LUR besoek Pretoria skool oor beweerde rassisme

Die hek van die Pretoria Girls High School. Foto: Twitter

Die hek van die Pretoria Girls High School. Foto: Twitter

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, was Maandagoggend in ʼn vergadering met die bestuur van Pretoria Girls High School gewikkel oor beweerde rassisme.

Bewerings is op sosiale media gemaak dat swart leerders by die skool nie toegelaat word om hul natuurlike hare by die skool te dra nie en dat rastalokke (dreadlocks), haarvlegsel- (braids) en afro-haarstyle verbied word. Een van die leerders by die skool het op Twitter beweer dat ʼn onderwyser haar eenkeer in die gang voorgekeer en aangesê het om haar natuurlike afro-kapsel plat te maak.

Leerders het Sondag voor die skool teen die beweerde rassisme betoog en geëis dat die departement ingryp om die probleem op te los. Lesufi het op Twitter bevestig dat hy ʼn petisie met eise rakende die kwessie ontvang het en dat hy die probleem sal aanspreek.

Op ʼn twiet deur ene @simonphomo wat versoek het dat Lesufi die “Pretoria buffoons” moet regsien, het Lesufi geantwoord: “Los dit vir my en my span. Dit sal gedoen word. Ek sal julle nie teleurstel nie.”

Intussen het Equal Education in ʼn verklaring gesê die organisasie ondersteun die swart leerders by die skool “in hul verset teen die rassisme by die skool”.

“Suid-Afrika het ʼn lang geskiedenis waarin swart mense se hare gepolisieer word. Swart mense het nie slordige, onbeheerbare of onversorgde hare nie. Om enigsins iets anders te insinueer is rassisties en herinner aan koloniale stereotipes wat steeds swart mense traumatiseer,” het Equal Education gesê. Die organisasie het verder gesê skoolbeheerliggame moet hulle daarvan weerhou om reëls te maak “volgens hul eie vooroordele”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Uys ·

Nou gaan die skool lyk as die ander dogters by die skool opdaag met geel pers en pienk gekleurde hare

Alida ·

Die skool het seer sekerlik spesifieke reëls wat betref netheid. Maar nou-ja ons mede landsburgers steur hulle mos nie aan reëls en regulasies nie. Lesufi probeer nou weer groot meneer speel. As hy die moeite doen en die skoolreels lees sal hy sien. Wat sal gebeur as 600 meisies met hulle hare doen wat hulle wil.

Asjas ·

Die probleem met die Afro is dat dit so hoog en wyd staan dat die kinders agter haar nie die Onderwyser kan sien nie.

Paul ·

Sjoe, Asjas. Dis seker ‘n absoluut onoorkombare probleem…
Dieselfde as die probleem van die outjie wat in graad 8 al ses voet is met skouers breër as ‘n deur. Niemand kan ook die onderwyser sien as hulle agter hom sit nie. So moes talle kinders al hul skoolloopbane deurgaan terwyl hulle net in iemand se rug vaskyk.
Of nee wag, daar’s ‘n oplossing. Skuif die banke… *sug*

Kul-tuur ·

Rerig? Mag ‘n skool nou nie eers meer reels he ter wille van dissipline en ordelikheid nie? Waar gaat ons heen?

RIKA ·

Reëls is dissipline. Sonder dit, sal die kinders total handuit ruk. Ek verstaan hul hare staan verwoes, maar tog lyk dit mooi en netjies as dit teen die kop gevleg word. Wat van ons blanke dogters. Hul hare moet ook vasgemaak word. Selfs die dae wat hul gewone klere skooltoe dra. Dan mag die hare ook nie los hang nie. DIS REG!! Net soos skooldrag. Dit is absoluut noodsaaklik. Dit dwing ook dissipline af. Wat dink hulle. In jou werksituasie is daar ook dissipline. Jy kan nie net maak wat jy wil nie. Jyy moet mos ‘n goeie beeld uitdra.

Joe Gricius ·

Dit laat my altyd verstom hoe dat sekere reëls en regulasies wat nie ander kulture pas nie gesien word as rassisme! As jy nie wil inval by dié reëls en regulasies nie voel welkom om nie gebruik te maak van ons instansies met waarde en standaarde nie.

