LUR besoek skool waar 83 kinders glo gemolesteer is

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys Foto: ANA

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, gaan Vrydagmiddag ʼn plaaslike laerskool besoek waar 83 leerders glo seksueel misbruik is.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het Vrydag gesê die rede vir die besoek is om die vordering van die berading vir die kinders wat deur die voorval geraak is, te monitor.

Lesufi sal Sondag met die ouers en voogde by die skool vergader.

Maroela Media het vroeër berig die departement het die skoolhoof en bestuurspan van AB Xuma Primary School in Soweto Donderdag met onmiddellike effek afgedank nadat ʼn ondersoek oor seksuele aanrandings vandeesweek van stapel gestuur is.

ʼn Veiligheidswag van die skool is Maandag in hegtenis geneem in verband met die seksuele oortredings. Daar is aanvanklik vermoed 54 kinders is aangerand, maar dit het intussen aan die lig gekom dat altesaam 83 kinders glo slagoffers was.

Die veiligheidwag het Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn en moet op 18 Oktober weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet Pompies ·

Hoe gebeur sulke goed met so baie kinders by een skool sonder dat een die werkers of ouers dit agter kom. Nee regtig, onderwysers en skoolhoofde weet mos wat aangaan by hulle skool.
Die oortreder verdien die swaarste straf omdat hy minderjarige kinders hul onskuld ontneem het, kinders van daardie ouderdom sien grootmense as hul beskermers en hierdie persoon het sy posisie misbruik om sy siek gewoontes uit te voer.

Lientjie ·

As ek by my werkgewer steel en niemand weet daarvan nie hoe gaan hulle teen my kan op tree as hulle van niks weet totdat iemand my verkla nie?????? Die onderwysers en skoolhoof kan ook nie ruik iets is verkeerd as die kinders nie by hulle gaan kla nie. Dis nadat die een kind gaan kla het wat hulle dadelik opgetree het.

Leahim ·

Hierdie is nog een van suid afrika se groot skandes en bewys dat daar n moeilike toekoms indien enige op ons wag onthou die skoolkinders van vandag is veronderstel om more se leiers te wees.

Lientjie ·

Ek besef ‘n mens moet drastiese stappe neem, maar jy dank die skoolhoof en Snr bestuurslede af. Hoe moes hulle weet as die kinders nooit dit onder hulle aandag gebring het nie of het hulle en daar is niks omtrent dit gedoen nie. As ek die berig reg lees het die skool hom onmiddelik laat toesluit.

Martie Visagie ·

Dit noem ek nuwe SA ,gee die skoolhoof en al sy maaitjies reg deur tot die kamstige veiligheidswag lewenslange tronkstraf,hulle verdien niks minder nie?

Lindie ·

Dis verskriklik en het beslis die aandag van die Minister nodig. Tog jammer dat hulle dieselfde aandag aan oorbelle en haarstyle en skinny jeans en sogenaamde rassistiese onderwysers by skole gee wat ENKELE gevalle is. Hulle tree so streng teen hulle op, en dring aan daarop dat onderwysers wat durf waag het ‘n ‘rassistiese’ opmerking maak afgedank word, terwyl hulle seksuele misdrywe tot in ewigheid ondersoek. Maar ja .. dan is daar geen balans meer in SA nie. Daar is twee stelle reels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.