LUR betreur dodelike N1-botsing

Ses mense het Sondagoggend in die ongeluk op die N1-hoofweg naby Hammanskraal gesterf. (Foto: Medi-Egde First Responders/Facebook)

Jacob Mamabolo, die Gautengse LUR vir openbare vervoer en padinfrastruktuur, het Sondag sy medelye betuig met die familielede wat vroeër die dag hul geliefdes in ’n grubotsing op die N1-hoofweg naby Hammanskraal, noord van Pretoria, verloor het.

Ses mense, onder wie drie kinders, het in dié voorval omgekom.

“Ons is hartseer oor hierdie ongeluk en betuig ons innige meegevoel met die families en geliefdes van die slagoffers. Ons sal voortgaan met ons pogings om die bloedbad op ons paaie te verminder, asook om mense aan te moedig om verantwoordelikheid en beheer te neem wanneer hulle bestuur,” het die LUR in ’n verklaring gesê.

Luidens die verklaring doen Mamabolo ook ’n beroep op bestuurders om te alle tye by die spoedbeperkings te hou, geduld uit te oefen, gereeld te rus wanneer hulle oor lang afstande bestuur en seker te maak dat hul voertuie padwaardig is.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk is Sondag om 09:26 aangemeld.

Volgens Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het ’n ligte motorvoertuig agter teen ’n vragmotor vasgery.

Volgens ’n verklaring van Medi-Edge-nooddienste het die twee voertuie egter reg van voor gebots.

Vier van die oorledenes is buite die voertuig op die toneel gevind. Hulle is vermoedelik uit die motor geslinger. Nóg ’n ernstig beseerde persoon moes met lewenskake uit dié motorwrak gered word.

Die vragmotorbestuurder het op die toneel gesterf en ’n passasier in dié voertuig is ernstig beseer. Dié persoon moes ook met lewenskake uit die vragmotor bevry word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

anton ·

Die dag as ALLE motoriste by die spoedgrens begin hou asook die padreels begin gehoorsaam, eers dan sal die slagting baie minder word op ons paaie.
Maar ek dink dit is net n pypdroom in S.A
Dit gaan eerder net erger word want wette in die land word selektief toegepas, die klein bietjie wat wel toegepas word.
Afrika hou nie van wette en reels nie!!!

Bekommerd ·

Spoed en geen respek vir mekaar nie.Ek ry die pad daagliks.

Anoniem ·

Maak die potholes reg dan sal daar minder ongelukkig wees!!!!

Ida Kriel ·

Anoniem daar is geen potholes op die N1 nie. Ek myself ry die pad gereeld en het in al die jare nog nooit n pothole gesien nie. Dis n tolpad en ook n duur ene daarby.

Marts ·

Feite!!
Die kar het NIE die trok agter getref nie.
Weet, was daar!

Linda ·

Want die taxi’s ry op daardie deel van die N1 TEEN AANKOMENDE VERKEER in die VERKEERDE BAAN en die owerhede doen absoluut niks. Geen metro voertuig is ooit in sig nie. Hoeveel video’s van sulke gevalle is al rondgestuur? Wanneer gaan hulle ophou slaap onder die bome en sien dat orde gehandhaaf word op daardie snelweg??

Danie ·

Hoe is daar ‘n kop-aan-kop botsing op daardie gedeelte van die N1? Dit is ‘n dan ‘n dubbelbaan in eenrigting geskei deur ‘n wye middelman en dan weer ‘n dubbelbaan in die ander rigting.

Elize C ·

Dit was my 1ste gedagte ook….? Sal dit waardeer as Maroela ‘n opvolgberig kan doen wat meer verduidelik hoe dit gebeur het. En asb nie by Tswane Nooddiente meer inligting probeer kry nie, as hulle nie eers die voor of agterkant van ‘n vragmotor kan onderskei nie… Hoe dit ookal gebeur het, dit is uiters tragies, mense se lewens weer kortgeknip agv van moontlike moegheid/nalatigheid/roekeloosheid. Ons dra die familie op aan ‘n Hoër Hand se troos.

wilma ·

@Marts. Aangesien jy blykbaar gesien het wat gebeur, gee ‘ n bietjie meer inligting deur asb. Dankie

Marts ·

Die voertuig was op pad Pta riting, trok Polokwane rigting, bestuurder het beheer verloor van voertuig, oor middleman gery en trok van voor getref . Condolences to all involved! Please keep to the speed limit and do not get distracted by anything or anyone!

Leon ·

As ek die berigte reg verstaan was dit ‘n sportnuts voertuig wat die pad byster geraak het en oor die middelmannetjie gery het en die trok van voor getref het.
Daar is duisende berigte vanaf die VSA waar nutsvoertuie die pad byster raak. Dit teen +/- 80 km/u (50 to 55mpu) Dit wil voorkom, volgens die VSA se padagentskappe, dat nutsvoertuie is hiper onstabiel bo 60 km/u. Teen 120 km/u is nutsvoertuie dodelik en sal maklik buite beheer raak.
Ons ou volkie hou van hulle nutsvoeryuie en hulle hou daarvan om 160 km/u daarin the ry want dit voel so lekker. Waneer ‘n sywind hom tref dan is dit ‘n ander saak. Ek het al self een bestuur en dit is “scary”. Maak maar julle eie afleidings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.