Mielie ·

Daar was in ons skooldae baie reels Wat ons nie van gehou of gepas het nie. Nooit openlik daaroor geprotes nie . As jy skool drag aan gehad het moes jy nogsteeds goed opgetree het. Self Banke het n gedrags en klere beleid. Pas tog daar by aan. Doen Wat jy wil as jy op universiteit is… mense bring al die goed oor hulself agv hulle gedrag. Kry n lewe en hou op om selfbejammering te soek. Elkeen is Wat hy is.

barend ·

dieselfde het in die 60″s en 70″s in amerika gebeur ,moet ons nou bang wees vir die lesufi?
daar is weer iets anders agter die kap van die byl ,pleks hulle liefs leer en ophou kla oor hare ,die hoof moet die kode volg en verbied hulle die skool

Johan ·

Die beheerligaam het tog seker die mandaat om reëls voor te skryf. Dis nie nuwe reëls nie. As jy nie wil inpas by die reëls van die skool nie….hoekom gaan jy dan daarna toe…….dis weer n poging om goeie beheerde skole disfunsioneel te maak……ek sê weer soos voorheen…..dis die einde van model C skole veral afrikaanse skole…..ons moet begin afrikaanse privaat skole bou…..die Lusufi man se enigste doel in die lewe is om te bewys dat afrikaanse skole rasisties is en dat hy afrikaanse skole totniet gaan maak……..ouers van kinders in die laerskole skrik wakker……..

Leonard van der Dussen ·

Johan is reg, maar daar is min mense wat regtig met jou gaan saamstem. Die meerderheid knyp nog oë toe en hoop maar vir die beste “want by ons skool is dinge nog reg”. Met die klem op “ons” en op “nog” en sonder om iets verder te sê wat daarop dui dat daar ‘n plan vir die volgende fase gemaak word. As mense versiende is, sou hulle gesê het “….is dinge nog reg, maar ons is besig met …. [alternatief]”. Dis daardie laaste frase wat nog nie by mense opkom nie. Daar is alternatiewe aan die groei, maar mense verstaan nog nie dat hulle moet begin saamwerk daaraan, selfs al dit dalk om hierdie of daardie rede nog goed om die kind tans “nog” in die Model C-skool te hou nie.

Leonard van der Dussen ·

Nee, skole. Tuisskool is ‘n verskynsel en ‘n keuse, maar nie ‘n oplossing nie. Daar moet omvattend en met staatkundige leierskap gedink en gedoen word om onderwys te bestendig en die toekoms in te vat.

Paul ·

Met “staatkundige leierskap”? Bedoel jy die staat moet leiding neem, Leonard?

Indien dit is wat jy voorstel, is daar geen hoop op sukses nie.

Annemarie ·

Stem 100% saam met Johan. Ouers en leerders teken ñ kontrak met die skool by registrasie van die leerder om hul te onderwerp aan die skool reëls. As dit jou nie pas, soek ñ ander skool!!!

Sid ·

Is die spelling verwysing na “buffoons” polities korrek, maar as dit ‘n blanke indiers of kleurling die woord gebruik het sou ons in die hof moes antwoord en sekerlik R150 000 moes afstaan. Hoop dat die meisie ingelig sal word sulke verwysing na mense nie reg is nie. Wat sy moes deur maak is verkeerd maar gee haar nie die reg om ander so aan te spreek nie

Annatjie Kruger ·

Sid, in hierdie geval is dit polities korrek, want die woord was deur ‘n swart persoon gebruik. Was dit nou soos jy sê ‘n Indiër, Kleurling maar veral Wit persoon, was daar reeds ‘n klagte by die kommissie wat rasse-aangeleenthede oorsoek ingedien.

Paul ·

Ek het hierdie kommentaar al voorheen gelewer, maar dis onverklaarbaar verwyder.

Die woord “buffoon” verwys nie na ape of bobbejane nie. Dit klink bloot toevallig soos “baboon”. Die woord “buffoon” is van die Latynse woord “buffo” afgelei, wat “hanswors” beteken.

Kul-tuur ·

Joe Gricius, ek stem saam, hier is regtig geen element van rassisme betrokke nie-enige ongegronde aanklag word deesdae gefabriseer en as rassisties gebrandmerk-om die aandag af te trek van skole en universiteite se mandaat, naamlik opvoeding en dan wil studente dit boonop gratis he.

