Nico ·

Sollie en Dave, julle is 2 regte po….lle. Wat Van Rooyen gesê het maak baie sin. LEES sy inhoud en logika, en los die grammatika vir ‘n ander dag en forum

Frik Lotz ·

Ek sê weer: Steve moet die regte ding doen en by die VF Plus aansluit. Om n nuwe party te stig is nie n goeie idee nie. Steve kan baie meer regkry saam met die VF Plus en dit sal help om Afrikaners te verenig.

Leeutjie ·

Goed gese Eduard. Hy het mos “politieke agtergrond”….Grootmond op die forum om mense by te kom en hom te verlekker!

Dave ·

Goeie Naand Eduard

Koalisie van blanke stemme met selfbeskikking as einddoel

Leeutjie ·

Daar het jy dit nou Eduard!!! Die volmaakte oplossing aldus Dave.

Dave ·

Leeutjie, jy hanteer dit moeilik dat ek jou gewoonlik ignoreer maar dit is omdat jy niksseggende sinnetjies pos. Waardelose dingetjies sê. So, jy sal of daaraan gewoond moet begin raak of as jy aandag wil hê sal jy moet begin om sinvol te skryf.

Leeutjie ·

Hoe lekker lag ek nou!!!!! Jy ou Dave….jy hou nie daarvan as iemand jou aanvat nie maar jy se wat jy wil. Sit soos ‘n asvoel en wag op sy prooi!!! Ai Dave! Miskien moet jy mense se sienswyse respekteer en nie net kritiseer nie. ‘n Les wat jy jare gelede moes geleer het en duidelik nog nie verstaan nie.

Dave ·

Liewe Leeutjie, tydens die jare wat die HNP geveg het teen die NP EN DIE KP (!) (dìt is hoe lank terug ek praat wanneer ek praat van ‘n politieke agtergrond – en as jy wil weet waarom ek die KP as verraaier van die regsgesinde in hoofletters plaas kan jy dit in ‘n ander gesprek doen) was ek bekend daarvoor dat ek opposisie-sprekers wat taalwaardig en glad met die mond was, gekomplimenteer het ten spyte daarvan dat hulle namens die opposisie gepraat het. Ek het hulle nooit gekomplimenteer vir wat hulle gesê het maar het hulle wel gekomplimenteer vir die manier waarop hulle dit oorgedra het. Die dag wanneer jy begin sin praat sal ek jou ook ‘n kompliment gee maar tot nou toe het jy nou geen bydraes gedoen wat punte tel.

Leeutjie ·

Ou Dave, is dit hoekom jy op die forum skryf? Om komplimente te kry? Ag nee wat, my selfbeeld is darem nie so laag om te floreer op komplimente nie!! Hoe lekker lag ek nou!

Linky ·

Hi Steve, dit is tyd! Tyd dat iemand die leisels neem en ons in ‘n regte rigting lei. Onderhandel vir ons , sodat al die klein partye teen die ANC en EFF ens. kan saam smelt en sodoende kan ons dalk ‘n verskil maak teen die onredelikheid , haat, rasisme , wan besturing van ons hard verdiende geld en so meer.

David ·

Die meeste van die minderheids partye sal om die regte rede oor n paar goed kan saam stem. Wat tot gevolg sal he dat daar een stem kan opstaan vir ZA uit ZA. As hulle wil huil oor voorvader grond wil ons asb terug betaling ontvang vir die (IP) wat ons die land in gebring het. Sonder die kennis van Huise bou, Motors bou en Boer sou hulle nie in gestroom het SA toe van ander lande af nie. Daar is nog 2 verkieings voordat dit draai, want dan het dit waar geword waar die Boek ons waarsku van 7 jaar van swaarkry sou n slaaf koning word. 5 verkiesings al klaar vanaf 94. Ons het nie meer tyd om die regte skywe in plek te bring nie. Jammer oor al die opinies hier maar die tyd sal leerdat die Boere volk nie gewen het van sit alleen nie. Dan is dmeeste van die volk se terug slae a.g.v veraat. Groete vir sproetteees

Robert ·

Hofmeyer, wie dink jy veg vir die Spoorwegwerkers se pensioene? Wie het met die onlangse parlement-sirkus die hordes tot hul sinne gebring? Ek dink ons moet ons vergewis van die feite en erkenning gee waar dit hoort.

Robert ·

Hofmeyer, wie dink jy veg vir die Spoorwegwerkers se pensioene? Wie het met die onlangse parlement-sirkus die hordes tot hul sinne gebring? Ek dink ons moet ons vergewis van die feite en erkenning gee waar dit hoort.

Jann Schlebusch ·

Beste Steve, Ek wil jou baie ernstig vra om te heroorweeg. Daar is genoeg politieke partye en politici. Jy beteken baie meer vir ons saak

Prinses Sofia ·

Ai mense ons weet almal God doen die werk deur n mens se verstand wat bereid is om goeie dade te lewer aan die nietige mens op die aarde. Ek sien hier word net van “BLANKES” gepraat en Steve die uitverkorinne moet net vir wit mense help, hoe gaan hy by die wenpaal kom met so n siening net vir wit? Betrek ALMAL en ons sal verbaas wees hoe baie aanhangers tussen al die nasies vir Steve sal stem, maar net wit? Dan wil hy mos nie vir die mense van Suid Afrika help nie want hier in die land is nie net witmense nie! Aikona boetie, jy maak jou laat! Ek amper gedink ai hier is nou n regte saak en dat ek nouweer kan begin stem, maar weereens moet ek teleurgestel word. En jule hoef niks t se nie, ek weet as ek nie stem nie, gaan my stem na die party wat wen, maar dan moet dit dan so wees as mense net vir een kleur wil baklei in die land!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.