Luitenant vas ná sy glo polisie-skootrekenaar verkwansel

Argieffoto

Argieffoto

’n Polisieluitenant is in hegtenis geneem nadat sy glo haar skootrekenaar, wat aan die staat behoort, gebruik het om geld by ʼn finansiële onderneming in Klerksdorp, Noordwes, te leen.

“Die 40-jarige beampte is by die eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in Klerksdorp gestasioneer,” het lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die  Valke, Vrydag in ʼn verklaring gesê.

“Sy het na bewering die skootrekenaar gebruik as sekuriteit om ʼn lening van R1 100 by ʼn onderneming wat geld uitleen te bekom.”

Volgens Netshiunda kon die beampte nie daarin slaag om ʼn totaal van R1 900, soos ooreengekom met die onderneming, terug te betaal nie. Die onderneming het die skootrekenaar verkoop om hul geld te verhaal.

Die vrou staan tereg op aanklag van diefstal en moet Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Moeksie ·

Vat so jou katvis!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Sooo dom – dis hoekom die polisie hulle in diens neem…..

paul ·

Kan ons vra of die n MK lid is. Dit sal meer lig op die onderwerp plaas,,en dit duidelik maak aan die lesers..

Ghost ·

Hoe dom kan mens wees. En nougaan sy sonder werk ook sit. Apartheid sal seker ook weer die skuld kry.

pop ·

R800 !!!!!!alaat ander sommer ook sien wat vra die” loan sharks”vir n leningkie. Daai Madam sal seker nou se die staat betaal haar te min, so sy kan nie uitkom nie, maar ek wed sy ry luukse motor.

Dave ·

Ek het gehoop iemand gaan ook die verskrilk hoë rente raaksien. Wonder of dit wettig is.

Winston ·

Ja. Dom skelm en nog steeds n polisie offisier? Ek word elke dag al banger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.