Anti regering ·

So begin dit die ongedissiplineerde kinders wil na ‘n goeie skool toe gaan soos Girls High maar weens hulle opvoeding nie die dissipline stelsel aanvaar nie nou skree hulle rassisme pleks eerbiedig hulle die skoolreëls en dissipline en maak dit beter vir almal.

Anti regering ·

Skuus ek ontrek my vorige kommentaar ek ken nou die feite en daar is regtig ‘n geldige probleem wat so gou moontlik moet aangespreek word

Kobus ·

Nie nodig om jou kommentaar te ontrek nie. Het jy vanaand se nuus gekyk en sien hoe lyk bv daai een met die “beehive” se hare. Dit het niks met rassisme te doen nie, dit is suiwer kindertjies in die nuwe land wat so bemagtig is en hul sin wil hê, anders gooi hulle soos die studente al hul speelgoed uit die kot. Het jy gehoor waaraan die meise glo en watter twak sy kwytraak? Dit is nou waar ons in die land is.

In my jongtyd moes die mans tevrede wees met “short back and sides” en die miesies se hare, as dit skouerlengte is, moes vasgemaak wees in ‘n poniestert.

Vandag word sulke reëls rassisme genoem. Kan jy nou meer!!

E.K. ·

Ai tog… in my dae mog jou hare nie aan jou kraag raak dan moes dit vas, maak nie saak of jy 170 knippies en goed moes gebruik nie. Jy mag glad nie hare gekleur het en as ek sien hoe losserige stringe hang party se hare deesdae… Ons rokke MOES net presies so hog bo die knie wees (en ou matie die prefekte het dit gemeet!) en al sulke goed, maar ja, ons het disipline geleer. Vandag sukkel mens nie om by streng werkplekke in te pas want dit is hoe ons groot geword het. Disipline is regtig net tot mens se voordeel al dink jy as kind nie so nie!

my REG!! ·

het al lankal geweet hierdie saamsit om een tafel gani werk ni!!! as di ouers hul so grootgemaak het sonder disipline gan daai boompie ni buig nie… ons is VER van mekaar geskei!!!! ons pas ni by hul an nie!! en hul nie by ons nie…. al is hy my buurman!!! kan ek hom nie nooi vir n braai nie!!… want jy het net n snaakse gevoel!! mar dit maak jo nie n rasis nie!!!

Niel ·

Multikulturalisme werk nerens in die wereld nie, sal hier ook nie werk, stem saam, soort soek soort

UJ ·

Hoekom moet als altyd aan rassisme gekoppel word. Julle maak my siek jul doel voor oe is net nog n rede om te betoog en nie klas te loop nie. Wonder wat gaan van hierdie land word met sulke toekomstige leiers…………..Dit is om van naar te word.

alice pretorius ·

Dis mos nou weer eksamentyd? Wil nie skryf nie, wil liewer moeilikheid maak.

Theo ·

Moontlik is jy reg Alice. Dink nou net wie kry weer die skuld as sy haar eksamens dop.

Mielie ·

As hy nou rerig n bydrae tot die samelewing wil maak sal hy vir die meisies se reels is daar om gevolg en toegepas te word. Dis hoe dit in die wereld werk. Dis een van die redes dat die mense nie vooruit gaan nie, hulle breek net af ipv opbou en aanpas. Ek glo daar is kinders wat “los bollas” wil dra, franse naels wil he, maar hemel tog hulle gaan nie aan daaroor nie

Columbiana ·

So moeg vir hierdie land se ras nonsens. Dit hou net nooit op nie. Whiteness? Wat de hel is dit? Blackness? Wat de hel is dit? Nee wat die haat hier is te erg. Dis tyd om te trek.

