Bewerings is op sosiale media gemaak dat swart leerders by die skool nie toegelaat word om hul natuurlike hare by die skool te dra nie en dat rastalokke (dreadlocks), haarvlegsel- (braids) en afro-haarstyle verbied word. Een van die leerders by die skool het op Twitter beweer dat ʼn onderwyser haar eenkeer in die gang voorgekeer en aangesê het om haar natuurlike afro-kapsel plat te maak.
Leerders het Sondag voor die skool teen die beweerde rassisme betoog en geëis dat die departement ingryp om die probleem op te los. Lesufi het op Twitter bevestig dat hy ʼn petisie met eise rakende die kwessie ontvang het en dat hy die probleem sal aanspreek.
Op ʼn twiet deur ene @simonphomo wat versoek het dat Lesufi die “Pretoria buffoons” moet regsien, het Lesufi geantwoord: “Los dit vir my en my span. Dit sal gedoen word. Ek sal julle nie teleurstel nie.”
Intussen het Equal Education in ʼn verklaring gesê die organisasie ondersteun die swart leerders by die skool “in hul verset teen die rassisme by die skool”.
“Suid-Afrika het ʼn lang geskiedenis waarin swart mense se hare gepolisieer word. Swart mense het nie slordige, onbeheerbare of onversorgde hare nie. Om enigsins iets anders te insinueer is rassisties en herinner aan koloniale stereotipes wat steeds swart mense traumatiseer,” het Equal Education gesê. Die organisasie het verder gesê skoolbeheerliggame moet hulle daarvan weerhou om reëls te maak “volgens hul eie vooroordele”.
- Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng by Pretoria Girls High School (Augustus 2016) Foto: Twitter via @EducationGP
- Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, tydens ‘n vergadering by Pretoria Girls High School. Foto: Twitter via @EducationGP
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
80 Kommentare
Nou gaan die skool lyk as die ander dogters by die skool opdaag met geel pers en pienk gekleurde hare
Die skool het seer sekerlik spesifieke reëls wat betref netheid. Maar nou-ja ons mede landsburgers steur hulle mos nie aan reëls en regulasies nie. Lesufi probeer nou weer groot meneer speel. As hy die moeite doen en die skoolreels lees sal hy sien. Wat sal gebeur as 600 meisies met hulle hare doen wat hulle wil.
Rerig? Mag ‘n skool nou nie eers meer reels he ter wille van dissipline en ordelikheid nie? Waar gaat ons heen?
Dit laat my altyd verstom hoe dat sekere reëls en regulasies wat nie ander kulture pas nie gesien word as rassisme! As jy nie wil inval by dié reëls en regulasies nie voel welkom om nie gebruik te maak van ons instansies met waarde en standaarde nie.
Daar was in ons skooldae baie reels Wat ons nie van gehou of gepas het nie. Nooit openlik daaroor geprotes nie . As jy skool drag aan gehad het moes jy nogsteeds goed opgetree het. Self Banke het n gedrags en klere beleid. Pas tog daar by aan. Doen Wat jy wil as jy op universiteit is… mense bring al die goed oor hulself agv hulle gedrag. Kry n lewe en hou op om selfbejammering te soek. Elkeen is Wat hy is.