LUR bekommerd ná wagte by skool geskiet word

Argieffoto

Kwazi Mshengu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, het Sondag sy kommer uitgespreek oor die vlaag gewelddadige voorvalle by skole in die Folweni-gebied, suid van Durban.

Dit kom ná die jongste voorval waar twee veiligheidswagte Saterdag in die vroeë oggendure deur onbekende aanvallers by Folweni High School geskiet is. Die voorval het in dieselfde gebied gebeur waar ʼn onderwyser twee weke gelede koelbloedig vermoor is. Folweni High School is ook dieselfde skool waar ʼn leerder een van sy klasmaats ʼn paar jaar gelede tydens ʼn rusie oor ʼn selfoon doodgesteek het.

Na berig word, het twee private veiligheidswagte Saterdagoggend die skoolperseel gepatrolleer toe hulle albei geskiet is, een in die been en die ander in die bors. Die wag wat in die bors gewond is, is tans in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

Tydens die voorval is enjins en ratkaste van Quantum‑minibusse wat aan die skool geskenk is vir gebruik in praktiese lesse vir meganiese tegnologie gesteel. Die skool se administrasiegebou en die rekenaar- en wetenskaplaboratoriums is ook erg beskadig.

“Ons is oor die algemeen bekommerd oor die voorvalle van geweld in ons skole, maar dit blyk dat die Folweni-gebied een gebied is waarop ons intensief moet fokus,” het Mshengu gesê.

“Ons wens albei veiligheidswagte, veral die een wat in die waakeenheid behandel word, ʼn spoedige herstel toe. Geweld in ons skole is ʼn ernstige kwessie en hierdie voorval bewys weer die ontplooiing van veiligheidswagte by skole kan nie die enigste oplossing vir hierdie vlaag geweld wees nie. As ʼn samelewing moet ons saamwerk om volhoubare en berekende oplossings vir hierdie probleem te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Natascha ·

Deursoek al die kinders. Deesdae is al wat n kind is gewapen.
Dan wil hul nog ons skole ook oorvat en van dit n morskuil maak. Kyk almal is nie dieselde, jy kry nog goeies onder hul, maar deursoek elke leerling wat by n skoolhek inloop, nie net vir wapens, maar dwels ook.

danie ·

Hou op om te ” bla bla bla”. Dis al wat julle regeerders kan doen. Doen n slag iets daaraan. Julle het `n sisteem op `n skinkbord gekry en alles het afgeval. Julle arme anc kiersers is te dom of gwoond aan hierdie tipe bestaan om iets daaraan te doen.

Sam ·

Betaal nog kinder toelaes. Spreek nog moordenaars vry. Moenie oortreders vervolg nie. Uiteindelik gaan hulle aanvaar dat as hulle skotvry wegloop van oortredings teen bl ankes, gaan hulle oortredings teenoor swart ook ongestraf gaan.

Johan ·

Daar is geen kits oplossing nie. Maar ons sal die beveiliging van die samelewing moet beplan asof ons in ‘n oorlogsituasie is.

Nita ·

Elke en iedere skool in die land moet as n heiligdom beskou word. Die volk gaan onder weens onkunde dan word die enigste pad uit die ellende geplunder. Dit moet as terrorisme beskou word en die weermag MOET ingeroep word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.