Dissselboom ·

Interessante verwikkeling waar die aanslag nou op ‘n Engelstalige skool is; maar ook weer eens ‘n skool wat (ten spyte van die staat) prestasies lewer. Aan die een kant verleen dit nou ‘n soort geloofwaardigheid aan die Lesufi, want nou is daar mos bewys hy is teen rassisme en nie teen Afrikaans nie (?). Aan die ander kant is hier ‘n geleentheid om te bewys die regering verpolitiseer onderwys, in ooreenstemming met die sosialistiese doelwitte van die nasionale kurrikulumverklaring (soos in CAPS in werking gestel) en het nie akademiese sterkte met (alle) skole as primêre doelwit nie.

susan@ ·

Ons moes ons hare in n ponystert bind en as jou “kyf” Te lank was moes dit korter gesny word. Daardie tyd was die hare “geteace” Om soos afro Te lyk…….n nee nee vir skool. Hulle ons Dan huis toe gestuur. Reels is reels!!!

Plato Pravda ·

Dit is uit en uit ‘manufactured outrage’. Die hele storie so pateties, tog is daar n ‘knee-jerk’ reaksie van die polities korrekte brigade. Het Lesufi nie werklikke probleme om sy aandag op te vestig nie?

Rina Kotze ·

Wanneer jy in Rome is, maak jy soos die Romeine!

Skoolreëls is daar vir ‘n rede! Dis baie nodig en dit skep neutralitieit en gelykheid, veral tussen kinders wat uit welgestelde huise kom en kinders wat uit minder welgestelde huise kom.

Toe ek op skool was, was daar baie reëls, veral vir meisies, veral ten opsigte van hare, naels, kleredrag, aanvaarbare lengte van skoolrok of romp.

Reëls is nodig, jammer vir digene wat “moan”, pas maar aan daarby, dit sal jou net goeddoen!

Dalk is hulle wat so “teen” skoolreëls is, nie gewoond aan dissipline en reëls by hul huise nie??? Sê maar net!

Hendrik ·

Hierdie geveg gaan die skool nie wen nie. Die meerderheid het gepraat en minderhede sal maar gimnas-gimnas moet speel om aan te pas. Weereens gaan dit oor kultuur vermenging en waar die meerderheid gaan wen. Dit is mos demokrasie. Wag tot 2019 dan stem jy hulle uit.

Louise ·

Ek kan nie help om net te lag uit moedloosheid uit nie.
Waar in die lewe gaan ons standaarde, selfrepsk en dissipline heen. Daar is n rede hoekom LANDS BURGERS reels en regilasies moet volg van KLEINS af anders sou daar GROOT gemors wees.
So net so tussen die os en die jas.
Dan mag die WIT dames hulle hare Teeze, frizz, perm, kleur hoe ookal hule wil. Want wat goed is vir die een is goed mos vir die ander of hoe.

Georgie ·

Ai ek deel jou emosie Louise…moedeloos verby. Sekerlik word die blanke dogters ook berispe oor hare, klere ens. Maggies mense het julle al party van daai afro’s gesien?!?!

TM ·

Lyk my die LUR het nie baie werk nie, want vir elke piep wat ‘n leerder maak gee hy sy volle aandag voor. Ek sê jou wat meneer LUR, kom ek help jou baie moeite spaar vorentoe. Jy kan kan nie vir almal altyd hulle sin gee nie. Jy sal die heeltyd in jou kar moet spring. Vertel vir die leerders om hulle by die reëls van die betrokke skool te hou. Wat vir een geld geld vir almal. Dis so maklik, maar nou probeer jy hero speel maar jy veroorsaak net meer gemors. Maak jou stem dik en laat die leerders verstaan reëls is reëls. Dan kan jy nog meer vrye tyd hê.

Arno van Niekerk ·

Of die reels rassisties is of nie is nie die kwessie nie. Die probleem is dat die reels aangaande haarstyle oudmodies is. Wat aanvaarbare haarstyle in die moderne besigheidswereld (insluitend banke) is, sal dikwels nie toegelaat word in skole nie. Blanke persone is ook dikwels nie bewus dat die haarstyle wat afgedwing word op leerlinge, onprakties en moeilik is vir nie-blanke leerlinge om te handhaaf nie. As die kurrikulum moet aangepas word sodat dit nie verouder nie, is dit sekerlik nie te veel gevra dat die voorkomsreels nagesien moet word om alle rasse te akkomodeer nie. Dissipline en ordentlikheid is nie afhanklik van billike en opgedateerde voorkomsreels nie. Let wel dat ek nie anargisme voorstel nie, bloot net billike hersiening van voorkomsreels. Ek sal graag wil sien of diegene wat die skool probeer verdedig gelukkig sal wees as dieselfde reels toegepas sou word by hul eie werksplek.

