LUR bevestig wanbetaling aan kinderhuise weens onbevoegdheid

Sisi Ntombela, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Vrystaat Foto: dumelangnews.co.za

Sisi Ntombela, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Vrystaat Foto: dumelangnews.co.za

Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Vrystaat het Dinsdag aan die VF Plus bevestig die wanbetaling van subsidies aan nie-regeringsorganisasies, soos kinderhuise, is as gevolg van onbevoegdheid.

Wouter Wessels, woordvoerder van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê sy party het ‘n ledeverklaring in die Vrystaatse Wetgewer gelewer oor die wanbetaling van subsidies aan nie-regeringsorganisasies, soos kinderhuise, dagsorgsentrums en tehuise vir bejaardes en gestremdes in die Vrystaat.

“Die LUR, me. Sisi Ntombela, het in antwoord op die ledeverklaring die laat betalings betreur en erken dat dit weens onbevoegdheid is,” het Wessels gesê. “Sy het die versekering gegee dat sy dit sal aanspreek en die VF Plus bedank dat dit onder haar aandag gebring is.”

Volgens Wessels het meeste van hierdie organisasies steeds nie hul subsidies vir die nuwe finansiële jaar ontvang nie. “Hierdie organisasies is afhanklik van hierdie fondse om hul belangrike pligte uit te voer.”

Hy het bygevoeg die subsidies is verlede jaar ook baie laat betaal. “Die rede hiervoor wat later aangehoor is, was dat die hoof van die departement nie die memoranda van verstandhouding onderteken het nie. Dit blyk dat die rede vir wanbetaling dus onbevoegdheid is.”

Kinderhuise sorg vir hawelose kinders wat deur die hof in die sorg van die staat geplaas is. “Dit is dus onaanvaarbaar dat hierdie kinderhuise op die drempel van sluiting is weens die onbevoegdheid van die departement van maatskaplike ontwikkeling,” het Wessels afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

E ·

Dit is ń absolute skande dat weerlose kinders en bejaardes moet suffer agv sogenaamde “onbevoegtheid” Nodeloos om te dink ons belasting word vinniger vir opgraderings as welsyn gebruik!

Siestog ·

Dit is nou die gevolg van regstellende aksie. Julle is nie gepla wie en wat honger en koud gaan slaap nie. Solank julle net julle self kan verryk. Julle is ‘n skande man.

Pietbandiet ·

Met n onbevoegde President kan mens seker verstaan dat feitlik almal onder hom ook onbevoeg sal wees.

Theresa B ·

Onbevoegdheid is hulle tweede naam. Almal van hulle. Dit veroorsaak die ondergang en vernietiging van ons land en ons mense.

Zumie ·

Ek is seker dat ons presedent so ‘n paar weeskinders kan akkomodeer in sy woonkwartiere by Nkandla..

Maria van Dieweeck ·

Sisi, ek kan sien dit gaan BAIE goed met jou. Dit is seker nie deel van jou werk om seker te maak dit gaan ook goed met arme weerlose kinders en ou mense nie. Te besig om jou volgende nar pakkie te laat ontwerp en ander sulke belangrike belaglikhede!

Nadia Verster ·

Ha ha ha ha uitstekende kommentaar! “Nar pakkie” so in die kol!! :-D

Eliza-beth ·

Arme kinders – wat ‘n skande! Hul is alreeds in ‘n plek wat hul nie gekies het om te wees en waar hul als moet deel, bietjie liefde van huisouers, klere ALLES en dan word daar so gesukkel om geld te kry wat hul toekom volgens wet! Ek is betrokke by Abraham Kriel in Nysltroom en verlede jaar moes hul ampers toemaak want vir amper SES maande het hul geen maatskaplike toelaes van die Limpopo spul gekry nie. Dit was chaos. Sal diesulkes daardie kinders in die oë kan kyk en kan sê hul het hul plig teenoor hul nagekom? Ek dink nie so nie. Mense, ek vra ook maar weer raak betrokke by jou naaste kinderhuis. As jy inkopies doen, gooi ‘n paar ekstra koekies seep, waspoeier, deodorant…ag enigiets in jou trollie en stuur dit. As jy nie naby een bly nie, kies een en ondersteun hul of deur maandelikse aftrekorders of op maniere soos ek genoem het. Naderhand is dit ‘n gewoonte en kom jy dit nie eers meer agter en vir hulle beteken dit ongelooflik baie!

E ·

Onbevoegteid se voet! Hulle is heel bevoeg om hulself te help en kies wanneer om bevoeg/onbevoeg te wees soos dit hul pas, of het die regering ń fout begaan met die onderhoude of dalk het ń onbevoegde ń onbevoegde aangestel.

Marous ·

Dit sal nooit verander nie …. kundig genoeg om dit weg te steek maar as jy uitgevang word is dit onkunde . Madame , is dit nie u plig om toe te sien dat die werk met die nodige kundigheid uitgevoer word nie , of is u ook onkundig ?

Stefaans ·

Kom ek wed jou – al die “konings” en hulle aanhangsels het hulle toelae ontvang. Geen onbevoegdheid in hierdie geval

M'Lady ·

Al die geld is uitbetaal aan prestasie bonusse en moewiese verhogings.

Janneman ·

Dit, mense, is die resultaat van n “transformed and decolonised society”, punt. Net soos gedoen met elke staats en semi-staatinstelling, UKZN, ensomeer.
Kinders en oumense is nie belangrik nie. Hulle word gedryf deur absolute haat, uitgediende ideologie en n wedywer vir snoete in die trog. Hulle leer ook niks uit die geskiedenis uit nie – mugabe is immers hul rolmodel.
Laat ons sterk staan en ons kinders koester, verryk en ons sal weer die die vrugte pluk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.