Luitenant-kolonel voor huis doodgeskiet

Lt.kol. Andre Kay (Foto: Verskaf)

Die owerhede is steeds op ’n moordtoneel by ’n huis in Bishop Lavis in Kaapstad waar ’n 52-jarige luitenant-kolonel vanoggend (Donderdag) koelbloedig doodgeskiet is. Lt.kol. Andre Kay was verbonde aan die Wes-Kaapse polisie se eenheid wat die uitreiking van permitte vir vuurwapens, dranklisensies en tweedehandse winkels reguleer.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê Kay het omstreeks 06:50 net in sy motor voor die huis geklim toe ’n onbekende man in ’n ander voertuig verskeie skote op hom afgevuur het. Kay is op die toneel dood.

Angus McKenzie, raadslid van Bonteheuwel, het Kay se moord as “sinneloos” beskryf. “Kay was ʼn hardwerkende polisiebeampte wat altyd sy beste gegee het, ten spyte van verskeie uitdagings.” Hy het gevra dat geen steen onaangeroer gelaat word om Kay se moordenaars op te spoor en te straf nie.

Volgens Potelwa ontvang die oorledene se familie en kollegas tans traumaberading.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by die teenbende-eenheid by 0800 664 264 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Frans C ·

So ruim georganiseerde misdaad enige struikelblok uit die pad.Wie is in beheer van die land? Sterkte toegewens aan naasbestaandes van die slagoffer.

Santie ·

Bitter hartseer. Doelloos vermoor. Innige Simpatie aan geliefdes. Rus Sag.

Jerry B ·

Tragies verby dit gaan erg in die Kaap. My hart se bly in SA maar my brein se “get out”.

Essie ·

Sien kan ons regering nou sien trokstraf is nie meer afskrik nie net die doodstraf sal voldoende wees

Hagar ·

Die motief vir die moord…… Hy het sy werk deeglik gedoen!!!!!!

Lindie Lourens ·

Ja-nee. Doen jy jou werk goed, word jy net uit die weg geruim.

@Hagar ·

Hoop nie sy vuurwapen was in die kluis nie, mnr Hagar.
Jy kan maar hoe paraat wees mnr, as jy gemerk is dan het jy n problem.

Karlahari ·

Hopelik verset die moordenaar/s hulle teen arrestasie……

Speedguard ·

Dit is om van siek te word……………….gaan dit ooit einde kry ?

Baardman ·

Doen julle iets julle kla te veel elke dag maar doen niks nie.

wielie ·

Kan die regering NIE WAKKER word en iets begin DOEN nie? Liewe vader mense word soos vliee vermoor in Suid Afrika

Theresa ·

Geen steen onaangeraak om skuldiges te vang. Vir wat – net om week in en week uit in die Hof te verskyn en op die ou einde ‘n jaar of wat op hulle rue te gaan lê in die tronk en niks doen om weer op straat rond te loop. Belaglik!! Die Regering staar hul blind omdat dit hulle pas.

thelsa ·

Wens net dat plaasaanvalle so drasties ondersoek word soos wanneer ‘n lid van die SAP sterf

Philip ·

Dit raak nou bietjie afgesaag om plaasaanvalle met elke moord te vergelyk.

Gert van Wierdapark ·

Dis IS TYD dat daar n prys op die kop van misdadigers geplaas word, sodat entrepreneurs met die nodige vaardighede hul kan uitsnuffel en oorlewer vir vonnis-oplegging! Ons sal dit maar nie “dead or alive” maak nie, maar “alive”. Dis tyd vir “bounty hunters” om die misdaad te help opruim, want so so MAG dit nie in die land voortgaan nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.