E.K. ·

Arno – Daar is genoeg produkt eop die mark om alle soorte hare onder beheer te bring/hou. Mens sien gereeld modelle of foto’s van mense wat hul hare vir ‘n sekere dag/voorkoms met sulke produkte heeltemal glad kry sonder om chemiese produkte te gebruik wat dit reguit maak. Ek dink nie die reels is soseer verouderd maar ek dink ook nie mens moet reels so buig om party mense te pas nie. Volgende wil iemand weer reels verander om hom/haar op een of ander manier te pas. Dis ‘n keuse of jy na ‘n skool wil gaan en as jy daardie skool kies moet jy maar inpas by die reels. Jou stelling oor of mnse by die werk sulke reels sou wou he -toe ek jare gelede gewerk het moes ons kontrakte teken en in dit was daar duidelik uitgespel hoe jy die uniform moes dra, jou hare juweliersware, skoene ens ens en as jy die kontrak geteken het moes jy daarby hou. Niemand het jou gedwing om daardie werk te aanvaar nie maar as jy daar wou werk moes jy by die reels hou. Dus was dit my KEUSE om daar te werk en moes ek by die firma se reels bly en klaar.

M A ·

Die bohaai gaan bykbaar oor die meisies wat “aangesê is om hulle hare chemies reguit te maak”. Dis bog – hulle wil net Afros dra. In my skooltyd was daar kinders met krulhare wat maar net plan moes maak. 170 haarknippies as dit moet. Die ander kwessie hier is ook dat die kinders net Engels mag praat – dis vrééslik rasisties. As Lesufi bly inmeng by Afrikaanse kleuterskole en Engelse hoërskole se taalbeleid, hoekom staan hy nie tyd af om skole in Sotho, Zulu en al die ander tale, insluitende gebaretaal, te stig nie. Moedertaalonderrig. PHSG is oor die 100 jaar oud. Hou op karring.

jaco ·

los die probleem op deur die onderwysers wat die reels maak en toepas, eenvoudig aan te rand. Dit gebeur in hoeveel skole en die leerders wat dit doen word nie daaroor gestraf nie.

Potlood ·

So m.a.w moet die reels verander word vir sommige groepe… Anders kan ander kinders ook met “afro’s of braids” of selfs ‘n clown suit skool toe gaan… Wat van ander kultuur waardes en gewoontes… Almal kan nie altyd gelukkig gehou word nie, dit is die lewe… Maar dubbel standaarde is mos baie gewild deesdae… Die een wat die hardste skop en skree kry hulle sin eerste…

Ek is jammer, maar daar is BAIE belangriker goed in ons land verkeerd as hare… Kan ander sake ook asb so vinnig aandag ontvang asb…

Karen van Zyl ·

Ek verstaan wragtig nie hoekom ‘n skool kind so tekere kan gaan oor reels nie , regtig? Die onderwyseres is glad nie verkeerd nie en probeer net discipline toepas.

T ·

Reels is reels ek het deur die reels gelees en dit is nie rasisties nie … daai reels kan tel vir enige kind. Hulle ruk dit nou uit verband uit want hulle wil hulle hare dra soos hulle wil. Daar is reels as jy kyk na die dogter op die fotos is haar hare lank en moet vasgemaak word dan dis al … rasisme word ingesleep as iemand nie hulle sin kry nie. Want dan werk dit vir hulle en nie teen hulle nie .. dis hoe dit werk. Dit soos wolf wolf skree, nou skree ons net rasisme rasisme

Karen van Zyl ·

Ek stem heeltemal saam met jou “T” as my seun se hare kort hare oor sy kraag hang dan word hy huis toe gestuur, is dit rasisme? glad nie.

Jordaan ·

Kan Lesufi nie maar so dringend aandag aan al die disfunksionele skole gee nie? Nee, dit is makliker om iets wat werk af te trek as om iets wat stukkend is te probeer heelmaak.

