Luister: VL bekommerd oor stand van grondwetlike demokrasie

Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou (Foto: Vrystaat Landbou, Facebook)

Dan Kriek, president van Vrystaat Landbou (Foto: Vrystaat Landbou, Facebook)

Dan Kriek, die president van Vrystaat Landbou, het die provinsie se premier, Ace Magashule, trompop geloop in gesprek waarin soms harde woorde geval het.

Kriek het Magashule en die ANC onder leiding van pres. Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hulle Suid-Afrika op die rand van ’n grondwetlike krisis gebring het. Kriek het verwys na Nkandla en die al-Bashir-fiasko.

Magashule het die boere uitgenooi om saam met die Vrystaatse regering na Kuba en China te reis om nuwe tegnieke aan te leer om landbou hier te verbeter.

Henk Joubert van Klankkoerant Landbou het met Kriek gesels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Nou wil Ace Magashule van die beste landbouers in die wereld na Kuba en China neem om daar nuwe tegnieke aan te leer, terwyl baie lande ons boere wat hier `n las vir die anc geword het, met ope arms ontvang. Ek dink Ace wil weer soos gewoonlik die belasting betaler se geld gaan verkwis terwyl dit baie beter hier aan gewend kan word. Ek dink hy kan baie meer by ons boere leer.

Ouman ·

Kuba kan niks bydrae tot boerdery in Suid-Afrika nie. Hulle is afhanklik van geldelike hulp van die arme belastingbetalers af.

chris ·

Hoekoim dan nie sommer ook die eskimo’s gaan vra oor die nuwe tegnieke van piesang verbouing nie sal omtrent dieselfde waarde he.

CHRISTA ·

Hoekom wil hulle die boere China en Kuba toe neem om nuwe tegnieke te leer? Hulle moet die “nuwe” boere vir wie hulle die grond wil gee soontoe neem om nuwe tegnieke te leer, anders gaan hulle maar net op die grond plak en dink als sal vanself groei (soos in Zimbabwe)!! Vat ook die varkboer-minister saam, want sy weet nie jy MOET varke voer nie. Sy het seker gedog hulle vreet maar wat voorkom al is dit mekaar!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.