LUR bedank amptelik ná Facebook-plasing

Onicca Moloi. Foto: ANA.

Stan Mathabatha, premier van Limpopo, het Dinsdag die amptelike bedankingsbrief van Onicca Moloi, LUR vir sport, kuns en kultuur, ontvang ná sy in die sop beland het oor ʼn Facebook-plasing waarin sy geïnsinueer het sy gaan bedank.

Kenny Mathivha, Mathabatha se woordvoerder, het gesê die premier het haar bedank vir haar werk in die provinsiale departement. “Al wens ons sy kon langer bly, het ons net goeie wense vir haar toekomsplanne en hoop sy sal dit aanpak met dieselfde energie as toe sy in die regering was,” het Mathabatha Dinsdag in ʼn verklaring gesê.

Moloi het in die sop beland ná sy Maandag op Facebook gesê het: “Liewe Masana-biskoppe, moenie julle bekommer nie. Ons sal ons bedankingsbriewe instuur en julle sogenaamde ‘blou ligte’ Vrydag oorhandig om julle werk maklik te maak. Ons het nie by die ANC aangesluit vir ‘blou ligte’ nie. Die uwe, Onicca Moloi.”

Masana is glo ʼn gewilde lodge in Limpopo wat dikwels deur ANC-hoës besoek word.

Moloi is twee naweke gelede deur Basikopo Makamu geklop vir die posisie van adjunksekretaris by die ANC se provinsiale konferensie wat onlangs in Polokwane gehou is. Sy is ook nie tot die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) verkies nie.

Haar bedanking is met gemengde reaksie ontvang. Mathivha het gesê Rob Tooley, LUR vir die provinsiale tesourie, is nou as LUR vir sport, kuns en kultuur aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan H. ·

Dankie moennie terug kyk nie,, Stel n wit persoon aan as julle vordering en geen diefstal wil sien nie!!

Moeksie ·

Stem 100% saam met jou Johan H. Beweeg aan – moenie jammer wees dat sy bedank het nie – wees liewer verheug…..

Gestremde ·

Dit klink eerder vir my of sy gekrap het waar dit nie gejeuk het nie en dat die verkeerde persoon op haar persoonlike kommentaar afgekom het. Wat is die gesegte…moet nooit ‘n gegewe perd aan die bek ruk nie…dalk skop hy jou waar dit seer maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.