Jan maak n plan ·

Eerstens die rassistise kwesie – wie is die “buffoons” ??? Is dit nie nou bietjie erg rassisties nie. Wat die haar reels betref. Die skool het reels. Tie sy ingeskryf het daar het sy daarvan geweet en haarself daaraan onderwerp. So wat my betref as sy nie van diw reels hou nie, kry asb n skool wat by jou haarstyl kan pas.

Paul ·

Jan, die woord “buffoon” is afgelei van die Latynse woord “buffo”, wat “nar” of “hanswors” beteken. Dit het niks met “baboon” te doen nie.

Andrea ·

Wat n belaglike spul! Ons mede-landsburgers sukkel met dissipline.

tom ·

Daai nar wil seker die minister van onderwys word want ou blade se dae is getel.as minister van onderwys

Jan Lubbe ·

Is dit Rassisme of toepassing van dissiplne. Lyk my party leerders verwar hierdie twee konsepte.

Anoniem ·

Jan Lubbe ek stem 100% met jou. Alles word mos aan rassisme gekoppel…..

CL ·

Wat ‘n klomp twak. Hoe swak hanteer Lesufi dit. Soek die oorsprong van die probleem mnr. die LUR voor jy die raskar ry. Waarskynlik ‘n groep rebelle wat nou onderwysers se loopbane wil verongeluk. Sies vir jou. Dit betaam ‘n LUR nie om op sosiale media aannames en beloftes te maak voordat die saak nie eers in diepte by die skool ondersoek is nie.

Theresa ·

Sulke snert!!!! En dan het die snuiter die REG om ‘n ander mens te beledig met die word buffoon. Nee wat. Maak plat die afro, want dis nie gepas by skoolklere nie. Sit maar knippies in soos alle meisies moes – nog al die jare – om elke haartjie mooi en netjies in plek te hou, want dit moenie aandag aftrek nie. Hou die rokkies net so bo die knie sodat die aandag weer nie afgetrek kan word nie… Skoolkinders is nie universiteit/college studente nie. Hou hul vas by reëls wat die skool getem hou vir almal, asb. Die wat nie daarmee kan saamleef nie, is mos baie welkom om elders skool te gaan waar hul kan maak wat hul wil.
Wens die owerhede wil nou ophou om die rassisme-kaart so na een kant toe te speel. Kan ons nie nou maar almal groot word nie…

Herman Smalberger ·

Dis nou wel ‘n Engelse skool, maar waar is Afriforum en Solidariteit nou? Waarvoor ondersteun ons hulle?

Herman ·

Dis duidelik dat jy hulle nie ondersteun nie en net wag vir ‘n geleentheid om te kritiseer.

Kowa ·

Dit is September, m.a.w. 8 maande nadat die skool in Januarie begin het. Hoekom is die afro nou skielik ‘n probleem? Iets laat my dink die meisiekind het in die sop beland oor iets anders en uit leedvermaak die hare in ‘n nuwe styl verander om die onderwyser uit te tart. Nou kom sy die onnie en sommer nog ander waarvan sy nie hou nie “by” met haar twak.

Feite ·

Dit klink my jy slaan die spyker op die kop.

Ek verneem dit het eintlik begin met ‘n toespraak wat laas week deur ‘n leerder gegee is?

hans ·

Ek kan nie glo dat die kinders nie buite te die klaskamer met mekaar in hul eie tale mag praat nie. Dit is rekord eksamentyd moontlik is daar nie geleer nie en nou word dinge ge-opper om eksamen te ontwrig.

Ouman ·

Het nou berig gelees waar 2 skoolhoofde van skole in Soweto bevestig dat hulle ook soortgelyke reels het oor hare en dat hulle niks verkeerd sien met Girls High se reels nie. Lefufi is net daar om aandag te soek pleks hy spandeer eerder tyd by skole wat glad nie funksioneer nie

Santie ·

Ek sê dit nou baie versigtig opdat ek nie in die moeilikheid kom nie, maar die rasta-lokke en die kunshaar-vlegsels word aan die persoon se eie (gewoonlik kort) hare vasgevleg en dan kan die kop nie gewas word nie. Ek sou dus sê dis ‘n kwessie van higiëne. Enige styl wat uit die persoon se eie hare bestaan en skoongehou kan word, behoort aanvaarbaar te wees. Maar met Lesufi in die mengsel gaan daar in elk geval niks sinvols van kom nie. Sterkte aan die skool.

rr ·

Dit is ń skool nie ń mode huis nie. In gewone skole is die kinders se hare netjies.

hans ·

Die beeld materiaal en kommentaar t o v op al die tv-kanale is beslis nie gebalanseerd nie.

