Luister: Voorgestelde wysigings aan Drankwet veroordeel

Argieffoto

Argieffoto

Die Drankwet is nou in die visier van die departement van handel en nywerheid.

Die regering wil die bemarking van alkohol sowel as borgskappe deur alkoholprodusente verbied en beoog om restaurante en ander klein handelaars aanspreeklik te hou indien ‘n persoon aan wie hulle drank verkoop het, ‘n ongeluk veroorsaak, berig Radio Pretoria.

Die regering beoog ook om die wettige drinkouderdom na 21 jaar te verhoog en die ure waartydens drank verkoop word, te verkort. Daar word beoog om geen drankwinkels binne 500m van skole, plekke van aanbidding of selfs woongebiede toe te laat nie.

Dr. Johannes Jordaan, hoofekonoom by Economic Modelling Solutions, het aan Radio Pretoria gesê advertensies veroorsaak nie dat mense meer drink nie…

Leon Louw, die uitvoerende hoof van die Vryemarkstigting, het die voorgestelde wysigings veroordeel…

Hy het gesê die voorstel om restaurante aanspreeklik te hou, is belaglik. Die berig is saamgestel deur Radio Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Joannë ·

Drank en sigarette en dwelms kan maar verdwyn. STEM volkome saam met verhoging van die ouderdom.

Leonie ·

Hulle kan maar shebeens toemaak want om die hoek van ons af het een opgepop en hulle maak mens mal in die nag met hulle gesuipery en party. Het al SAPS gebel dan word daar net gesê dis legal….. Ons Government het seker weer niks beters om met hulle tyd te doen nie. Hoop die Ministers tel ook nes die res van die publiek. Dis seker omdat meeste bottelstore deur wittes besit word. Get the bigger picture!!!

Gideon ·

Om die ouderdomsperk te skuif is belaglik- dit is dan volwasse mense volgens wet- mense wat mag stem, besluite maak wie moet regeer, kan seks hê, trou , kinders kry, maar mag nie drank koop nie- kom nou regering, julle is belagliker as wat ek gedink het!!!

VerVanRyn ·

Alles klink goed, behalwe die deel van aanspreeklikheid. Jy kan nie iemand anders aanspreeklik hou vir ‘n derde party se wangedrag nie.

Peet Schabort ·

Miskien moet die regering die ding verder vat.
Hou verkopers van voertuie aanspreeklik vir die ongelukke wat daardie voertuie veroorsaak. Dit is mos duidelik dat in verslae gemeld word dat dit die motor is wat gerol het of die pad verlaat het.
Messe wat verkoop word maak ook die verkoper aanspreeklik vir messtekery.
Vuurwapens wat misbruik word is die verantwoordelikheid van die wapenhandelaar ASOOK die SAPD-beampte wat die lisensie help goedkeur het.
Bestuurslisensies se uitreiking maak ook die betrokke instansie(s) verantwoordelik vir misdrywe en ongelukke voortspruitend daaruit.
En daar is nog voorbeelde.
HOE ABSURD IS VOORGAANDE EN WYS OOK DIE SIRKUSREGERING AAN BEWIND.

Sharon Anderson ·

Mag die wet deur gaan. Meer nog mag elke ouer begin om dit op hulle eie kinders toe te pas. Dit maak my siek wanneer ek 11uur id nag ‘n jong studente meisie geklee in bitter min klere sien waggeel oor die stil pad. Wanneer tieners NIE meer toegang tot drank het in hulle huise nie,. Wanneer hou ons Afrikaanse ouers op om tieners drank te voer voor hulle uit gaan. Dit sal nie nodig wees vir die gowerment om ons werk vir ons te doen nie. Kyk maar op Facebook hoe staan hulle met hulle fotos en botteltjie in die hand. Skrik wakker ons het nie wetgewing nodig nie ons het ouerskap nodig, wetgewing behoort te wees om na uur drank winkels te beheer en misbruik in die township onder die jeug hok te slaan.

Stef ·

So jou ‘mag die wet deur gaan’ sal beter ouerskap tot gevolg he?

Louw ·

Dit is presies wat die sosialiste doen om alle inwoners van ‘n land totaal en al afhanklik te maak van die regering!

Roebel Botha ·

Maw ons kan die regering verantwoordelik hou as slegte paaie die oorsaak is van ongelukke.

Pretorius ·

Die regering wil ons beheer hulle wil nie n diens lewer nie. Ons is die betalende bobbejaan hulle is die baas.

scalla ·

Daar is meer ander groter probleme in die land. Dit sal in elk geval nie die probleem stop nie want elke burger het sy eie keuse.

Eish! ·

Hou die regering verantwoordelik vir ongelukke agv paaie wat in ‘n toestand is. Verkeerde borde op paaie, gate in paaie, paaie wat wonder waarskuwing net weg is ens ens ens! Geen drankverbruik, lisensie hernuwings ens kan iets daaraan doen nie. Net staatsbeamptes wat weet wat en hoe dinge reggemaak moet word en die wet reg toepas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.