Die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal lê Dinsdag besoek af by ʼn hoërskool in die provinsie waar daar glo lyfstraf toegepas word.
Dit volg nadat ʼn video op sosiale media gedeel is van ʼn onderwyseres wat na bewering minstens vyf meisies met ʼn stok op die rug slaan.
Die video is verlede Dinsdag deur Makhi Zihlangu op Facebook gedeel, waarna dit soos ʼn veldbrand versprei het en ʼn groot debat oor lyfstraf ontketen het. Dit was teen Dinsdag reeds sowat 400 000 keer gekyk.
Die video is onder die aandag van die provinsiale departement van onderwys gebring en verdere ondersoek het bepaal dat die voorval by Prince Tokotoko High School in KwaNongoma plaasgevind het nadat die leerlinge glo ʼn toets gedruip het.
Mthandeni Dlungwana, LUR vir onderwys, en beamptes gaan die skool Dinsdag besoek om die voorval te ondersoek en om die leerlinge, beheerliggaam, ouers en onderwysers toe te spreek. Die departement sal meer terugvoer oor die voorval gee sodra die besoek afgelê is.
Die departement het onderwysers gewaarsku om nié lyfstraf toe te pas nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
49 Kommentare
Sjoe my bloed kook sommer. Ek glo aan lyfstraf op ernstige sake, maar dit klink soos gewone skoolwerk sake en dan nog so aanmekaar, blerrie merrie, ons moet die lat vir die kinders gee, nogal hul mooi staanmaak oor ‘n stoel. Ek kan nie glo dat mense nog hul frustrasies op kinders uithaal nie en jy kan hoor daai klas is nie rumoerig soos gewone woelige of onbeskofte skool klasse nie. Werklik ‘n onaanvaarbare gedrag van jou juffrou.
Die onderwysers is gatvol vir die kinders,hul praat en probeer hul bes.Die kinders gaan uit hul pad on hul lewe hel te maak. Daar moet meer sulke onderwysers wees,Dan sal ons skole in n beter toestand wees.Net jammer sy gaan nou geskors word
No way !!! Can’t believe that this is still happening in 2016
nee kyk…ek is nou so onsteld…die wreedaard…sy is nie ‘n onderwyseres se naam werd…daar is straf…maar om ‘n kind so genadeloos te slaan en dan nog op haar rug!!! dit is barbaars..natuurlik haar woede en frustrasie op die kinders uitgehaal. Ek wil dit benadruk as ek se, ek besef dit is nie maklik om in vandag se tyd, kinders te onderrig nie, maar sowaar sy kort die boendoe-hof om oor haar te besluit…ek vra maar net…is die meisie verwagtend?…dan sommer ‘n saak van aanranding dan maak!
Ek is nie snaaks nie, maar ek sal nie kan onderwyser wees in vandag se tyd. Kinders is bederf, ongeskik, slegte taal gebruik, en baie arrogant.