Kobus ·

Nou vra ek met trane in my oë, wat het dit als met rassisme te doen??? My persepsie is dat dit die kindertjies is wat nou voete stamp en hul speelgoed uit die kot gooi, anders is hulle nie ‘in’ nie en Lesufie is te geredelik byderhand.

Ek het vir my toenterjare, jonktyd, so ‘n helderder as helder rooi-oranje koordrooi langmouhemp gekoop, net om anders te wees, ek wou ‘n ‘statement’ maak, al was dit nie wie ek was nie, en ek het self nogal nie gemaklik gevoel om die hemp te dra nie. Maar statement wou ek maak, wat dit was weet ek nie, ek wou net anders wees.

Boerseun ·

dis nou hulle sin so hulle kan seker maar doen wat hulle wil. Die engilse moet vir hulle kry

Chris ·

Lekker, kry vir julle , julle Liberaliste. Na watter skool gaan julle nou julle kinders heen stuur? Hoe lekker kry ek nou.

Pik ·

Die probleem is balans maak nie saak wat jy doen as daar te veel van 1 iets is gaan jy moeilikheid optel

Lance ·

Enige reels of as iets jou dalk nie pas nie is of rasisties of apartheid se skuld ….word groot !

ekke.. ·

Dit is die forhelle se manier om konfrontasie uit te lok en dan appartheid of rasisme aan die klok te hang! Ons moet ons belasting en skoolgelde van alle instansies waar die regering hul vingers in die pie het, tot hulle vir n slag na ons luister en besef ons is net so deel van die land, soos hulle!

Karen van Zyl ·

Dit is nie rasisme nie. Die skool het reëls en dit moet gevolg word, ek ook het baie krullerige hare, nou nie soos hare nie maar my ouers was ingeroep om te sê dat die “perm” uit my hare moes. Respekteer ons kinders die reëls van skole deesdae, nee ek is bitterlik jammer om te sê dat dit in my opinie dit nie gevolg word nie.

Akram ·

Genugtig. Die instesel het self die BBC gehaal. Daar was vanoggend n ondehoud gevoer met n oud leerder. Sy is nou n verlaggeefster vir n koerant of iets. In die betrokke skool is daar ongeveer 1600 leerders en 100 onderwysers waarvan 5 nie blank is nie. Ek sien dit soos volg: ek wil my kind in n skool sit. as ek tevrede is met die reels van daai skool dan is dit mos ek wat die reels aanvaar. Indien nie, dan soek ek n ander skool. hoekom moet die skool nou reels en regulasies buig en verander om sekeres te pas? AS dit n reel is en die goedkeuring wegdra dan moet dit bly. Ek sien die hare issue glad nie as n rassistiese punt nie. Die skool maak voorsienning en het self reels in plek vir dreadlocks. Bv dit mag nie dikker as 10mm wees nie. Vir my kom dit neer op dissipline. Kinders kom in opstand en dan word daar ingegee. wat is volgende? Rassime word baie vinning gebruik. as n reel jare al in plek is, dan moet dit bly.

John ·

Ons praat oor die oppervlakkige probleem. Waarheen lei die sielkundige oorlog met rassisme as tema: Die sg witskole moet by ‘ons’ behoeftes aanpas (soos by universiteite). Reels moet opgese word en elkeen kan dra en doen wat hy wil. Die bank van klasse sal ook volg. Die leerders se rokkies, as ek reg lees, is reeds baie korter as in vorige jare. (My suster moes op haar kniee staan en die lengte is van die vloer af gemeet.) Baie vroulike universiteitstudente gaan dikwels uiters skamel geklee. Dit sal ook by skole gebeur. Hierdie is ‘n totale aanslag. Die naweekhaardosse kos glo ook ‘n hele paar rand as ‘n haarkapster help, gevolglik wil die waarde verleng word. Die afskaf van skoolklere, die invoer van kultuur’goedere’ en eiesoortige onderwysers gaan volg… en… skoolgeldmoetval-toi-toi’s ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.