Luister: Verantwoordelike vuurwapeneienaarskap in die jagveld, teen probleemdiere

Foto slegs ter illustrasie. (Foto: Sebastian Pociecha/Unsplash)

Het jy geweet jy mag nie net sommer ʼn rondloperhond skiet nie? Ja, daar is wetgewing wat dié diere beskerm.

Maroela Media het met Ian Cameron en advokaat Henk Nolte, albei direkteurs van Firearms Guardian, gesels oor verantwoordelike vuurwapeneienaars en in vandag se aflewering fokus die manne juis op jagongelukke en probleemdiere.

Vuurwapens se gebruik vir sportdoeleindes en jag hou ook bepaalde risiko’s in en moet in dié geval ook met die nodige verantwoordelikheid en veiligheid hanteer word.

Cameron, wat ook bekend is vir sy werk as gemeenskapsveiligheidsaktivis, meen drank en vuurwapens is taboe en ʼn jaggeweer is beslis nie net ʼn sogenaamde “speelding” vir mans nie. Hy het nog veiligheidswenke bespreek.

Luister na die volledige gesprek boaan hierdie berig.

  • Hierdie reeks podsendings wat verantwoordelike vuurwapeneienaarskap bespreek, is moontlik gemaak deur Firearms Guardian. Besoek Firearmsguardian.co.za vir meer inligting en nog handige gevallestudies.
  • Luister hier na die eerste episode van die reeks gesprekke wat verantwoordelike vuurwapenbesit onder die loep neem.
  • Luister hier na die tweede episode waar die paneel bespreek wat jy kan verwag as jy wel jou vuurwapen moes afvuur.
  • Luister na die derde episode uit die reeks waar teenklagtes van misdadigers bespreek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Casper ·

‘n Vriend van my is ‘n skaapboer en hou ook ‘n klompie blesbokke aan vir sakgeld.Ek het van sy videos gesien waar jakkalse ‘n ooi wat besig is om te lam van agter begin vreet.Hy het groot skade gely a g v jakkalse en honde wat skape vang vir eienaars van die honde.Jakkalse het hy en sy seun begin skiet.Blesboklammers word gevang kort na geboorte.Hy het ‘n aanwas perentasie van 10% gehad tot die jakkalse geskiet word en die aanwas is nou 85%.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.